
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:19 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE - kyk bl 1096.

VERWOESTENDE VLOEDE IN MOSAMBIEK,
MPUMALANGA, NOORDELIKE PROVINSIE EN WES-KAAP

(Verklaring)

Die SPEAKER: Orde! Die agb Premier het vir my gevra om 'n verklaring te maak. Ek staan vir hom die geleentheid toe. Gewoonlik duur 'n verklaring nie langer as drie minute nie.

Die PREMIER: Dankie, mnr die Speaker. Ek sal hopelik nie langer as vier minute aan die woord wees nie.

*Mnr die Speaker, ek wil graag my opregte simpatie betuig met die mense van Mosambiek wat so baie gely het in die vloede. Die verlies van lewe en eiendom, die menslike lyding en die baie dramas wat ontvou het, het ons almal baie diep geraak, en so ook die uitstekende prestasie van ons Lugmag. Ons van die Wes-Kaap weet uit die brande wat ons ervaar het presies hoe goed daardie vlieniers in werklikheid is. Namens die Regering van die Wes-Kaap en al sy burgers gee ek die mense van Mosambiek die versekering dat ons gedagtes en gebede met hulle is in hul tyd van nood.

Ons eie mense, veral di in Mpumalanga en die Noordelike Provinsie, het ook grootliks gely. Ons sal hulle op alle moontlike maniere bystaan. Ek het verlede week 'n afvaardiging van topamptenare na daardie provinsies gestuur om te bepaal waar ons van hulp kan wees. Ek het dieselfde afvaardiging opdrag gegee om ook die skade in die vloedgeteisterde gebiede in die Wes-Kaap te bepaal.

Medisyne, gesondheidspersoneel, tydelike skuilings en administratiewe bystand is die prioriteitsgebiede waar ons kan help. Mediese voorraad wat veral daarop gemik is om die uitbreking van cholera en malaria te voorkom, sal op 'n kosteverhalingsgrondslag voorsien word, indien nodig.

Nagenoeg 50 tente wat van Japan ontvang is om as tydelike skuilings te dien vir die slagoffers van die onlangse tornado-ramp in Manenberg, sal deur middel van die Rooi Kruis gestuur word na die gebiede in Mpumalanga en die Noordelike Provinsie wat die ergste geraak is.

Mnr die Speaker, ons kan veral help met die prosessering van eise, aangesien ons pas 'n soortgelyke oefening deurloop het, na die Manenberg-tornadoramp en ons Weskus-kreefkrisis. 'n Wes-Kaapse administratiewe taakspan sal die nodige opleiding van amptenare onderneem vir die taak om die verwagte groot getalle eise in die geteisterde gebiede te hanteer. Ek glo ons Provinsie kan, deur na ons bure in hul uur van nood uit te reik, 'n verskil maak, veral op die gebied van interowerheidsverhoudinge.

Mnr die Speaker, te midde van al die verwoesting en chaos, is daar ook 'n ligstraaltjie, sonskyn deur die wolke. Ek wil graag die Springbok Krieketspan gelukwens met hul historiese oorwinning in Indi, die eerste keer in 13 jaar deur 'n oorsese span. Ons is trots op Hansie en die manne! [Toejuiging.]

VLOEDSKADE IN KLEIN-KAROO/SUID-KAAP

(Voorstel)

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis -

(1) kennis neem van die omvangryke vloedskade in die Calitzdorp-Gamkavallei in die Klein-Karoo;

(2) die betrokke departemente, in die besonder Vervoer en Landbou, versoek om spoedeisend die omvang van die skade in die Klein-Karoo/Suid-Kaap te bepaal;

(3) van mening is dat die herstel van die toegangsroetes tussen Ladismith en Calitzdorp as die hoogste prioriteit hanteer moet word aangesien dit die enigste toegangsroete tussen Kaapstad via Oudtshoorn deur die Klein-Karoo na Port Elizabeth is; en

(4) versoek dat alles moontlik gedoen sal word om die situasie te stabiliseer.

Goedgekeur.

VOORSTELLE

(Beslissing)

*Die SPEAKER: Orde! Wat die voorstel betref waarvan die agb lid mnr Durr pas kennis gegee het, was daar 'n groot mate van motivering wat punt (3) betref, en ek wil agb lede daaraan herinner om daarteen te waak om hul voorstelle te motiveer.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP, 2000

(Debat oor Tweede Lesing)

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, baie dankie vir die eer om vandag vir die eerste keer as die voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe, en vir die eerste keer in hierdie millennium, terugvoering te gee oor die Wes-Kaapse Begrotingswetsontwerp [W 5-2000], soos ingedien deur die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning en deur die Speaker na die genoemde komitee verwys.
Meneer, SKOF het die Wetsontwerp, wat ingevolge artikel 226(2) van die nasionale Grondwet en artikel 58(2) van die provinsiale Grondwet bedrae bewillig vir die finansile behoeftes van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering in die boekjaar wat op 1 April 2000 'n aanvang neem, en op 31 Maart 2001 eindig, volledig hanteer.

Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning, asook dr J C Stegmann, mnr C Ismay en al die ander betrokke amptenare verdien om geluk gewens te word met die vele inisiatiewe wat hulle geneem het, in die besonder die beskikbaarheid van verteerbaarder en akkurater inligting in vergelyking met di wat ons in die verlede ontvang het.

*Meneer, ek wil ook graag hierdie geleentheid gebruik om my opregte dank uit te spreek teenoor die agb Premier, lede van die Kabinet, die voorsitters van die staande komitees, die lede van SKOF en die ander komitees, sowel as u, die departementshoofde en hul personeel, en my komiteeklerk vir hul samewerking om dit so 'n sukses te maak.

Die lede van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe het vyf dae gesit, twee dae minder as oorspronklik beplan. Die herprogrammering het sessies van vroeg in die oggend tot laat in die aand genoodsaak. Die tyd wat in hierdie Begroting toegewys is, getuig, eerstens, van die erns en deeglikheid waarmee die Begroting ontleed is en, tweedens, van die graad van aanpassing wat deur die nuwe, hoewel makliker, formaat vereis word.

Die beraadslagings moes 1 815 minute duur, vergeleke met die gemiddelde van 1 660 minute vir die vorige jare, toe twee verdere dae toegeken is. Om voorsiening te maak vir diepgaande beraadslagings sal 2 190 minute, etenstye uitgesluit, volgende jaar nodig wees. Daar moet ook vir buffersones voorsiening gemaak word, in gevalle van oorvleueling, om te voorkom dat kosbare manure verlore gaan deurdat amptenare moet wag om getuienis te lewer.

Die lang ure betrokke by die werksaamhede van SKOF het weer eens sekere groot tekortkomings beklemtoon. Daar was, eerstens, 'n gebrek aan 'n behoorlike parlementre ondersteuningsdiens en, tweedens, 'n behoorlike wagkamer buite die komiteekamer van die Wes-Kaapse Parlement. Derdens was daar swak spysenieringsfasiliteite, en na 16:00 was daar hoegenaamd niks nie. Laastens, dit was slegs na verskeie versoeke dat 'n diens deur diensbeamptes binne die Huis beskikbaar geraak het - slegs vir een dag!

Mnr die Speaker, ek stem met die agb Minister saam dat, wat begrotingshervorming betref en die vereistes van die Wet op Openbare Finansile Bestuur van 1999, wat eers op 1 April 2000 in werking tree, hierdie Begroting voldoen aan die vereistes om meetbare doelwitte vir elke hoofindeling binne 'n begrotingspos voor te l. Trouens, die bepalings wat daarop gemik is om 'n nouer samehang van beleidsontwikkeling, mediumtermynbeplanning en begroting te stimuleer en te bevorder, is nagevolg.

Die Begrotingsdokument, wat die belangrikste dokument is wat elke jaar aan hierdie Huis voorgel word, is 'n feitelike weerspieling van die huidige finansile stand. Een van die primre oogmerke is om 'n makro-ekonomiese raamwerk te skep en om doeltreffende makro-ekonomiese bestuur te waarborg ten einde die langtermynprestasie van die ekonomie te verbeter.

*Die aanbevelings in die Verslag, onder die hoof, "Inleiding", lees soos volg:

Die Komitee wil sy waardering uitspreek vir die voorleggings deur die provinsiale departemente en wil hulle gelukwens met die gehalte van die inligting wat hulle verskaf het op die vrae wat deur lede gestel is, en bedank die provinsiale Ministers wat saam met hulle departemente verskyn het.

Hierdie Verslag is op alle agb lede se lessenaars beskikbaar. Ek wil graag slegs na 'n paar aanbevelings in die Verslag verwys. Ek haal die tweede paragraaf onder die hoof, "Begrotingspos 1: Premier, Direkteur-generaal en Korporatiewe Dienste, aan:

* Die Komitee wil sy ernstige kommer uitspreek dat die Minister in die Kantoor van die Premier geen besigheidsplanne oor geslags-, jeug- en gestremde programme voorgel het nie en beveel aan dat geen fondse in subprogram 2 bestee word, behalwe fondse wat reeds aan personeeluitgawes toegeken is, totdat besigheidsplanne ingedien word nie.

Die aanbevelings onder die hoof, "Begrotingspos 2: Provinsiale Parlement", lees, en ek haal aan:

* Dat die R770 000 wat vir politieke partye met betrekking tot klerklike bystand begroot is, vir heroorweging na die Relskomitee verwys word.

* Dat ... die toekomstige verskyning van die Speaker en die Administrasie van die Provinsiale Parlement voor die Staande Komitee na die Relskomitee verwys word.
 
Ek haal die tweede paragraaf onder die hoof, "Begrotingspos 3: Finansies", aan:

* Die Komitee steun die departement met die instelling van 'n voorkeur- verkrygingsbeleid.

Ek kom nou by "Begrotingspos 4: Gemeenskapsveiligheid", en ek haal aan:

* Die Komitee ondersteun die skema vir Gemeenskapspatroleringsbeamptes (GPB), maar beveel aan dat die Minister die regsgeldigheid van die uitgawes asook alternatiewe maniere van vergoeding ondersoek.

* Dat die Minister misdaadstatistiek in ag neem met die herontplooiing van Gemeenskapspatroleringsbeamptes.

Ek haal die eerste paragraaf onder die hoof, "Begrotingspos 5: Onderwys", aan:

* Die Komitee wil die departement gelukwens met en sy waardering uitspreek vir die gehalte van die inligting verskaf op vrae wat deur Lede gestel is.

Ek haal die eerste paragraaf onder die hoof, "Begrotingspos 6: Gesondheid", aan:

* Die Komitee ondersteun die departement in sy pogings om die akademiese gesondheidsinrigtings te rasionaliseer en wil graag die bestuur van Tygerberg Hospitaal gelukwens dat hulle binne hul bestuursplan gebly het.

Die aanbevelings onder die hoof, "Begrotingspos 7: Maatskaplike Dienste", lees:

* Die Komitee wil sy kommer uitspreek dat daar geen besigheidsplan vir Armoedebestryding is nie en beveel aan dat geen fondse oorgerol moet word na Armoedebestryding totdat 'n goedgekeurde besigheidsplan ingedien is nie. In die afwesigheid van 'n goedgekeurde besigheidsplan moet die fondse oorgerol word na die bestaande armoedebestrydingsprogramme binne die departement.

* Dat LANOK na die Departement van Ekonomiese Sake oorgeplaas word.

Ek haal die twee paragrawe onder die hoof, "Begrotingspos 8: Beplanning, Plaaslike Regering en Behuising", aan:

* Die Komitee neem kennis van die feit dat 'n oudit van provinsiale grond deur die departement afgehandel is en wil graag die departement aanmoedig om grond vir spoedige vrystelling te identifiseer.

* Die Komitee ondersteun die inisiatief van die departement om te streef na 'n gekordineerde benadering tot brandbestryding deur alle munisipaliteite.

Die paragraaf onder die hoof, "Begrotingspos 9: Omgewing- en Kultuursake en Sport", lees, en ek haal aan:

* Die Komitee neem met kommer kennis van die gebrek aan fondse vir skolesport.

Die komitee bepaal onder die hoof, "Begrotingspos 10: Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme":

* Die Komitee is bemoedig deur die feit dat die bateregister byna voltooi is en dat die departement besig is om 'n konsep-eiendomsbeleidsdokument op te stel en vertrou dat dit binnekort gefinaliseer sal word.

* Die Komitee wil sy teleurstelling uitspreek dat, alhoewel daar vir 'n verbruikersraad begroot is, dit nog nie in plek is nie en versoek die departement om dringend aandag aan die saak te skenk.

* Die Komitee neem met kommer kennis van die gebrek aan effektiewe beheer oor oorbelading.

Dan is daar 'n paar algemene opmerkings. Ek haal die aanbeveling onder die hoof, "Regstellende Aksie en Wet op Diensbillikheid", aan:

* Die Komitee beveel aan dat alle departemente die toepassing van regstellende aksie en die bepalings van die Wet op Diensbillikheid op 'n gereelde basis monitor.

Meneer, ek sal nie die paragrawe onder die hoofde, "Begrotingsdokumentasie" en "Erkennings", in die rekord inlees nie.

Ek wil agb lede se aandag daarop vestig dat hierdie Verslag nie behoorlik ter Tafel gel is nie, omdat ons slegs vyf dae gehad het om die Verslag te voltooi. Die Afrikaanse weergawe sal teen 7 Maart 2000 beskikbaar wees. Ek weet nie wat die relings tot dusver is in terme van die isiXhosa-weergawe van die Verslag nie, maar sal te gelegener tyd aan die Huis daaroor terugvoering gee.

*Mnr die Speaker, die SKOF-verslag is 'n nuttige riglyn. Ek sou egter my plig versuim as ek nie meld dat die lede, oor politieke grense heen, hierdie keer meer as ooit gehelp het om die verslag op te stel nie, en nie gedink het aan die volgende verkiesing nie, maar aan die volgende geslag, nie gekyk het na die sukses van hul individuele partye nie, maar na die sukses van die Provinsie, en nie gedryf het nie, maar die toekomstige begroting na kalmer waters gestuur het.

Meneer, ek wil namens die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe ons dank en opregte waardering uitspreek, vir al die voorleggings en antwoorde, behalwe een, wat op 'n waardige manier aangebied is. [Toejuiging.]

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, dit is baie duidelik uit die verslag van die voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe dat die komitee oor partygrense heen kon saamstaan en 'n aantal departemente kon kry wat vir hulle goeie werk in die begrotingsproses geprys moet word.

Soos wat die verslag aandui, is dit veral die Onderwysdepartement wat 'n manier gekry het om inligting en sy begroting aan die komitee voor te l op 'n wyse wat vir ons verstaanbaar is. Die komitee het egter ook saam 'n aantal baie ernstige probleme in ander departemente geopper.

Daar is oor die afgelope week, onder leiding van die agb lid mnr Ismail, 'n gees in die komitee opgebou wat ons saamgebring het, en ons het gekyk na wat in die beste belang van die belastingbetalers in die provinsie is, met betrekking tot die begrotingsproses. Op daardie grondslag ondersteun die ANC die verslag heelhartig.

Mnr die Speaker, ons wil graag die amptenare prys, veral die amptenare van die Departement van Finansies. In hierdie departement wil ek graag dr Stegmann en mnr Ismay uitsonder, wat lang ure saam met ons in 'n baie moeilike proses was en vir sommige van ons verduidelik het - soos ek, wat in die verlede nooit 'n regeringsbegroting gesien het nie - hoe hierdie dinge werk, en ook die sleutelsake waarna ons moes kyk. Ek wil hulle weer eens graag bedank.

Mnr die Speaker, die Begroting is die produk van die Mediumtermyn-Bestedingsraamwerk vir die Provinsie en nasionale Regering. Daardie raamwerk het die Provinsie - ook die individuele departemente - gedwing om die kwessie van langtermynbegroting ernstig op te neem en om nie net vir een jaar of een reeks projekte te begroot nie, waarvan sommige polities deur die Regering en die Ministers in die departemente bepaal mag word. Deur dit te doen, het ons almal die resultate gesien.

Mnr die Speaker, daarby laat die nuwe GFS-formaat van die Begroting - en ek praat veral namens diegene wat nie baie ervaring in hierdie proses het nie - ons toe om te verstaan wat van elke departement in die Provinsie verwag kan word. Dit laat ons verstaan wat ons aan die einde van die jaar as die sleuteluitsette van die Regering kan verwag.

Mnr die Speaker, baie departemente, meer bepaald die Onderwysdepartement, het daardie formaat ten beste en ten volle gebruik, en hulle het vir ons aangetoon hoe hulle voornemens is om daardie geld te bestee. Ander departemente en Ministers - en hier wil ek graag die agb Minister in die Kantoor van die Premier uitsonder - het nrens met daardie proses gekom nie. Dit is waarom die komitee gedwing is om verslag te doen soos wat hy gedoen het.

Mnr die Speaker, ek wil graag die kwessie van doeltreffendheid en die aard van die goeie hulpbronne van die Provinsie noem. As 'n mens die aktiwiteite van die departemente deurgaan, en as jy na die Begroting kyk, is dit heel duidelik dat die Provinsie aansienlike hulpbronne in die Provinsiale Administrasie, sowel as in die Provinsie in die algemeen, het. Ons het nie net menslike hulpbronne nie; ons het finansile hulpbronne en instellings wat ander provinsies nie het nie. Ons het 'n voortdurende refrein van die ander kant van die Huis gehoor dat daar 'n toestroming van mense na die provinsie is; ons het gehoor dat mense weghardloop van ondoeltreffendhede in ander provinsies en dat mense van die res van die land na hierdie provinsie kom om daardie hulpbronne weg te neem. Ons moet dit reguit s en duidelik op die tafel plaas dat dit die gevolg is van 350 jaar van kolonialisme; dit is die gevolg van 'n provinsiale administrasie wat van 1910 tot 1994 in die Huis bestaan het en deur die NP aan daardie kant van die Huis gelei is. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, een Provinsiale Administrasie het nie net verantwoordelikheid vir die Wes-Kaap aanvaar soos wat dit vandag is nie; dit het ook verantwoordelikheid vir die Oos-Kaap en die Noord-Kaap in een Kaapprovinsie aanvaar. Gedurende die bykans 80 jaar wat die NP in hierdie provinsie aan die bewind was, het hulle op 'n baie vasberade manier wyses gevind om hulpbronne van die uithoeke van die ou Kaapprovinsie na die Wes-Kaap te beweeg - meer bepaald na die Kaapstad-gebied.

As 'n mens die situasie vergelyk tussen Kaapstad en Lusikisiki in 1994 - wat destyds deel van die Kaapprovinsie was - of die situasie tussen Kaapstad en/of Danilskuil en Springbok, wat nou beide in die Noord-Kaap is, sal jy sien hoe die hulpbronne uit daardie gebiede na hierdie provinsie toe gesuig is. Dat die ander kant van die Huis nou kla dat die mense uit die Oos-Kaap na Kaapstad kom omdat hulle beter gesondheidsorg en beter onderwys wil h, is die toppunt van sinisme.

Mnr die Speaker, hulle het daardie situasie geskep, en daardie situasie is vererger deur die NP-bantoestanbeleid wat die Transkei- en die Ciskei-gebied verder gemarginaliseer het. Dit is nie iets wat die afgelope paar jaar geskep is nie. Dit is iets wat aktief bevorder en deur die ander kant van die Huis geskep is. Vandag sien ons die uitwerking daarvan.

Mnr die Speaker, ek is baie bly dat die agb Premier vandag die kwessie van hulp geopper het, wat ons aan Mpumalanga sal gee. Die tyd het aangebreek dat ons as Provinsie ons rol ten opsigte van nasiebou ernstig opneem, en ook hoe ons daardie aspek van apartheid gaan regstel en ander provinsies in daardie verband help.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Het u na die agb Premier se voorstel geluister?

*Mnr M OZINSKY: Ja, ek het dit pas geprys. Dalk moet die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning na my luister.

Ek is baie bly dat die DP oor die naweek finaal besef het dat daar 'n probleem met apartheid is, wat reggestel moet word. Ons hoop die DP sal hulle besluit behoorlik deurvoer en nie kla oor die instroming van mense na die Wes-Kaap nie. Hulle moet probeer vasstel hoe ons dit op 'n doeltreffende manier ten bate van die mense in die provinsie en die hele land kan bestuur.

Mnr die Speaker, ek wil graag meer regstreeks by die Begroting kom, ...

*Die PREMIER: Dankie.

*Mnr M OZINSKY: ... en meer bepaald die Begrotingspos van die agb Premier. Ek wil in die eerste plek die kwessie van die probleme opper wat rondom kieserregistrasieprogramme van die Provinsiale Regering bestaan. [Tussenwerpsels.] Wat die afgelope week gebeur het, is 'n erkenning van die Regering dat dit nie daartoe gemagtig is om 'n kieserregistrasieprogram te bestuur nie. Ons sou daardie erkenning verwag het om daardie deel uit die Begroting weg te haal. As die Regering besef het dat hy nie toegelaat word om kieserregistrasie te bestuur nie, sou hy nie kwessies van kieserregistrasie in die Begroting geplaas het nie.

Mnr die Speaker, nou s hulle vir ons dit is nie kieserregistrasie nie; dit is 'n ID-veldtog. Ek wil hulle graag verwys na die Openingsrede van die agb Premier, waar hy verwys het na wat hy die belangrikste program van hierdie Regering vanjaar noem, naamlik kieserregistrasie. Die ander kant van die Huis en die Regering moet vir ons s wat dit is.

*Die PREMIER: Dit is my taak om die mense van hierdie provinsie te bemagtig; omdat julle mense dit nie wil doen nie, moet ek dit doen. Ek is dit aan die mense van hierdie provinsie verskuldig.

*Mnr M OZINSKY: Is hulle oop en eerlik wanneer hulle s dit is vir kieserregistrasie, of vind daar iets anders agter die skerms plaas?

*Die PREMIER: En dit is nie eens in hierdie verslag nie.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, die tweede kwessie in die agb Premier se Begrotingspos wat ek wil opper, is die houding van die agb Minister in die Kantoor van die Premier teenoor die staande komitee. Die agb Minister het by twee geleenthede voor die komitee verskyn. By albei geleenthede het sy met baie min ondersteuning na die komitee gekom. Nie net kon sy ons nie van die nodige dokumente voorsien wat ons gevra het nie - soos 'n program van aksie vir haar Kantoor - maar sy het ook met 'n baie ernstige houdingsprobleem gekom. By albei geleenthede het die agb Minister haar humeur met die komitee verloor, haar disrespek getoon en haar humeur hewig in daardie verband verloor. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, dit is meer as dit. Die agb Minister het geen begrip van die prosedures van die komitee of respek vir die Rels nie. Ek wil die agb Minister graag na artikel 26 van die provinsiale Grondwet verwys, wat oor die kwessie van voorregte van lede van die Huis handel. Die agb Minister het na die komitee gekom - en sy het gesit waar die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning vandag sit - en haar humeur met die komitee verloor. Toe sy met haar toespraak klaar was, het sy aan die komitee probeer aandui dat ons haar geen verdere vrae moes vra nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ons het toe vir die agb Minister aangedui dat ons haar beslis verdere vrae wou vra, omdat ons haar kop politiek in hierdie Huis wou h! Haar kop moes rol, want sy is 'n verleentheid vir die Provinsie en 'n verleentheid vir die Regering.

'n AGB LID: [Onhoorbaar.] ... haar hoed?

Mnr M OZINSKY: Daardie hoed kan saam met die kop kom! [Gelag.]

Mnr die Speaker, ek het 'n teken aan die agb Minister gemaak om aan te dui dat ons wou h dat haar kop moes rol; 'n teken wat nie net die agb Premier by 'n aantal geleenthede voorheen in die Huis gemaak het nie, maar ook die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning ...

Mnr R J KING: [Onhoorbaar.] ..."sign" uitvoer. As hy so wys, dan weet jy dit is sulke tyd. [Gelag.] Joune beteken niks.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, die agb Minister in die Kantoor van die Premier het die vergadering verlaat. Sy het nie net die Rels nie gerespekteer nie, of na die Speaker gegaan om die saak te opper nie, maar sy is polisie toe ... [Tussenwerpsels.] ... en het die polisie by 'n saak van hierdie Huis probeer betrek. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, selfs die lede van haar party in die staande komitee het hulle verleentheid oor hierdie saak getoon. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek volg graag op die agb lid mnr Ozinsky, omdat dit vir my interessant is dat die agb Leier van die Opposisie nie meer die aanslag van sy party lei nie, maar dat hy een van sy SAKP-agterbankers kry om dit vir hom te doen.

Meneer, kan ek ook net aan die agb lid mnr Ozinsky s dat hy moet lig loop. My kollega na wie hy verwys het, beoefen die praktyk van zero-toleransie. Hy moet maar oppas vir sulke tekens, want hy sal sonder toleransie aangevat word.

Mnr die Speaker, hierdie Begroting is daarop afgestem om twee dinge te doen. Dit poog eerstens om na vyf jaar van hewige besnoeiings die lewering van sosiale dienste in hierdie provinsie te stabiliseer. Tweedens maak ons die eerste skuiwe in die rigting van groter besteding op sleutelprojekte en dienste ter ondersteuning van sterker ekonomiese groei en werkskepping vir ons mense.

Ek is bly om te hoor dat die opposisie nie die verslag van die komitee misken nie, maar daarmee saamstem. Hulle het niks in die verslag gemeld oor kieserregistrasie nie, so ek neem aan hulle stem daarmee ook saam. Hulle het met die kern van die storie nie veel fout te vind nie.

*Die agb Leier van die Opposisie moes egter iets in sy reaksie s. Hy het dit toe goedgedink om te kla dat slegs R10 miljoen vir armoedeverligting opsy gesit is. Hy het jammerlik duidelik baie min begrip van die betekenis van die woord. Die meeste van hierdie Begroting, nie net R10 miljoen nie, sal aan armoedeverligting bestee word. Verlig ons nie armoede wanneer ons geld bestee om onderwys te verskaf aan die kinders van verarmde gesinne in Heideveld en Manenberg, of Thembalethu en Lawaaikamp nie?

*Mnr M OZINSKY: Wat is die beleid van Onderwys?

*Die MINISTER: Verlig ons nie ...

Mnr M OZINSKY: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Baie beter as enige plek elders in Suid-Afrika.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Verlig ons nie armoede wanneer ons primre gesondheidsorg aan ons baie arm landelike gemeenskappe voorsien wat van Joe Slovo Park in Vredendal-Noord tot New Horizons versprei is nie? Voorsien ons nie aan hele gemeenskappe deur middel van doeltreffende en tydige betaling van welsynstoekennings nie?

Maar u sien, meneer, die agb Leier van die Opposisie en sy party het 'n effense probleem wanneer dit by armoedeverligting kom. Agb lede sou nie die woord uit die mond van die agb lid mnr Ozinsky vandag gehoor het nie, want hulle predik dit, maar pas dit in werklikheid nie in die praktyk toe nie. En dit is niemand anders nie as die Ouditeur-generaal, mnr Shauket Fakie, wat onthul het dat nie die Oos-Kaap nie - nie so 'n bantoestan soos die Oos-Kaap nie - maar inderdaad die nasionale Departement van Welsyn in Pretoria in gebreke gebly het om nie 10% nie, nie 50% nie, nie 80% nie, maar 99% van hulle R204 miljoen begroting in die 1998-99-boekjaar vir armoedeverligting te bestee.

Mnr die Speaker, wat ons hier het, is die korrupsie van luiheid. Dit is die gevolg van lui amptenare, wat deur die ANC aangestel is, wat meer besorgd is oor hul eie gerief as oor die welsyn van die armes.

Kom ek gee nog 'n voorbeeld. Dit is 'n duidelike voorbeeld en persoonlike ervaring. Verlede week het ek onder andere Elim in die Overberg besoek om te kyk na werkloosheid en projekte om dit aan te spreek. Daar het ek 'n man ontmoet, afkomstig uit 'n agtergeblewe gemeenskap - nie 'n witman nie - wat tot verlede jaar werk verskaf het aan 40 mense deur die bedryf van 'n konsessie om seewier aan daardie deel van die kus te ontgin. Die konsessie - luister nou mooi - het aan die einde van September 1998 verval. Op die laatste moes daardie konsessie in Oktober 1998, 18 maande gelede, deur die nasionale Departement van Omgewingsake hertoegeken gewees het.

Tot vandag toe het geen toekenning plaasgevind nie. Meneer, 40 mense is werkloos as gevolg van hierdie wanadministrasie. Baie van hulle ly broodsgebrek; nie omdat die nasionale Regering nie vir hulle geld het nie - hulle het R204 miljoen en nog baie ander geld. Hulle vra nie geld nie. Daardie mense ly broodsgebrek omdat amptenare, wat elke maand vet salarisse trek, nog nie sover gekom het om 'n besluit te neem nie. Dit is 'n storie wat 'n honderd maal langs die Wes-Kaapse kus herhaal word.

*Mnr die Speaker, hierdie patroon is niks nuuts in Afrika of, inderdaad, enige plek elders nie dat die magtige elite toegelaat word om vooruit te gaan sonder opposisie om hul ergste instinkte te keer. [Tussenwerpsels.] Toe sy gister by die DP se Federale Kongres van haar eie ervaring gepraat het, het Margaret Donga - een van slegs drie opposisie-LPs in daardie groot demokrasie in Zimbabwe - ons aan 'n baie eenvoudige waarheid herinner: "As jy die mense solank soos wat jy wil wil regeer, hou hulle arm en oningelig." [Tussenwerpsels.]

Dit kom toenemend voor dat die ANC-elite mag op dieselfde manier gebruik - kyk eers na jouself en jou vriende; te hel met die armes, hulle kan na hulself omsien! [Tussenwerpsels.]

Laat ons die Sunday Times van gister lees, en agb lede sal sien wat transformasie in die nasionale Departement van Korrektiewe Dienste beteken het - poste vir familie, vriende en "cronies", ongeag kwalifikasies of bevoegdheid. Dankie tog, die Direkteur-generaal is minstens in die pad gesteek.

Kom ons kyk nou na 'n ander sleutelnywerheid in hierdie provinsie - die visbedryf. Die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, 1998, was veronderstel om, en ek haal aan:

	... voorsiening te maak vir die uitoefening van beheer oor lewende mariene hulpbronne op 'n billike en regverdige wyse tot die voordeel van al die burgers van Suid-Afrika; ...

Die ANC-regering het die mag wat deur die Wet gegee word, misbruik om visregte aan vriende te gee.

Wie is in die visbedryf bemagtig? Eerstens, die voormalige Direkteur-generaal in die Kantoor van die President, Jakes Gerwel, is in 1998 'n belangrike aandeelhouer in een van die groot spelers, Premier Fishing, gemaak, asook 'n aantal ANC- en voormalige UDF-aktiviste, soos Johnny Issel, 'n voormalige lid van hierdie Huis en nou 'n lid van die Sekunjalo bemagtigingskonsortium. Hy het onder meer visseryverenigings in Struisbaai gaan vorm. Hulle het niks gekry nie - hy besit die mag.

Tweedens, 'n gesamentlike onderneming is geloods tussen 'n Spaanse maatskappy, Freiremar, en Velamar Fishing Corporation, wie se prominente Johannesburgse aandeelhouers insluit - luister hierna - Prinses Zenani Mandela-Dlamini; voormalige ANC-LP Gertrude Shope; voormalige WVK-kommissaris Hlengiwe Mkhize; Nasionale Sport-raadslid Mvuso Mbebe; Nasionale Vervoerkommissaris Dupree Vilakazi; en Gauteng-magnaat Patrick Banda. [Tussenwerpsels.]

In plaas daarvan dat arm en werklose vissermanne gehelp word om hul eie sakeondernemings te begin en met die groot spelers mee te ding - soos wat die Wet beoog - gaan die ANC-lede en -vriende ooreenkomste met die groot maatskappye aan om die status quo te handhaaf en deel hulle die winste. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme mag voortgaan met sy toespraak.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, dit is so - en ons het dit oor die afgelope paar weke in hierdie Huis gesien - dat enigeen wat hierdie skynheiligheid ontbloot of teenstaan as 'n rassis en beskermer van blanke bevoorregting afgemaak word, en ons sal dit weer vandag hier hoor. Die agb Leier van die Opposisie en elke agb lid aan daardie kant van die Huis wat vanjaar opgestaan het om te praat, het dieselfde siniese taktiek gevolg. Die enigste wapen in hulle arsenaal is die gifpyl van rassistiese beswaddering en rasse-sondebokmakery. Dit is vir my duidelik dat die ANC opsetlik rasseverdeling in die Wes-Kaap opsweep, in 'n poging om beheer van die provinsie te wen. Dankie dat dit minstens toegegee word.

Meneer, ek moet s dat ek meer van die agb Leier van die Opposisie verwag het, as om hom met hierdie soort haatdraende verdeel-en-vernietig-politiek op te hou. Hy het minstens in die onlangse verlede self aan die hand daarvan gely, en moes deur veiligheidswagte van hierdie Regering beskerm word.

Dit kom voor die ANC se dwang na mag in die Wes-Kaap oorheers elke oorweging van beginsel, elke erkenning van die waarheid en alle erkenning vir die gees van rekonsiliasie wat die mense van ons land en ons provinsie wil h.

Mnr die Speaker, wat die ANC se rasgekleurde protestasie namens die armes selfs meer afstootlik maak, is dat dit gegrond is op 'n bed van skynheiligheid en bedek is met 'n sluier van onwaarhede. Hierdie Begroting is die duidelikste en verreikendste verbintenis tot die oorlog teen armoede van enige regering op enige vlak in Suid-Afrika. Dit is waarom die armes uit provinsies wat deur die agb Leier van die Opposisie se party beheer word - nie net van die Oos-Kaap nie, maar ook van die Vrystaat en enige ander provinsie - na die Wes-Kaap kom vir 'n kans om hul lewens te verander.

Ek en my kollegas het die stem van die mense wat aan die hand van die korrupte en onbevoegde ANC gely het, gesien, daarna geluister en dit gehoor; en omdat ons dit gedoen het, wil ek vir daardie agb lede dit s: as hulle die honde van rassisme teen ons wil loslaat, sal ons die leeus van die waarheid teen hulle loslaat. [Tussenwerpsels.] As hulle ons wil beveg omdat ons na die armes omsien, sal ons die massiewe woede van gewone mense oor onvervulde beloftes in hulle rigting herlei. As hulle ons wil probeer stilmaak vanaf hul selfopgeiste ho morele grond, sal ons hulle skynheiligheid blootstel en hulle terugbring aarde toe. [Tyd verstreke.]

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, die Nuwe NP in die Wes-Kaapse Parlement is trots op die professionele wyse waarop die neergelegde beleidsrigtings in die begroting van die onderskeie departemente nou gemplementeer kan word.

Dit was vir my die afgelope week 'n besondere voorreg om teenwoordig te wees by die vergaderings van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe, waar die onderskeie departemente hul beleidsrigtings teenoor ons uiteengesit het. Die wyse waarop duidelike doelwitte en strategiese raamwerke in die Begroting uiteengesit is, dui op 'n bestuurstyl wat weer eens sal verseker dat hierdie provinsie onder die leiding van Premier Gerald Morkel nie korrupsie of wanbesteding van die belastingbetaler se geld sal duld nie.

Dit is egter 'n onomstootlike feit dat provinsies, wanneer dit kom by die generering van fondse, steeds aan die agterspeen suig van die ANC Sentrale Regering se sentralisasiebeleid. In die Begroting kan ons vanjaar slegs 'n 4,6%-bydrae tot die totale inkomste van hierdie Provinsie verwag. Dit is natuurlik nie hoegenaamd noemenswaardig nie. Daar sal voortaan in 'n groot mate meer kreatief gedink moet word om toe te sien dat ons hierop verbeter.

Met die koms van casino's in die Wes-Kaap sal die inkomste gegenereer vanuit ons Provinsie in die boekjaar kan styg tot 'n moontlike 11%. Die harde werklikheid is dat as gevolg van di toekennings wat vanaf die Sentrale Regering na die Provinsie gekanaliseer word, by wyse van toekennings en kamtig neergelegde formules, asook ander nasionale toekennings, die Provinsie gekortwiek word om dienste te beplan en te lewer in terme van sy eie suksesvolle bestuursprestasies van die voorafgaande boekjaar.

Die totale begroting moet steeds gesien word teen die agtergrond dat daar tot op hede nog nie uitsluitsel verkry is oor die problematiek rondom die eienaardige sensussyfers nie. Dit benadeel die Wes-Kaap wanneer toekennings vanuit die sentrale Skatkis gemaak word.

Dit is voorheen hier genoem, maar die Nuwe NP sal dit herhaal en herhaal totdat daar voldoende aandag aan hierdie saak gegee word. Enige persoon in die Wes-Kaap wat die moeite doen om rond te beweeg, sal saamstem dat die inwonergetal in die Metropool dramaties toegeneem het. Die waglyste vir behuising by behuisingskantore in die Metropool, die toename van elektrisiteitsrekeninge en die toename in syfers van le woonstelle oor die afgelope jare bevestig dat hier inderdaad 'n geweldige toename was. Die syfers waarop di stelling gebaseer is, word ook verder bevestig deur vooraanstaande en hoogs gerespekteerde akademici.

Mnr die Speaker, dit is so dat die grootste gedeelte van die Begroting, 95%, aan onderwys, gesondheid en maatskaplike dienste bestee word. Die Nuwe NP steun die gedagte dat kwaliteitdienste gelewer word. Maar dit het mos aan die ander kant van die Huis 'n gewoonte geword dat wanneer argumente opraak, die Nuwe NP as die ou apartheidsgoggas gekritiseer word. Ons het herhaaldelik, by wyse van ons nasionale leier en ons provinsiale leier, dit baie duidelik gestel dat die apartheidsera vir hierdie kant van die Huis verby is.

Ek wil op agb lede aan die ander kant van die Huis 'n beroep doen om meer gesofistikeerd op te tree en nie weer daardie lelike aanmerking in hierdie Huis teenoor hierdie kant te maak nie. Dit is hoegenaamd nie bevorderlik vir goeie samewerking in di Huis nie.

Mnr die Speaker, die aanpassings in motorlisensies was onvermydelik. Daar bestaan egter groot kommer oor die inkomste ten opsigte van hospitaalfooie.

Die inkomste uit die Provinsie se eiendomsportefeulje lyk belowend. Hoewel daar kwaai druk is om provinsiale eiendomme te verkoop, moet die Provinsie egter baie versigtig hiermee omgaan. Die gedagtelyn van die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning om eerder gesamentlike projekte tussen die privaatsektor en die Provinsie aan te pak, om op 'n beplande wyse 'n jaarlikse stabiele inkomste te verseker, word baie sterk deur die Nuwe NP ondersteun.

Die strategiese doelwitte, soos uitgespel, is hoofsaaklik daarop ingestel om die lewensomstandighede van almal in hierdie provinsie te verbeter, soos die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme ook so pas uitgespel het. Hierdie strategiese begrotingsdoelwitte het ten doel dat ons di provinsie met goeie bestuur en leiding vanaf hierdie kant van die Regering na nuwe hoogtes sal lei. Dit is immers so dat agb lede aan hierdie kant van die Huis positief is oor die toekoms van die Wes-Kaap. Dit is immers so dat beleggers vertroue het in die Regering van die Wes-Kaap omdat die Wes-Kaap goed bestuur word. Dit is waarom ons 'n groeisyfer van 4% het.

Dit is immers so dat daar vanuit die ander provinsies naarstigtelik na die Wes-Kaap gevlug word. Dit is waarskynlik nie omdat hulle hierheen wil vlug omdat hierdie Provinsie apartheid toepas nie. Meneer, om di rede sal hierdie Nuwe NP-geleide koalisieregering nie toelaat dat verval en korrupsie die oorhand in hierdie Provinsie kry nie.

Dit is immers so dat die leierskap van die Wes-Kaapse Regering erns het met en omgee vir al sy mense, en nie hul tyd mors met saamstaan wanneer daar voor die Parlementsgebou hier in die Waalstraat getoi-toi word nie. In plaas van 'n getoi-toi, is ons mense besig om steeds mee te help, om saam te werk om van ons provinsie 'n nog beter plek te maak vir al sy mense onder die son.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Mnr J P GELDERBLOM: Gevaartekens van groeiende werkloosheid is 'n bekommernis in die Wes-Kaap. Die Nuwe NP neem kennis van werkloosheid in verskillende segmente van die sakesektor, wat wel negatief kan inwerk ... [Tussenwerpsels.] Meneer, in die Wes-Kaap is dit 17% en in die res van die land is dit 38%; daarom is ons nog beter af, maar dit is nie vir ons in die Wes-Kaap goed genoeg nie. [Tyd verstreke.]

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, ek wil my eerstens by my kollegas aansluit deur die voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe vir sy werk in die komitee te bedank. Ek stem saam met sy sentimente oor die gebrek aan infrastruktuur en diensondersteuning vir die staande komitee. Ons hoop dit is eenvoudig vergeetagtigheid, eerder as 'n gebrek aan verbintenis tot die werk en verantwoordbaarheid en deursigtigheid van die staande komitee.

Mnr die Speaker, dalk moet die agb lid mnr Ismail sorgvuldiger op sy woorde let. Ons merk hy het voortdurend na "bullets" verwys. Hy kan homself dalk aan die ontvangkant van 'n sarsie intimidasie deur 'n sekere Minister bevind! [Gelag.]

Ons wil ook graag die amptenare - veral dr Stegmann en mnr Ismay van Tesourie - vir hul uitstekende werk bedank, en al die ander departemente vir hul gehalte-inligting wat hulle voorsien het. Die agb lid mnr Ozinsky het verwys na die baie ho standaard wat deur die Onderwysdepartement gestel is, maar dit het ook vir ander departemente gegeld.

Mnr die Speaker, die proses van die staande komitees bly egter gebrekkig; onvoldoende tyd word toegelaat; en daar is steeds 'n baie swak houding in sekere opsigte - en die agb lid mnr Ozinsky het verwys na die houding van die agb Minister in die Kantoor van die Premier.

Een metode waarop ons dit kan regstel, is om te verseker dat die staande komitees wat alle portefeuljes hanteer, nie rubberstempels is, soos wat hulle in die verlede was nie. Hulle moet ten volle bemagtig word, hulle moet gereeld byeenkom en hulle moet die vermo en die reg h om na die makro- en die mikro-sake te kyk.

Mnr die Speaker, daar is 'n neiging in die Huis om die staande komitees bloot rubberstempels te maak. Dalk is dit omdat die koalisieregering nie genoeg mense het om die staande komitees by te woon nie. Ons simpatiseer met hulle, maar tensy die staande komitees gereeld bymekaarkom en behoorlik werk - en aangevul word deur die regte houding van die Ministers - lewer ons 'n ondiens aan die mense van die provinsie.

Mnr die Speaker, in die bre ondersteun ons die Begroting. Ek wil die woorde van die agb lid mnr Ozinsky onderskraag, toe hy na die MTEF en die GFS verwys het. In die geheel het al die departemente na die feit verwys dat die nuwe stelsel en die GFS 'n baie beter middel is, wanneer dit by verantwoordbaarheid en begroting kom.

Ek wil egter tog wys op wat ons as baie ernstige swakhede beskou, en dit word ook vervat in die aanbevelings van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe (SKOF). Eerstens, soos wat die blaadjie van die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning uitwys, het die Mediumtermyn-Bestedingsraamwerk (MTEF) ten doel om beleid en doelwitte in 'n driejaar-bestedingspakket saam te bring. Tensy ek my misreken, het slegs een departement 'n beleid ter tafel gel, sowel as 'n tydskaal vir ander beleid wat ter tafel gel moet word.

Mnr die Speaker, hoe kan ons 'n Provinsiale Regering h waar slegs een departement 'n beleidsraamwerk op die tafel geplaas het? Of is daar, deur doelwitte en uitsette saam te voeg, twee stukke beleid wat na voorheen aanvaarde beleid verwys? Die MTEF is aanvaar, maar dit is 'n skande dat 'n beleidgedrewe proses deur slegs een departement aanvaar is. Die ander Ministers behoort te verantwoord oor waarom die Provinsie so skaam en huiwerig is om hulle beleid vir openbare debat op die tafel te plaas.

In sy 100-dae-toespraak, byvoorbeeld, het die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning ges dat hy verkrygingsbeleid op die tafel sou plaas. Hy het dit nie gedoen nie. Daar is hoegenaamd geen verkrygingsbeleid op die tafel nie. En wat s die agb Minister? Hy s hy wag op regulasies van die nasionale Regering by wyse van die nasionale Wetsontwerp op die Raamwerk vir Voorkeur Verkrygingsbeleid.

Mnr die Speaker, die Provinsiale Regering hou van vergelykings. Om die waarheid te s - soos wat ons gehoor het - het hulle die historiese omstandighede gegnoreer en konstant aanstootlike vergelykings gemaak. In werklikheid, wat sleutelsake betref - veral wanneer dit by transformasie kom - beweeg die Provinsie slegs, op 'n beleidsvlak, wanneer dit deur nasionale wetgewing daartoe gedwing word. Die nasionale Wet op die Raamwerk vir Voorkeur Verkrygingsbeleid is 'n baie goeie voorbeeld hiervan, en eers dan word daar met huiwering en stortend ingeval.

Vier jaar nadat die nasionale Wet op die Raamwerk vir Voorkeur Verkrygingsbeleid goedgekeur is, implementeer die Provinsiale Regering die wetsontwerp. Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning maak 'n belofte in sy 100-dae-toespraak, maar s dan jammer, ons kan nie met die beleid kom nie; ons wag op die nasionale Regering.

Mnr die Speaker, dit is baie erger as dit. Sommige departemente het geen beleid en geen sakeplanne nie. Die agb Minister in die Kantoor van die Premier het erken dat sy geen planne het nie. Sy het ges sy het 'n strategie vir die gestremdes, maar ons het vasgestel dat daardie strategie in werklikheid van die Departement van Maatskaplike Dienste kom, en dit is drie of vier jaar oud, toe die agb Leier van die Opposisie die Minister van Maatskaplike Dienste was.

Mnr die Speaker, meer nog, die agb Minister in die Kantoor van die Premier het al haar speelgoed uit die wiegie gegooi en na die polisiestasie gehardloop om 'n klag teen die agb lid mnr Ozinsky te l! Mnr die Speaker, het u al ooit iets so kinderagtigs soos dit ervaar? Ons bevraagteken dit of ons al ooit iets so kinderagtigs soos dit tegekom het. Dit is waarom die SKOF-verslag in 4.4 s dat geld wat vir daardie departement opsy gesit is, nie deur die agb Minister gebruik moet word nie.

Al die departemente, met die uitsondering van twee - en ons is nie seker wat die redes in daardie twee gevalle is nie - het ges dat hulle nooit deur die agb Minister geraadpleeg is oor die dwarsleggende kwessies van geslag, gestremdheid en jeug nie.

Mnr die Speaker, ondanks die gebrek aan konsultasie oor hierdie sake, vra die Begroting dat miljoene rand in plek geplaas word vir dwarsleggende beleid en programme vir al die Ministeries oor die kwessies van geslag, gestremdheid en jeug. Hierdie departement het geen beleid nie, geen planne nie en geen konsultasie nie. Wat doen hierdie departement? Is dit die Departement van Niks Doen Nie, of is dit 'n departement wat handel oor geslag, jeug en die gestremdes? Agb lede moet self besluit. Die agb Minister moet 'n verduideliking oor hierdie sake gee, en 'n verduideliking oor waarom sy dit nodig geag het om na die polisiestasie te hardloop. Dalk was dit om haarself te beskerm teen die feit dat sy geen beleid, geen programme en geen strategie het nie! [Gelag.]

Mnr die Speaker, in Begrotingspos 10 is ons bemoedig deur die feit dat die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme ges het dat die EDC ingestel word om bemagtiging en swart sake te ondersteun.

Ons wil dit ook graag op rekord stel dat korrupsie beveg moet word waar dit ook al sy kop uitsteek. Ons wil terselfdertyd vir die agb Minister s dat ons nooit ons stryd om verteenwoordiging in elke instelling in hierdie land sal staak nie; ons sal nooit ons stryd teen rassisme staak nie; en ons sal nie in 'n situasie ingedreig of ingeslaan word, waar ons nie elke enkele saak debatteer nie, insluitende rassisme.

Mnr die Speaker, wanneer die Begrotingspos van die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme gedebatteer word, sal ons praat oor sy gebrek aan verteenwoordiging, insluitende die instellings wat hy oor die afgelope ses maande in die provinsie ingestel het, wat nie verteenwoordigend van die provinsie is nie.

Ons is ook bemoedig deur die feit dat daar 'n register van provinsiale bates voorberei word. Ons is egter besorgd daaroor dat die Provinsie fondse in 'n situasie genereer waar ons nie ingelig is oor die kriteria vir die verkoop van daardie bates nie. Ons het geen beleid in plek nie, en daar is ook nie enige norme voor ons geplaas oor wat daardie beleid is nie. Ons genereer inkomste en begroot geld, sonder enige idee oor waarvoor ons begroot.

Mnr die Speaker, die verweer deur die agb Minister dat hierdie dokumente slegs vir ons gegee kan word nadat dit in Groenskrifte vervat is, is sinies. Waarom is daar 'n probleem om aan ons en SKOF terugvoering oor daardie sake te gee? [Tyd verstreke.]

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, dit is inderdaad 'n groot voorreg om vandag in hierdie debat te kan deelneem. Ek wil graag begin deur die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning en die Departement van Finansies geluk te wens, sowel as die voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe, die agb lid mnr Ismail, met 'n taak wat goed verrig is. Ons het 'n ver pad in hierdie Provinsie gekom. Daar is geen twyfel daaroor nie.

Mnr die Speaker, baie agb lede het na die feit verwys dat die begrotingsproses in SKOF verskriklik frustrerend is, en ek het dit persoonlik so beleef. Ek bevind myself voortdurend in die posisie waar ek kan sien dat daar enorme behoeftes in die provinsie is, en soos die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme ges het, bevredig ons nog steeds nie daardie behoeftes nie. Ons moet kyk wat ons daaraan kan doen.

Wat verontrustend is, is dat ons beperkte magte en hulpbronne het. Dit is waarom ek my toespraak vandag wil fokus - komende uit die perspektief van 'n sakeman - op die feit dat 'n mens inkomste moet genereer om 'n provinsie te kan laat werk. Ons kan nie altyd eenvoudig s dat die nasionale Regering nie vir ons die fondse gegee het nie. Dit is frustrerend, mnr die Speaker, en dit is waarom ek vandag hopelik 'n metode sal kan aankondig om ekstra inkomste te genereer wat aan al die kriteria van die Finansile en Fiskale Kommissie sal voldoen.

Uit ons totale Begroting van R11,288 miljard genereer ons slegs R516 miljoen, wat 4,6% is, wat absoluut onaanvaarbaar is. Ek wil dit vandag aan die Huis stel dat dobbelary en tolpaaie nie inkomste genereer nie. Hulle is 'n koste vir die Provinsie.

Die ACDP het oor die afgelope ses jaar in hierdie Provinsie moontlike maniere bestudeer waarvolgens addisionele inkomste gegenereer kan word. Nou, nadat ons die jongste verslag van die Katz-kommissie, wat deur die nasionale Minister van Finansies aangestel is, bestudeer het oor 'n moontlike beleidsaanbeveling met betrekking tot provinsiale belasting, glo ons dat ons met 'n metode gekom het om bykomende inkomste vir die Provinsie te genereer.

Artikel 228 van die nasionale Grondwet bevat drie bepalings. Artikel 228(1) maak daarvoor voorsiening dat 'n provinsiale wetgewer bykomende belastings en heffings kan hef. Artikel 228(2)(a) bepaal, en ek haal aan:

mag nie uitgeoefen word op 'n wyse wat nasionale ekonomiese beleid ... wesenlik en onredelik benadeel nie; ...

Artikel 228(2)(b) bepaal, en ek haal weer aan:

moet gereguleer word ingevolge 'n Parlementswet, wat verorden kan word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansile en Fiskale Kommissie oorweeg is.

Mnr die Speaker, na ontleding van die jongste verslag van die Katz-kommissie, wat pas vrygestel is, het ons gevind dat dit meld dat die provinsiale wetgewers 'n heffing kan instel en dat die nasionale Regering ons nie toestemming hoef te gee om daardie heffing in te stel nie. Die enigste ding wat die nasionale Regering kan doen, is om die metode waarop daardie heffings ingestel word, te reguleer.

Ons glo dat ons uiteindelik met 'n manier gekom het wat sal voldoen aan die kriteria van die Finansile en Fiskale Kommissie, en dit werk soos volg: alle transaksies wat deur die finansile instellings van die Provinsie Wes-Kaap hanteer word - dit sluit in banke, bouverenigings en alle agentskappe wat geld insamel en uitbetaal - sal aan 'n heffing onderworpe wees, waardeur 'n enorme, reusagtige belastingnet geskep kan word. Uitgesluit hiervan sal, byvoorbeeld, die tegnikaliteite van die effektemark en aandelebeursreserwes wees.

Mnr die Speaker, ons eerste prioriteit as wetgewers in hierdie Provinsie is om die mense te beskerm. Ons het pas hierdie naweek gehoor van die verkragting van die Tamboerskloof-vrou op Seinheuwel en die keisersnee waardeur 'n baba uit 'n jong meisie geruk is. Ons glo ons vervul nie ons rol oor veiligheid en sekuriteit en die uitwissing van misdaad in hierdie provinsie nie.

Hoe kan ons dit doen? Ons het nie die fondse nie. Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning het ges, "Gee my die fondse, en ek sal 'n polisiemag skep om die situasie te hanteer." Hoe gaan ons die belasting genereer?

As ons na al die finansile transaksies kyk wat nasionaal plaasvind, sien ons dat R33 triljoen se finansies op hierdie vlak betrokke is. Van hierdie R33 triljoen is R13 triljoen van die effektemark. Dit laat R20 triljoen. Die bydrae van die Wes-Kaap tot die nasionale BBP is 14%. As ons 14% van die R20 triljoen aftrek, sal ons BBP op R280 miljard uitwerk. As ons 'n heffing van 0,01% op daardie bedrag plaas - wat ons vandag in die Huis wil voorstel - beteken dit dat 1c uit elke R100 wat bestee word, 'n heffing sal wees, of R10 uit elke R10 000.

Wat is die uitwerking daarvan? Laat ek dit vir die Huis verduidelik. 'n Mens gaan byvoorbeeld dokter toe en betaal 'n rekening van R100. Sodra die dokter daardie tjek van R100 deponeer, sal sy rekening met R99,99 gekrediteer word, en omdat ons 'n goeie finansile instelling met goeie strukture het, sal 'n 1c-"magtape"-item onmiddellik in 'n provinsiale inkomsterekening gedeponeer word. Dit beteken daar is geen burokrasie nie. Niemand hoef hierdie belasting in te samel nie.

Wat is die voordele? Dit is die volgende. Volgens 'n onlangse opname is die twee mees kritieke sake in die Wes-Kaap werkskepping en misdaad. Met hierdie bedrag geld sal ons onmiddellik 7 000 tot 8 000 polisiepersoneel per maand in diens kan neem. Soos wat agb lede weet, het ons 'n tekort van 7 000 om die kapasiteit in die Wes-Kaap te vul, en dit sal ons R240 miljoen kos. Dan, as ons een motorvoertuig vir elke 25 polisiebeamptes voorsien, sal dit op 320 motorvoertuie neerkom, wat 'n verdere R32 miljoen beteken.

Dit moet nie as 'n bykomende belasting beskou word nie, want die ACDP is teen bykomende belasting gekant. Mense bestee inderdaad reeds geld aan veiligheidswagte, grensmure, alarmstelsels en daardie soort ding. Om een sent in elke R100 of R10 in elke R10 000 te betaal, is nie 'n bykomende belasting nie, maar sal 'n besparing wees.

Daarby gaan dit nie oor veiligheid en sekuriteit nie, maar oor sakevertroue, toerismevertroue en ekonomiese vertroue. Dit sal tot voordeel van almal wees. Weet agb lede dat die bedrag wat in 1997 betrokke was by die "brain drain" uit Suid-Afrika, altesaam R67 miljard in inkomste was - as gevolg van die misdaadsituasie! Ons moet daardie situasie vasvat.

Hierdie belasting kan ook onmiddellik ingesamel word. Dit beteken dat 'n mens onmiddellik, vanaf dag een, nie 'n belastingvorm hoef in te vul om die geld te kry nie. Dit sal onmiddellik in die belastingkoffers kom. Die grootste aantrekkingskrag is dat geen burokrasie geskep hoef te word om hierdie belasting in te samel nie.

Mnr die Speaker, ek sal mre 'n voorstel indien dat die Huis gevra word om die ACDP te ondersteun om 'n kommissie van ondersoek aan te stel om hierdie heffing te ondersoek. Ons s so maklik in die Huis dat ons die beste Provinsie is, dat ons die toon aangee en dat ons die nasie wil bou. Dan moet ons so 'n ondersoek ondersteun, en die sakeskole van die universiteite van Kaapstad, Wes-Kaapland en Stellenbosch vra om te kyk hoe die Provinsie die pas kan aangee met die generering van inkomste. Dit is 'n loodsprojek. Ons kan later besluit hoe dit ook vir onderwys, gesondheidsorg, en so meer, gedoen kan word.

Ons moet kampioene wees. Ons moet die pas aangee. Laat ons nie die deur toemaak of beleid afbreek nie. Ek en die ACDP sal nie ons name aan 'n proses koppel wat ons nie deurgewerk het nie. Ons werk reeds vier jaar lank hieraan. Dit is met die nasionale Minister van Finansies gedebatteer. Dit sal werk! Ek sal agb lede mre vra om die aanstelling van die kommissie van ondersoek te ondersteun.

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek wil eerstens die Departement van Finansies gelukwens met die indiening van, vir die eerste keer, 'n begrotingstelsel wat 'n mens kan verstaan. Ek kan onthou dat dit 'n mens 'n lang tyd geneem het om die Wit Boek, soos wat dit eers bekend was, te verstaan. Nou kan enigeen wat met die begrotingsproses kennis maak, dit onmiddellik verstaan. Ek wil ook die departement vir die strategiese beleid bedank. Ons kan dit nou beoordeel en opweeg, en dit dien ook as die kriteria. [Tussenwerpsels.] Ek kom by daardie agb lid. Hy moet nie haastig wees nie.

Ons stem almal saam met die idee daarvan om 'n veilige omgewing te skep. Ons weet waar ons daaromtrent staan. Dit is jammer dat ons nie die nodige finansies het nie.

Mnr die Speaker, ek wil graag die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning gelukwens met sy verjaardag vandag. Ek hoop en vertrou dat ons ook omgee.

AGB LEDE: Waar is hy?

Mnr N M ISAACS: Hy is nou seker weg.

*Mnr die Speaker, ek wil, met die toestemming van die voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe, 'n ander belangrike punt hier byvoeg. Ons wens die agb Premier geluk met sy pragtige pogings betreffende die kieserregistrasieveldtog. In hierdie veldtog sal hy die demokratiese stelsel bevorder. Daardie mense wat nie die geleentheid gehad het om te stem nie, sal dit nou kan doen. Ons bedank hom vir sy poging, ondanks die geblaf van die honde. Die honde blaf wanneer die karavaan vertrek en hulle blaf wanneer die karavaan terugkom.

Die agb Premier moet verseker wees van ons ondersteuning in di verband, al is dit die enigste snaar waaraan die ANC kan tokkel. Hulle tokkel al aan di snaar vandat hulle dit gesien het; ek weet nie wanneer dit gaan breek nie. Hulle kan maar daaraan tokkel; die karavaan beweeg verder. Dit gaan nie stop nie. Die registrasieveldtog gaan voort.

'n AGB LID: Jy het 'n mooi "tie", mnr Isaacs.

*Mnr N M ISAACS: Met hierdie das het 'n mens nie 'n toeter nodig nie. [Gelag.]

Mnr die Speaker, met betrekking tot die strategiese beleidsdoelwitte en ekonomiese groei moet ons die agb Premier gelukwens. Die BBP van die Provinsie is hor as di van die nasionale Regering.

Die departemente het merkwaardige verandering en verbetering beleef, behalwe vir die paar probleempies wat ons hier en daar ervaar het. Uit die geluide aan die ander kant kan ons hoor dat die ANC nie meer so bitter is nie. Hulle was selfs dapper genoeg om op te staan en sekere departemente geluk te wens. Ek wil my gelukwense aan elke departement hier rig. Dit is duidelik dat die agb Premier se leierskap in die Kabinet 'n uitwerking op al die departemente gehad het. Ek dink nie hy hoef enige slapelose nagte daaromtrent te h nie.

Mnr die Speaker, die ander kwessie waarop die ANC bly hamer, is armoedeverligting. Hierdie program het 'n voorwaardelike toekenning. In die Wit Boek verskyn daar onder die kolom "Werklike" 'n bedrag van R1 000. Hulle hou aan kla, terwyl hulle vir 'n feit weet dat die R10 miljoen 'n toekenning is, op voorwaarde dat daar 'n sakeplan is. Ek kan nie sien waarom hulle so moet aangaan nie. Ongelukkig weet ek ...

*Mnr M OZINSKY: Hoe lank moet ons wag?

*Mnr N M ISAACS: Die ANC weet vir 'n feit dat dit 'n voorwaardelike toekenning is. Ons het dit selfs in die verslag geakkommodeer. Die verslag meld dat as die plan nie in plek is nie, die geld elders gebruik sal word. Die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding het 'n armoedeverligtingsprogram in plek geplaas. Waarom gaan hulle daaroor te kere? [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, wat die casino, Sun West, betref, is dit verontrustend om gerugte te hoor, wat 'n neiging het om waar te wees. Daar word ges, wat werkskepping in die Wes-Kaap betref, dat die konstruksiemaatskappye wat betrokke is, hoofsaaklik van Gauteng afkomstig is. Ons het van tyd tot tyd hier ges dat ons wil h dat hierdie maatskappye in die Wes-Kaap gesetel moet wees. [Tussenwerpsels.]

Hulle predik aan die een kant een ding en aan die ander kant doen hulle iets anders. Ons het heel aan die begin gevra, toe die kwessie van casino's bespreek is, dat dit werkskepping vir die Wes-Kaap moes voorsien. In die verslag word gemeld dat hulle werk vir nagenoeg 23 000 mense sal voorsien. Ek wil die agb Minister vra om daarheen te gaan en te gaan kyk hoe hierdie besigheid gekamoefleer is. Hulle het slegs 'n kantoor hier met 'n tafel en 'n stoel. Die res van die besigheid word in Gauteng gedoen. [Tussenwerpsels.] Wat die konstruksiewerkers betref, is die meeste staalmonteurs uit Gauteng afkomstig. Daardie mense het nie eens plekke om hier te bly nie. Tans bly hulle by die Monwabisi Chalets omdat hulle nie hier huise het nie.

Ek dink nie dit is billik teenoor ons mense in die Wes-Kaap nie. As 'n mens deur Khayelitsha en die townships ry, merk jy hoeveel mense werkloos is. Dit is onbillik dat die meeste konstruksiewerkers uit Gauteng kom. Ek hoop die agb Minister sal hierdie probleem so gou moontlik kan oplos ten einde ons mense in die Wes-Kaap 'n mate van hoop te gee. Hulle ry by die casino verby en sien die konstruksiewerk. Wanneer hulle egter in die rye staan, hoor hulle daar is geen werk vir staalmonteurs nie, terwyl hulle weet daar is baie werk. Daar is baie konstruksiewerk wat gedoen moet word, maar ons mense word weggewys omdat die maatskappye ooreenkomste met ander maatskappye in Gauteng aangegaan het. Die maatskappye kom saam en die magte word van daardie kant af ingebring. Dit verg beslis die agb Minister se aandag.

Mnr die Speaker, ek wil nie myself herhaal nie, maar ek wil ons dank uitspreek vir die wyse waarop die departemente tydens die tydperk van die SKOF-vergaderings verteenwoordig is. Daar is egter 'n neiging in SKOF - terwyl die komitee slegs aanbevelings kan maak, word die arme amptenare so met vrae gentimideer dat hulle die SKOF-vergaderings as 'n kruisondervraging beskou. Ons kan slegs aanbevelings maak. Ek wil dit bepleit dat die lede van SKOF nie die proses moet gebruik en amptenare intimideer nie. Die amptenare behoort bereid te wees om kennis te deel. Hulle moet nie gentimideer voel nie. Wanneer hulle buite die komiteekamer wag, is hulle bekommerd oor wat binne met hulle gaan gebeur. Dit is onsin. SKOF is slegs daar om aanbevelings te maak en die nodige vrae te vra. Hulle moet nie die rol aanneem om die amptenare te intimideer nie.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, 'n verandering op die sprekerslys, wat weens praktiese oorwegings gemaak is, skyn die toespraak van die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme 'n bietjie uit te gooi! Die agb Minister skyn sy toespraak voor te berei het in antisipasie om na my te praat. Ek is jammer daaroor. Die toespraak van die agb Minister is ook vars na 'n naweek van intense DP-propaganda, want hy het elke frase gebruik wat oor die televisie gehoor is.

Ek stem met die agb Minister saam dat enige optrede in enige bedryf - of dit die visbedryf of watter bedryf ook al is - waar daar toetreders is wat by wyse van korrupsie toetree, veroordeel en omgekeer moet word, waar dit ook al mag wees. 'n Mens kan egter nie s dat hulle, omdat toetreders swart is en nooit 'n geskiedenis van die visbedryf gehad het, geen reg het om tot die visbedryf toe te tree nie.

Mnr die Speaker, dit doen afbreuk aan die hoofpunt. Enige toetreder wat by wyse van korrupsie toetree, moet veroordeel word en stappe moet gedoen word om dit om te keer.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, die enigste rede waarom ek besluit het om die laaste ANC-spreker te wees en slegs vir 'n paar minute te praat, is omdat ek en die agb Premier, tesame met die agb Minister in die Kantoor van die Premier - en ek besef nou dat sy daardie besondere dag koud geword het - die geleentheid gehad het om 'n paar aande gelede saam krieket te kyk. Die agb Premier het ges, "Gaan ons Maandag al weer baklei?", waarop ek geantwoord het, "Nee, ons gaan nie baklei nie."

Mnr die Speaker, ek wil graag s dat die ANC die Begroting soos ingedien ondersteun. [Tussenwerpsels.] Ons glo dat die Mediumtermyn-Bestedingsraamwerk 'n kollektiewe skepping van alle provinsies en die nasionale Regering is. Dit word gesien as die enigste rasionele manier om ons finansies in hierdie land te orden. Dit is 'n vars briesie vergeleke met die ou funksie- komiteestelsel, wat grootliks 'n loterystelsel was en 'n geval van wie die beste stemming kon maak, en so meer, en dit maak voorsiening vir die soort beplanning en prioritisering jare vooruit. Bloot volgens die wyse waarop die MTEF se voordele begin duidelik word het, het die ANC 'n begroting gesien wat meer voorspelbaar is en derhalwe ten opsigte van sy makro-besonderhede ondersteun behoort te word.

Mnr die Speaker, ons kan nou in die jaar 2000 terugkyk en s dat ons sedert die aanvanklike weerstand in die middel-1990s sekere partye, veral die Nuwe NP - hoewel skoppende - na die nuwe stelsel moes trek. Ons het gesien hoe daar die een krisis na die ander geskep is ten opsigte van uitgawetekorte, oorbesteding, en so meer. Vandag erken ons dat ons weg beweeg het van die propaganda dat die Wes-Kaap "gestraf" word na 'n gedagte van fiskale dissipline, wat ek meen almal regoor die land en in die Huis aangeprys het.

Mnr die Speaker, dit is groot vordering van die ou propaganda na die nuwe begrip van fiskale dissipline. Ek glo omdat ons daardie gedagte van fiskale dissipline onderskryf, die Begroting die moeite werd is om te ondersteun.

Ek onthou toe daar 'n weiering was om te herprioritiseer en om 'n basis vir gelykheid, en so meer, te skep. Ons het, byvoorbeeld, probeer aantoon dat deur ons uitgawe in verskillende departemente te rasionaliseer, ons ook ons diensbasis sou kon uitbrei. Een so 'n voorbeeld is dat, terwyl ons die akademiese gesondheidsentrums gerasionaliseer het, ons tegelyk die primre gesondheidsorgbasis uitgebrei het.

Mnr die Speaker, daar was 'n tyd toe die vernaamste debatte in die Huis gehandel het oor of ons in primre gesondheidsorg moes bel en of ons gratis gesondheidsorg moes verskaf. Sommige van daardie temas kom steeds voor, maar oor die algemeen - wat ook al die gevolge van daardie debatte mag wees - geld die wysheid van die nuwe stelsel en die wysheid van fiskale dissipline. In baie gevalle, op 'n teoretiese vlak, bestaan die wysheid van gelykheid steeds in die Huis en om daardie rede glo ek dat die ANC korrek is om vandag die Begroting te ondersteun.

Ons het vandag die nuwe bekeerdes tot die MTEF en die herprioritisering wat daarmee saamgaan, tot fiskale dissipline en vooruitbeplannig en tot gelykheid. Die nuwe openbare finansile bestuurstelsel sal hierdie proses selfs verder verfyn wanneer dit in April in werking tree. Daarom, nadat al hierdie lesse geleer is, en daar 'n gereedheid is om die nuwe openbare finansile bestuurstelsel in te gaan, moet dit deur almal in die Huis ondersteun word.

Mnr die Speaker, daar is probleme met die Begroting. Die agb lede mnre Ozinsky en Strachan het sommige daarvan uitgewys. Hulle het, byvoorbeeld, verwys na die afwesigheid van beleidsraamwerke, sakeplanne en planne om gelykheid op die mikro-vlak te bou. Wanneer ons byvoorbeeld die begroting van Maatskaplike Dienste debatteer, sou dit interessant wees om te weet wat die persentasie volgens rasse-indeling is van inwoners in tehuise vir bejaardes of tehuise vir verswaktes. Ons sal graag wil weet of gelykheid op die mikro-vlak ingebou word en of ons waarde vir geld kry wat ons op 'n nie-rassige grondslag op daardie terreine bel. Ons het oor kieserregistrasie gepraat en daarna as "een snaar" verwys. Ons het hier daaroor baklei - en dalk het dit die toppunt in die Huis bereik - en moet dit op hor vlakke in die land opgeneem word.

Mnr die Speaker, ek staan basies hier om die ANC se ondersteuning vir die Begroting te motiveer. Ons bedank die amptenare wat nie net hulle werk gedoen het nie, maar ook die behoefte verstaan het om lede te kapasiteer, veral nuwe lede, en hulle te laat verstaan wat 'n begroting is, hoe dit werk, en so meer.

Ek wil nie enigeen verder 'n kus van die dood gee deur hulle uit te sonder nie - dr Stegmann het moontlik genoeg kusse van die dood ontvang - maar ons is in die algemeen tevrede om die hoofkenmerke van die Begroting te ondersteun.

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, ek wil ook graag my dank voeg by di van die ander stemme wat opgegaan het vir die samewerking wat ons die afgelope week in Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe gehad het, asook vir die samewerking vanaf die Administrasie en al die relevante departemente en vir die wyse waarop hulle hul voorleggings gedoen het, en waardeur ons met hulle samesprekings kon voer.

Mnr die Speaker, ek wil net twee dinge noem, en ek hoop dit sal aanvaar word in die gees van opbou en positiewe kritiek waarin dit genoem word. Hoewel daar met groot gewag getwis kan word oor of die Wes-Kaap sy regmatige deel van die nasionale Begroting ontvang, skyn dit in elk geval dat die Provinsie in die toekoms nooit voldoende fondse sal h om die behoeftes van die Wes-Kapenaars behoorlik aan te spreek nie.

Een oplossing vir ons finansile probleem in die Provinsie is dat ons aan die generering van eie fondse groter prioriteit moet verleen in die aanspreek van ons uitdaging. Die 5% wat ons tans genereer is onder omstandighede lofwaardig, dog heeltemal onvoldoende. Die Provinsiale Regering sal dus alles in sy vermo moet doen om omstandighede in die provinsie te skep wat bevorderlik is vir investering van buite.

*Dit is dus die moeite werd om te let op die besorgdhede en kwessies wat deur sakelui in hierdie provinsie geopper word. Sakelui glo dat as ons die ekonomie in die provinsie wil verbeter, ons aandag aan die volgende sake moet skenk: die uitbesteding van nie-kernaktiwiteite; die voorsiening van veilige vervoerstelsels; die opruiming van die sentrale sakedistrik; en die voorkoms van misdaad in die provinsie.

As 'n mens dit koppel aan die persentasie van die Begroting wat toeges word aan die Begrotingspos, Ekonomiese Ontwikkeling, gee dit vir jou pitkos om oor na te dink, dat 'n afdeling in die Provinsie wat vir ons juis kan help om fondse te genereer deur middel van ekonomiese ontwikkeling, toerisme, en so meer, iets soos 3% van die totale Begroting ontvang. Daar sal in die toekoms oorweeg moet word om 'n groter skyf van die begrotingskoek in daardie rigting te skuif, om sodoende meer geld te genereer.
Die tweede aspek wat ek wil uitlig, is dat daar geen probleem is ten opsigte van die feit dat die Provinsie die geld, hoe min dit ook al mag wees, volgens die korrekte rekenkundige beginsels en praktyk administreer nie. Dit alleen gaan ons egter nie help om die legio uitdagings ten opsigte van dienslewering aan te spreek nie.

Dit sal ons ook nie help om die geld wat ons het te rek nie. Inteendeel, 'n element wat ontbreek in ons Begroting, is die gebrek aan politieke wil om die onvoldoende begroting te rek. Politieke versiendheid en politieke wil, gekombineer met 'n sterk transformasie visie, is wat ons nodig het.

Politieke wil is 'n moeilike ding, maar politieke wil is iets wat gebore word uit 'n passie om reg te stel. Politieke wil is iets wat baie keer gedwarsboom kan word omdat 'n mens te make het met die spanning van politieke wil aan die een kant, en die wil om te voldoen aan die wil van hulle wat jou ondersteun. Kom ek noem twee voorbeelde.

Die agb lid mnr Gabru haal gereeld die voorbeeld van die amalgamasie van skole op, en verwys dan na die skole op Lambertsbaai. Ek wil die voorbeeld verder ondersteun, sodat ons nie die idee kry dat dit net die skole op Lambertsbaai is wat moet amalgameer nie.

In die omgewing van Wolseley is 'n horskool wat nege onderwysers het. Op Wolseley is nog 'n sekondre skool wat 21 onderwysers het. Dit is bo en behalwe die vyf primre skole in en om Wolseley. As 'n mens praat van politieke wil en kyk hoe jy jou geld kan rek, vra jy jouself af waarom jy twee sekondre skole in en om Wolseley het - een met nege onderwysers en die ander met 21 onderwysers. Dit is die tipe goed waarna ons sal moet kyk in die bediening van die mense. Ongeag hoe graag ons glo dat hulle die grondwetlike regte tot sekere dinge het, sal ons hulle moet oortuig dat dit in die belang van die Provinsie is om skole soos di saam te smelt en ons sodoende die bietjie geld wat ons het, maksimaal kan benut. Dit is nie maklik nie, maar dit is wat politieke wil van ons vereis.

Kom ek noem 'n ander voorbeeld. Oor die afgelope week het dit in die behandeling van een van die begrotingsposte duidelik geword dat ons R115 miljoen per jaar spandeer aan die huur van geboue. Ek s nie ons het nie daardie geboue nodig nie, maar ek sit my kop op 'n blok dat ons minder geld kan spandeer aan die huur van geboue om ons funksies uit te voer.

As mense in die privaatsektor na kantoorruimte soek, sal hulle 'n kantoor soek wat 'n uitsig op die berg het, of 'n kantoor wat 'n uitsig op die hawe het. Tot 'n groot mate het ek begrip vir waarom 'n man 'n uitsig op die berg wil h - ons voorouers het immers sekere stories vertel van waarvandaan ons kom. Aan die ander kant, as 'n mens 'n uitsig op die hawe wil h, wonder 'n mens soms waarin die drang na 'n hawe-uitsig sy ontstaan het. Dit is terloops, mnr die Speaker. [Tussenwerpsels.]

Kom ek noem 'n voorbeeld met betrekking tot die bekomming van ruimte. In die Mitchells Plain-omgewing is 68 skole. In die vroe 1990s het die skole in die ou gedeelte van Mitchells Plain, Westridge en Rocklands begin leegloop. In 1994, 1995 was daar 'n soeke na 'n streekkantoor vir die Onderwysdepartement in Mitchells Plain. Hulle het ten duurste 'n gebou gaan huur. Ek kan ongelukkig nie nou die bedrae noem nie.

Meneer, politieke wil is dit wat vir my s dat as skole begin leegloop, skoolgeboue wat gebruik kan word, kan een van daardie skole omskep word in kantoorruimte wat vir ons baie minder sal kos, maar wat terselfdertyd ook kan dien as 'n bronnesentrum of 'n plek waar ander funksies aan onderwysers en leerders gedien kan word. Op die oomblik ... [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, mag ek heel eerste s dat die Tweede Lesing van hierdie Begroting nie normaal is sonder dat die agb lid me Essop vandag hier teenwoordig is nie. Ek sou graag vir die uitstelling daarvan gevra het, want ek voel werklik dat dit nie vir my 'n heuglike dag is sonder behoorlike aanval vanuit die banke daar oorkant nie.

Ek glo werklik die opposisie was baie swak in hulle poging en ek voel as die agb lid me Essop vandag teenwoordig was, sou dit 'n baie beter poging gewees het. Mnr die Speaker, as die voorsitter en lede van SKOF beter gevaar het en as u 'n beter begroting gehad het, kon ons Maleisi toe gegaan het om saam met haar daar oorkant te wees. [Tussenwerpsels.]

Ek probeer humoristies wees en dalk is ek 'n bietjie ligsinnig. Ek vra my vriend daar oorkant verskoning. Ek hoop hy kan dit waardeer. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil heel eerste oor my houding teenoor my taak praat, wat die Begroting betref. Ek onderskryf koperatiewe regering. Ek het verlede jaar, vir die eerste keer, 'n proses van konsultasie in hierdie Provinsie ingevoer deur te adverteer, mense in te roep, op 'n gereelde grondslag met hulle te kommunikeer en voorleggings te maak voor die indiening van die begroting en ook daarna, en om dit met soveel moontlik mense in die sakebedryf, NROs, en so meer, te bespreek ten einde 'n mening te vorm oor wat die gevoel met betrekking tot die begrotingsproses is.

Ek het gister 'n toespraak van die President nageslaan, waarin hy ges het, en ek haal aan:

There are other important questions that we need to pose and seek to answer. One of these is - how do we live up to the imperative of cooperative governance across narrow party lines, across provincial, regional and local boundaries!

Are we capable of crossing our parochial boundaries and thus agree on the issues, which would address the needs of our country and people and would constitute the substance of the matter, which the institutions of cooperative governance would address.

Ek haal spesifiek hierdie deel aan, want dit is my mening dat hierdie nie 'n begroting net vir hierdie kant van die Huis is nie. Dit is 'n begroting ook vir daardie kant van die Huis. Soos wat ons by soveel geleenthede van agb lede van die ANC gehoor het, het hulle 42% van die stemme verwerf. Dit is waar en reg en ek aanvaar dit. Dit is dus hulle plig, waar hulle 42% van die kiesers in hierdie provinsie verteenwoordig, om deel van die begrotingsproses te wees.

Ek wil graag aanhaal uit Hansard: Wes-Kaap, deel 2, kol 295, 1 Maart 1999 met betrekking tot die Tweedelesingsdebat van die Begroting van daardie jaar. Wat die agb lid me Essop betref, hoop ek ek haal nie buite verband aan nie. Ek het toe ges:

Ek het in antwoord 'n uitdaging tot haar gerig. Ek het haar uitgedaag deur te s dat my deur altyd oopstaan en dat sy, indien sy iets gedoen wou h, na my moes kom en met my moes praat en my moes meedeel wat haar voorstelle vir insluiting in die Begroting is.

Ongelukkig het my deur oopgebly en niemand het ingekom nie.

Ek wil herhaal wat ek verlede jaar in dieselfde toespraak ges het. Ek glo kritiek is nodig as die ANC na my gekom en voorstelle aan my gedoen het oor wat hulle glo in die Begroting moes wees en ek dan geweier het, of nie in staat was om dit te doen nie. Dan sou kritiek uit daardie banke legitiem wees. Ek herhaal dus wat ek verlede jaar ges het. [Tussenwerpsels.] Die Begroting is nie verlede jaar ondersteun nie en dit mag volgende jaar ook nie ondersteun word nie. Waarvan ek hier praat, is nie vanjaar se Begroting nie, maar die beginsel. [Tussenwerpsels.]

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: kan die agb Minister sy toespraak lewer asof ons nie die Begroting aanvaar nie?

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Leier van die Opposisie is buite orde. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek is seker die agb Leier van die Opposisie weet baie beter, maar ek bedank hom dat hy my onderbreek het, want dit gee my 'n kans om 'n bietjie asem te skep. [Gelag.]

Ek s bloot dat ek daardie beginsel probeer aanvaar het. As hulle 42% van die kieserskorps verteenwoordig, soos wat hulle aan daardie kant van die Huis bly s, moet hulle aan die begrotingsproses deelneem. Ek wil weer eens s dat my deur vir hulle oop staan. Ek sou graag van hulle wou hoor.

Mnr die Speaker, ek wil nou graag die SKOF-verslag hanteer. Dit is nie my voorneme om die individuele items wat in die SKOF-verslag genoem word, wat ons vandag voor ons het, te hanteer nie. [Tussenwerpsels.] Ek dank agb lede dat hulle daardie vraag vra, want ek het daarop geantwoord. Ek glo die individuele Ministers sal in die Komiteestadium op die individuele sake reageer wat in die SKOF-verslag geopper is.

Ek sou egter my plig versuim as ek nie een bepaalde saak aanspreek nie, en dit is die kwessie van die R10 miljoen vir armoedeverligting. Baie is by SKOF en ook in die pers ges, in 'n aanval op my kollega hier, oor die R10 miljoen vir armoedeverligting. Ek wil dit absoluut duidelik stel dat daar ooreengekom is oor daardie R10 miljoen, toe dit van die R135 miljoen van die metropolitaanse casinobod-geld toegewys is. Ek het op 6 Desember 1999 ges, nadat ek die saak vir goedkeuring na die Kabinet geneem het, dat die R10 miljoen - lees my lippe - aan Kabinetsgoedkeuring onderworpe was. Dit is nog die hele tyd ges.

My kollega die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding, wat nie nou in die Huis is nie, het dit absoluut duidelik in die Kabinet gestel dat hy in die proses was om 'n konsultant aan te stel, nie slegs in hierdie verband nie, maar om armoedeverligting regoor die provinsie aan te spreek. Ten einde hierdie konsultant aan te stel, moes ons deur die Tenderraad werk. Die vertraging van 6 Desember tot nou - vroeg in Maart - is na my mening nie buitensporig as 'n mens die vertraging in ag neem om dit die Tenderraad-roete te laat volg nie. Ek dink dit moet hier absoluut duidelik gestel word.

Ek wil graag die voorsitter en lede van SKOF bedank. Ek was daar om sake betreffende my twee portefeuljes te hanteer, maar ek was by 'n aantal geleenthede binne en het dit ook op my televisieskerm gevolg. Ek glo die vrae wat gevra was en die beraadslagings was in die algemeen van 'n baie ho standaard. Ek bedank hulle daarvoor.

Terwyl ek by daardie onderwerp is, wil ek net s dat wanneer dit by die dienste van SKOF kom, ek heelhartig met die agb lid mnr Strachan saamstem, wat dink dat ek geen sin van humor het nie en dat ek ligsinnig is. Ek het nie my toespraak van verlede jaar hier nie, maar as my geheue my nie in die steek laat nie, meen ek ek het ges dat SKOF groter respek verdien met betrekking tot tyd om te beraadslaag en ook met betrekking tot sake soos die voedseldiens, en so meer. Ek glo ons moet alles moontlik doen om toe te sien dat ons nie dieselfde fout in die toekoms maak nie.

*Mnr G R STRACHAN: Ons het nie Nando's gekry nie!

*Die MINISTER: Nando's? Dan sou ek die agb lid op die verkeerde pad lei. [Gelag.]

Mnr die Speaker, ek wil nou by die agb lid mnr Ozinsky kom. Ek moet s hy het baie goed begin. Ek het by myself gedink: as hy maar net nou wou gaan sit! Maar hy het nie gaan sit nie, maar voortgegaan. Waarmee hy voortgegaan het, was die ou refrein van "laat ons die skuld op apartheid pak". Om die eerlike waarheid te s, ek raak baie moeg daarvan. Wanneer hy nie enigiets kan kritiseer nie, of dink dat dinge nie reg verloop nie, plaas hy die skuld op apartheid. Dit is die maklikste ding ter wreld om te doen. Alles was verkeerd onder apartheid. Elke gebou en pad wat gebou is, al die infrastruktuur, alles was klaarblyklik verkeerd.

*Mnr G R STRACHAN: Waar was u destyds?

*Die MINISTER: Waar was ek destyds? Ek het twee lojale lede van die ANC grootgemaak. Dit is waar ek destyds was. [Gelag.] Ek het twee lojale lede van die ANC grootgemaak, maar ek kan vir agb lede s dat hulle nie meer lede van die ANC is nie. Hulle het tot hulle sinne gekom. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, betreffende die ou refrein om die skuld op apartheid te plaas wanneer hulle nie met enigiets anders na vore kan kom nie, wil ek vir agb lede s dat tensy ons aan dieselfde kant van die tou in hierdie provinsie trek, en eweseer in hierdie land, en ophou om mekaar oor apartheid en die verlede aan te val, ons nie vordering sal maak nie. Ons moet al daardie dinge opsy skuif ten einde aan die armstes van die armes in hierdie provinsie te kan lewer.

Ek wil vir die agb lid mnr Ozinsky daarop wys dat ons wel kla dat ons nie genoeg geld kry nie. Ons kla wel dat mense uit ander provinsies kom om hier te kom woon, maar ek wil hom ook daarop wys dat ingevolge die FFK-formule hierdie Provinsie daarvoor betaal. Hierdie Provinsie kry nie dieselfde bedrag geld as die ander provinsies nie. As deel van die proses om die speelveld gelyk te maak, betaal ons vir die feit dat ons 'n beter infrastruktuur in hierdie provinsie gehad het.

Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het oor armoedeverligting gepraat. Ek stem met 99,9% van sy toespraak saam. [Tussenwerpsels.] Die 0,1% waarmee ek nie saamgestem het nie, was die feit dat ek nie aandele in die visbedryf het nie. Dit is die punt wat my bekommer.

Agb lede van die Huis, ook ek, het om die bedanking van Ministers gevra omdat hulle die mees belaglike dinge gedoen het. Wat armoedeverligting betref, en die saak wat die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme geopper het, wil ek vra of daardie kant van die Huis vir die bedanking van 'n Minister sou vra as hierdie kant van die Huis 'n Minister het wat 99% van die welsynsbegroting nie bestee nie. Ek wil waag om te s dat hulle almal ernstig beswaard sal wees. Wat gebeur met die nasionale Minister vir die Staatsdiens en Administrasie? [Tussenwerpsels.] Dit is in haar termyn dat daardie geld nie bestee is nie. In enige demokratiese land in die wreld sou daardie Minister f afgedank word, f bedank.

Ek sal dit onder die aandag bring van daardie agb lede wanneer hulle met ligsinnige - as ek toegelaat word om daardie woord te gebruik, want daardie agb lid het dit skynbaar geskep - redes kom waarom Ministers aan hierdie kant van die Huis behoort te bedank. Ek wil waag om te s dat hulle my moet ondersteun in my oproep om die bedanking van die nasionale Minister vir die Staatsdiens en Administrasie weens haar onbevoegdheid om geld vir die armstes van die armes tydens haar termyn te bestee. [Tussenwerpsels.] Ons sal konsekwent wees, dit verseker ek daardie agb lid.

Mnr die Speaker, ek stem saam met wat die agb lid mnr Gelderblom ges het, veral die kwessie wat hy geopper het met betrekking tot my toespraak. Ek bedank hom vir sy ondersteuning.

Ek het die agb lid mnr Strachan byna "Minister" genoem, maar dit is baie ver in die verre toekoms. Hy het van laterale komiteeondersteuning gepraat. Ek het dit hanteer. Ek wil herhaal dat ons iets daaromtrent moet doen.

Hy het ook oor die beleidsraamwerk en verkryging gepraat. Hy het ges dat ek sake met die regulasies vertraag. Ek kan net eerlik wees. Ek ken geen ander manier om sake te hanteer nie. Ek het in my 100-dae-toespraak 'n onderneming gegee dat ek binne vyf maande aan die Kabinet sou verslag doen oor my nuwe of voorgestelde beleid oor verkryging.

Toe ek voor SKOF verskyn het, het ek vir hulle ges dat ons gereed is om die beleid voor te l, maar dat ek nie bereid is om 'n nuwe beleid oor verkryging voor te l wanneer die Regering met 'n nuwe wet gekom het en daardie wet voorsiening maak vir regulasies wat in plek geplaas moet word nie. Dit sou na my mening uiters dwaas wees om 'n week, twee weke of 'n maand voordat daardie regulasies gepromulgeer word, na die Kabinet te gaan. Ek wil nie weer deur daardie kant van die Huis daarvan beskuldig word dat ek onbevoeg is nie.

Mnr G R STRACHAN: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Daardie agb lid behoort dit goed te weet, maar ek sal seker maak dat hy 'n rooi hoed dra.

Mnr die Speaker, ek moet op een punt met die agb lid mnr Strachan saamstem. Ek stem met hom saam, en sluit my by hom aan, wanneer hy oor verteenwoordiging praat. Ek stem heelhartig saam. Wat my betref, stap ek dieselfde pad as hy om toe te sien dat verteenwoordiging in hierdie Provinsie toegepas word, of dit in die Kabinet of enige van die portefeuljekomitees is waarmee ek te make het. Ek aanvaar die beginsel en ek sal toesien dat dit na die beste van my vermo uitgevoer word. Ek wil nie te kenne gee dat ek op die een of ander wyse daarvan wil wegkom nie.

*Mnr G R STRACHAN: U betaal vir die advertensie vir 'n Afrikaan, nie waar nie?

*Die MINISTER: Ek is 'n Afrikaan en ek is trots daarop.

Mnr die Speaker, wat die agb lid mnr Louis betref, en sy verwysing na 4,6% van eie inkomste, het ek in my toespraak aangedui dat 4,6% ver te laag is. Ek het by elke geleentheid, of dit by die Begrotingsraad of in die NRVP is, uit my pad gegaan om daarop te wys. Laat ons een ding verstaan. Die FFK het aanbeveel dat die provinsies hul eie belasting moet hef, maar die Sentrale Regering het dit nie aanvaar nie.

Wat is dan die alternatief? Die alternatief is om na lyste sake te kyk waarmee die Minister op nasionale vlak wil kom oor sake waar ons self inkomste kan genereer. Ek wil hierdie Huis die versekering gee dat geen wonderwerk ten opsigte van daardie lyste ingevoer kan word nie. Soos wat ek onlangs in my toespraak in die NRVP ges het, het ek met die gedagte van 'n lughawebelasting gekom. Nou het die nasionale Minister van Finansies 'n internasionale vertrekbelasting geneem en dit op Sentrale Regeringsvlak ingesluit. Ek wil waag om te s dat dieselfde met die gedagte van die agb lid mnr Louis gaan gebeur.

Ek kan ongelukkig nie met die agb lid mnr Louis saamstem dat dit nie 'n belasting is nie. Dit is 'n belasting, want enige geld wat in die Fiskus geplaas word, op watter manier dit ook al gedoen word, is 'n belasting. Ek kan dit dus nie as enigiets anders aanvaar nie. Selfs al sou daardie idee na vore kom, hoe kan ons waarborg dat die Sentrale Regering dit nie vir hulself neem en dit op daardie manier hanteer nie?

Ek sal graag mre na sy voorstel wil luister en dit wil oorweeg. Ek glo nie dit kan enige kwaad doen om 'n saak soos daardie te ondersoek nie. Ek glo enige gedagte waarmee enigeen na vore kom, verdien ondersoek en oorweging. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr Isaacs het oor kieserregistrasie gepraat. Ek dink die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het dit ook in sy toespraak genoem. Ek is absoluut verbaas dat daar geen verwysing hoegenaamd na kieserregistrasie in die SKOF-verslag is nie. [Tussenwerpsels.] Hoe dit ook al sy, daardie agb lid het vroer op sy agterbene gestaan en ges dat hy die SKOF-verslag aanvaar. Hy het nie op sy agterbene gestaan en ges dat hy die SKOF-verslag met een uitsondering aanvaar nie. Die agb lid het dit nie ges nie, en dit was nie in sy toespraak ingesluit nie. Ek glo daarvan moet kennis geneem word.

Ek is besorg oor wat die agb lid mnr Isaacs ges het oor Gauteng-gebaseerde werkers in casino's. Ek is bewus van die verkrygingsbeleid wat ingesluit is by die toekenning van die lisensie. 'n Baie streng prosedure is neergel. Ek glo nie dit het ingesluit dat die werkers uit die Wes-Kaap moes kom nie. Ek dink dit sou te voorskriftelik wees. Ek sal die werklike uittreksel met betrekking daartoe uit die bod vir die agb lid stuur. Hy mag dalk verkies om die saak verder te voer.

Ek wil graag by die agb Leier van die Opposisie kom. Ek het nie baie oor sy toespraak te s nie, behalwe om hom vir sy koperatiewe houding te bedank. Ek wil daardie kant van die Huis bedank dat hulle die Begroting aanvaar het. In die mate wat ek dit as 'n pluimpie aanvaar, weet ek dat hulle dit nie graag wil glo nie. Ek neem dit egter so en bedank hulle daarvoor. [Tussenwerpsels.] As ek dalk meer pluime gehad het, kon ek dalk wegvlieg!

Mnr die Speaker, die agb lid mnr Lewis het 'n aantal belangrike sake genoem. Wat ek in antwoord aan hom wil s, is dat die koek, behalwe die 4,6% - ek weet ek herhaal myself hieroor - deur die nasionale Minister van Finansies gebak word. Ek kry die koek en saam met my 4,6% kan ek slegs 'n baie dun lagie versiersuiker op die nagenoeg 95% plaas. Dit is wat ek kan doen. Dan moet ek daardie koek sny. Nadat die koek gesny is, het ek egter ongelukkig nie eens krummels oor om vir ander doeleindes te gebruik nie.

Ek herhaal dus dat ons moet saamwerk. Ek vra die ANC om hul invloed op nasionale vlak te gebruik ten einde die eie inkomstesituasie nie net vir hierdie provinsie nie, maar vir al nege provinsies, te verbeter, want tensy ons daardie 4,6% tot 'n betekenisvolle 15% kan verhoog, sal ons nie die spesiale dinge wat ons in hierdie provinsie moet doen, kan doen nie.

*Mnr G R STRACHAN: Stel dit op skrif!

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek sal dit beslis enige tyd op skrif stel. Dit is wat nodig is.

Ten slotte, die agb lid mnr Lewis het oor sakevoorleggings gepraat. Ons raadpleeg wel die sakebedryf. Ons het 160 meningsvormers na 'n ontbyt genooi. Die vrae wat daarna gevra is, was goeie vrae. Vrae is beantwoord en daardie mense het al die inligting ontvang wat hierdie Huis, SKOF en agb lede ontvang het. Hulle kon dit saam met hulle neem en dit oorweeg. Ons sal in die loop van die jaar weer eens met al daardie mense kommunikeer ten einde verdere terugvoering te kry.

Ek bedank SKOF en alle agb lede van die Huis. Ek bedank alle agb lede van die opposisie opreg vir sommige van hulle vriendelike woorde. Ek hoor die kritiek. Ek aanvaar dat sommige van die punte wat hulle geopper het, sorgvuldiger aandag moet kry. Ek dink nie ek of enigeen aan hierdie kant van die Huis moet die houding inneem om ons ore te sluit en nie te luister na wat ges word nie.

Ten slotte, mnr die Speaker, bedank ek agb lede vir hul geduld. Ek hoop hierdie sal 'n suksesvolle Begroting wees. Ek stel die Tweede Lesing voor.

Debat afgesluit.

Wetsontwerp vir die tweede maal gelees.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.


	WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP, 2000

	(Komiteestadium)

Begrotingspos 1 - Premier, Direkteur-generaal en Korporatiewe Dienste

*Die PREMIER: Me die Voorsitter, ek is byna lus om vanmiddag twee dinge te doen. Die een is om hier op te staan, die Begrotingspos te stel en te gaan sit, en die ander een is om te reageer op sekere opmerkings wat vandag hier gemaak is. Die goeie ding vandag is egter dat ek twee byte aan die appel het - een nou en een later. Ek gaan nou my eerste byt neem.

Me die Voorsitter, ek wil vandag in my Begrotingsrede sekere aspekte bespreek oor hoe ek verdere ontwikkelings in ons provinsie sien. 'n Mens het egter 'n vaste vertrekpunt nodig, en ek glo dat die indiening van die nuwe formaat van Begrotingspos 1, die Premier se Begrotingspos, 'n goeie plek is om te begin.

Ek noem dit 'n nuwe formaat Begrotingspos, omdat die Kantoor van die Premier nou deel van 'n departement is wat as die Departement van Provinsiale Administrasie bekend staan. Hierdie departement bestaan uit die volgende: die Kantoor van die Premier, die Kantoor van die Direkteur-generaal, Korporatiewe Dienste, die interne ouditkomponent en die agb Minister in die Kantoor van die Premier. [Tussenwerpsels.] Die mikrofoon klink 'n bietjie anders as toe ek begin het.

'n AGB LID: Dit is dood.

Die PREMIER: Dink agb lede dit is 'n manier van protes of iets? [Tussenwerpsels.] Kan ek voortgaan?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Die agb Premier mag voortgaan.

*Die PREMIER: Me die Voorsitter, dit is waarom dit voorkom dat die Premier se Begrotingspos ietwat gestyg het vergeleke met verlede jaar.

Die nuwe voorkoms is deel van die nuutgestruktureerde Administrasie in nege departemente, onder beheer van 'n doeltreffende uitvoerende gesag - ons koalisiekabinet, wat op sy beurt deur die Direkteur-generaal geadviseer word. Ek glo die nuwe struktuur het tot 'n fyn ingestelde en skraal administrasie gelei, wat op selfs doeltreffender dienslewering ingestel is as wat ons tot dusver gesien het.

Ek wil egter by my Departement van Provinsiale Administrasie, of Begrotingspos 1, kom.

Me die Voorsitter, as Premier is ek getaak om administratiewe gevolg te gee aan die strategiese doelwitte en kernfunksies van hierdie Administrasie. Ten grondslag van die strategiese doelwitte is die nege beleidsdoelwitte wat die koalisiekabinet in Junie 1999 gedentifiseer het. Ons nege beleidsdoelwitte is in die algemeen deur almal in die Staatsdiens, sakesektor, die media en die publiek met entoesiasme aangegryp en, wil ek byvoeg, selfs deur 'n paar agb lede in die opposisiebanke. Regdeur al ons nege beleidsdoelwitte is die goue draad wat daarop gemik is om die gehalte van lewe van al die burgers van die Wes-Kaap te verbeter.

Ek wil 'n paar voorbeelde gee. Daar is 68 projekte wat in hierdie Provinsie aan die gang is, met 'n aanvanklike inspuiting van R5,1 miljoen van die Nasionale Armoedeverligtingsfonds, met die oog op armoedeverligting. Meer as 100 gemeenskapsontwikkelingsprojekte in die mees gemarginaliseerde gemeenskappe word deur hierdie Provinsie befonds. Dit is almal projekte gemik op organisatoriese ontwikkeling, vaardigheidsopleiding, werkskepping en menslike hulpbronontwikkeling.

'n Program vir werklose vroue met kinders onder die ouderdom van vyf jaar is ingestel. Die twee projekte in Crossroads en Beaufort-Wes baat reeds honderde mense. Die projekte is almal gemik op inkomstegenerering.

Me die Voorsitter, die koalisieregering se belofte aan die mense om ons program vir regering binne 100 dae uiteen te sit, is ruim voor die keertyd in September verlede jaar gedoen. Ons is die enigste Provinsiale Regering wat ons planne vir openbare skrutinering op 'n tafel geplaas het toe ons die Kabinet Pacaltsdorp toe geneem het. Waarom? [Tussenwerpsels.] Luister weer. Waarom? Omdat ons wil h dat die mense daar buite moet weet wat ons doen. Ons is deursigtig en ons is verantwoordbaar. Hierdie planne is onderskraag deur die Begroting wat verlede week deur die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning in die Huis ter Tafel gel is.

Ek wil nou oor regering aan die mense praat. My verbintenis tot verantwoordbaarheid en deursigtigheid het my gemotiveer om ons Regering-na-die-Mense projek te loods. Ek glo, en ek weet, dit was 'n reuse stap in die regte rigting vir ons Provinsie. Deur die Kabinet na die mense te neem, betrek ons ons mense by die bestuur van ons Provinsie. Ons hoor eerstehands wat hulle probleme is en hoe ons dit moet aanspreek. Ek s vir die nie-ANC agb lede in die Huis: dit is betreurenswaardig en afkeurenswaardig dat die ANC die mense hulle reg probeer ontneem om ingelig te wees en hulle s te s, soos wat hulle by Pacaltsdorp gedoen het. Ek is jammer die agb lid mnr Dugmore is nie vandag hier nie. Ons het baie by ons eerste Kabinet-na-die-Mense-vergadering by Pacaltsdorp geleer.

Me die Voorsitter, ons het kennis geneem van sommige van die punte van kritiek wat die opposisie geopper het. Maar die gedagte van die oefening is om konstruktiewe idees uit te ruil, nie om politiek modder te gooi nie. Hierdie Regering wil met die leiers van alle gemeenskappe kommunikeer, ongeag die partye wat hulle verteenwoordig. En ons verwag dat dit op 'n opbouende manier gedoen word.

Dit was die Amerikaner, James Weldon Johnson, wat ges het:

A country can have no more democracy than it accords and guarantees to the humblest and weakest citizen.

Daar sal vanjaar vier verdere Kabinet-na-die-Mense vergaderings wees. Dit sal veral ons landelike gemeenskappe insluit. Ek hoop opreg dat ons ondersteuning en konstruktiewe insette van die ANC in hierdie verband sal ontvang. Die belangrikste bly Batho Pele, Diens aan die Mense.

Me die Voorsitter, 'n ander komponent in my departement is di van die agb Minister in die Kantoor van die Premier verantwoordelik vir die Geslagsgelykheidslessenaar, die Gestremdeslessenaar en die Jeuglessenaar. Die agb Minister moet nie te oorbluf word nie. Hulle het reeds my kop gevra, en hulle het die Kabinet se kop gevra. Soos wat die agb lid mnr Isaacs ges het, "Hulle tokkel die snaar." Hoe het hy ges?
Mnr N M ISAACS: Hulle tokkel dieselfde ou snaar.

*Die PREMIER: Hulle tokkel dieselfde ou snaar. Die agb Minister kan dit ook oor die volgende paar jaar verwag. Sy moet nie oorbluf raak nie. Sy moet haar werk doen. Die snaar sal nog getokkel word.

Me die Voorsitter, die Nasionale Jeugkommissaris van die Provinsie Wes-Kaap is verlede November aangestel en staan nou aan die hoof van die provinsiale Jeuglessenaar. Hy werk nou aan 'n jeugstrategie vir hierdie Provinsie. Die Geslagsgelykheids- en Gestremdeslessenaars is albei aan die gang en fokus op provinsiale bewustheidsprogramme wat aansluit by nasionale en internasionale dae. Hulle is reeds besig met 'n bewustheidsveldtog vir Nasionale Vrouedag op 9 Augustus 2000, die Nasionale Jeugdag op 16 Junie 2000 en die Internasionale Dag vir die Gestremdes op 3 Desember 2000.

Van internasionale dae gepraat, ek wil 'n beroep op die mense van die Provinsie Wes-Kaap doen om in groot getalle na vore te kom en standpunt in te neem teen geweld, veral geweld teen kinders, vroue en ons senior burgers. Internasionale Vrouedag word op Woensdag, 8 Maart gevier. Dit is die ideale dag om so 'n standpunt in te neem. Alle mans, as die tradisionele en historiese beskermers van vroue, moet opstaan vir die regte van vroue. Mans moet nooit skuldig wees aan geweld op en mishandeling van vroue nie.

Ons Skepper het vroue 'n wonderlike plek in die skema van dinge in hierdie lewe gegee. Haar plek moet gekoester en gerespekteer word. Geweld het 'n plaag in ons land geword. Min respek word aan gans te veel lewens betoon. Hierdie verfoeilike onsensitiwiteit teenoor andere, of dit hulle lewens, hulle eer of hulle besittings is, het soos 'n kanker in die Suid-Afrikaanse samelewing gegroei. Daarvan getuig die groeiende misdaadstatistiek en groeiende voorkoms van mishandeling en geweld teen vroue, kinders en ons senior burgers. Ek glo die wortel van die kanker wat soveel besmet het, l in hulle disrespek vir vroue. 'n Dag soos Internasionale Vrouedag vra dat daar ernstig gekyk word na en sterk standpunt ingeneem word teen geweld.

'n Ander spesiale dag is die Internasionale Dag vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie, maar ek sal later daarby kom.

Ons het nou ook 'n provinsiale strategiedokument oor persone met gestremdhede, terwyl die eerste provinsiale Geslagsoudit aan die nasionale Kantoor vir die Status van Vroue voorgel is.

My departement sluit die Korporatiewe Dienste-komponent in, waarvan die personeelfunksie na die agb Minister van Vervoer en Werke gedelegeer is. Die Korporatiewe Dienste-komponent hanteer ook transformasiesake en menslike hulpbronne.

Me die Voorsitter, daar word ges dat leierskap aksie is, nie posisie nie, en dat bestuur is om deur voorbeeld te lei, nie om deur vrees gedryf te word nie.

Dit som die filosofie onderliggend aan die nuwe bestuursmodel in ons Provinsie op. In 1997 en 1998 was wysigings aan die Staatsdienswet daarop gemik om die sentralisering van die Staatsdiens te oorkom deur die beheer van werkorganisasie, waar nodig, na uitvoerende owerhede te verskuif. Die grootste uitdaging aan die nuwe bestuursraamwerk was nie 'n stel rels en regulasies wat bemeester moes word nie, maar dat dit 'n paradigmaskuif geverg het van 'n relgebonde na 'n resultaat-georinteerde kultuur. Terwyl stelsels en prosedures steeds belangrik is, moniteer beheermaatrels nou die gehalte en doeltreffendheid van dienste om die beste waarde vir geld te verseker.

Sterk klem word geplaas op die skep van 'n omgewing wat die nuwe bestuursmodel sal bevorder en ondersteun om ons besondere behoeftes en omstandighede in die beste belang van die Wes-Kaap en al sy mense te akkommodeer. Hierdie oorgang na die nuwe bestuursmodel word op 'n strategiese en gestruktureerde manier bestuur. Die model word deur die Staatsdiensregulasies, 1999, ondersteun, en is sentraal tot Staatsdienshervorming.

Die Wet op Diensbillikheid doen 'n beroep op elke provinsiale beleidsraamwerk, bestuursbeplanningsinisiatief, operasionele plan, en so meer, om die langtermynhervormingsdoelwitte aan te spreek. Die Staatsdienswet en die Wet op Diensbillikheid het nuwe perspektiewe en duidelike rigting aan transformasie en hervormingsprosesse gegee en die behoefte beklemtoon om die nasionale voorskrifte gepas volgens die unieke behoeftes van ons Provinsie aan te pas.

Daar is derhalwe opnuut na die transformasieproses in ons Provinsie gekyk en 'n prioriteitsfokus is op verdere hervormingsinisiatiewe geplaas. 'n Aantal nuwe rolspelers - 'n transformasie-eenheid - is getaak met die alles oorheersende strategiese verantwoordelikheid om oor hervorming advies te gee, dit te moniteer en te lei, alles met behoorlike inagneming van die interne bestuurstrukture, Kabinet en georganiseerde arbeid. Bestaande strukture is hersien, terwyl verantwoordelikheid vir hervorming in elke uitvoerende owerheid, departementshoof en senior bestuurder gesetel is. Hervorming word ingesluit as een van die sleutelprestasie-areas in elke senior bestuurder se prestasie-ooreenkoms, en ek het van SKOF en weer vandag gehoor dat die staande komitee vir prestasie-ooreenkomste gevra het. Ons het absoluut geen beswaar daarteen nie. Ek weet my vriend die Leier van die Huis glo dit is onkonstitusioneel, maar as hulle dit wil sien, kan hulle daarna kyk.

Me die Voorsitter, wat transformasie betref, is ek op rekord dat ek groter verteenwoordiging in die Wes-Kaapse Administrasie wil sien. 'n Ander verbintenis is verantwoordbaarheid en deursigtigheid, en dit bring my by my interne ouditkomponent.

Die forensiese ouditspan het in die afgelope jaar wesenlike suksesse behaal ten einde bedrog en korrupsie te bekamp. Enkele suksesse sluit die volgende in: diefstalle van mediese voorrade het in die afgelope drie jaar geweldig toegeneem in die vorm van sindikaatbedrywighede. Een van hierdie sindikate is met die hulp van SANAP oopgevlek. Verliese wat in die verlede gely is, word op R10 miljoen per jaar beraam. Die busvervoerskemas is een van die grootste kopsere van die Departement van Onderwys, en verskeie inisiatiewe het sukses behaal. Onrelmatige toekenning van tenders is gedentifiseer en beindig. Onpadwaardige busse is geskrap en oorbetalings van R4,5 miljoen is in die proses van verhaling. Die 24-uur bedroglyn genereer ongeveer 20 oproepe maandeliks. Daar is reeds 220 sake ondersoek die afgelope 30 maande, waarvan ongeveer 50% voltooi is. Die totale moontlike verhalings beloop ongeveer R5 miljoen, alhoewel die verhalings in verskeie stadiums van invordering is.

*Soos wat agb lede waarskynlik weet, en ek het in my Openingsrede in detail daarna verwys, ontvang ons Provinsie aansienlike tegniese en ander vorms van internasionale bystand om hoofsaaklik projekte te vestig en te bestuur wat daarop gemik is om die benadeeldes en armes van hierdie provinsie te help. Die goewerneur van Opper-Oostenryk, dr Phringer, het my pas besoek om verdere impetus te verleen aan etlike gesamentlike opheffingsprojekte. Ek het in my Openingsrede na hierdie inisiatiewe verwys, tot ergernis van die agb Leier van die Opposisie wat graag sommige Gullivers-reise self wou vertel. Ek is ten volle van voorneme om bestaande en nuwe internasionale samewerkingsooreenkomste uit te brei. [Tussenwerpsels.] Dit is wat die agb Leier van die Opposisie ges het. Ek het hom gehoor. Klaarblyklik, as dit in ons Provinsie se belang is, sal ons dit doen. Internasionale sowel as nasionale regeringsverhoudinge word nou deur die komponent interowerheidsverhoudinge in my Kantoor hanteer. Die Huis ken my verbintenis tot goeie interowerheidsverhoudinge.

Me die Voorsitter, ek het vir die Huis 'n bre oorsig gegee van wat my departement doen en hoe dit geld bestee. Kom ons kyk na die toekoms. Ek wil agb lede graag 'n oorsig gee van die 2000-01-begroting wat die driejaar MTEF-siklus insluit, soos deur die agb Minister aangedui.

Die Departement van Provinsiale Administrasie het op verskillende terreine, soos internasionale, nasionale, provinsiale en plaaslike betrekkinge, ons interne oudit en ons menslike hulpbronbestuur, 'n aantal suksesse behaal. Dit was 'n ander Amerikaner, Frederik Douglas, wat ges het:

When we are noted for enterprise, industry and success, we shall no longer have any trouble in the matter of civil and political rights.

Dit is so waar. Wie het dit voorheen in hierdie Huis ges? 'n Mens kan politieke vryheid h, maar vir dit om betekenisvol te wees, is dit van ekonomiese bemagtiging afhanklik.

Ons het ten opsigte van besparings goed gevaar. Ek glo egter die uitbreiding van die interne oudit sal tot selfs meer besparings lei. Verhoogde fokus op interowerheidsverhoudinge, veral internasionale, kan meer finansile hulp en belegging vir hierdie provinsie genereer. Die uitbreiding van ons menslike hulpbronkapasiteit, soos addisionele befondsing vir beurse en die meer produktiewe gebruik van ons Kaapse Administratiewe Akademie by Kromme Rhee is maar slegs 'n paar voorbeelde van hoe ons selfs verder kan verbeter.

Me die Voorsitter, aangesien hierdie 'n begrotingsdebat is, wil ek graag na die nasionale Minister van Finansies se Begrotingsrede verwys. Ek wil hom gelukwens met 'n moeilike taak wat hy redelik goed verrig. As bewaker van hierdie Provinsie voel ek egter dat die Wes-Kaap weer eens aan die kortste ent trek.

Dit laat my aan 'n ander klem dink wat 'n mens op Standards and Poor kan plaas as jy hul jongste verslag in aanmerking neem. Dit skyn dat die standaarde wat deur SA Statistiek toegepas word, daartoe lei dat ons armer word. Ek sal aanstons meer oor Standards and Poor s, want ek dink dit verdien verdere kommentaar.

Net soos die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het ek groot probleme om die bevindings van SA Statistiek te aanvaar dat die Wes-Kaap die enigste provinsie is wat 'n krimpende bevolking het, vergeleke met al die ander provinsies. Ek het dit voorheen ges, en ek s dit weer, ek glo dit is absolute onsin.

Is daar enigeen aan enige kant van die Huis wat van mening is dat ons vandag minder mense in hierdie provinsie het as wat ons met die laaste bevolkingsensus gehad het? As hulle met my verskil, moet hulle so s.

'n AGB LID: Tokkel die snaar.

Die PREMIER: Tokkel die snaar.

*Me die Voorsitter, hoewel ons dankbaar is dat ons deel van die nasionale Begroting na bewering met 1,8% gestyg het, moet ek die vraag vra: waarom, volgens Idasa se Begrotingsinligtingsdiens, is die algehele verhoogde toekenning aan al die ander provinsies, behalwe een, 4% en kry ons slegs 1,8%? Ek glo nie vir 'n oomblik dat dinge sal verbeter nie. Die uitslag van die onlangse sensus, waarvolgens ons wonderbaarlik 161 000 mense verloor het, is ingefaseer in die berekenings tot by die 2003-begroting. Dit beteken dat toewysings aan ons provinsies aansienlik sal bly verander. As die uitwerking van inflasie in aanmerking geneem word, sal die Wes-Kaap se aandeel effektief met 9% verminder, volgens Idasa se Inligtingsdiens.

Me die Voorsitter, die 1999-2000-begroting is weens die sensussyfers R133 miljoen minder as wat dit moet wees. Die 2000-01-begroting is R456 miljoen minder en in die jaar 2002-03 is dit R561 miljoen minder. Nadat daar vir verbeterde diensvoorwaardes voorsiening gemaak is, is die direkte uitwerking R24 miljoen minder vir vanjaar, R266 miljoen minder vir die 2000-01-boekjaar en R369 miljoen minder in die 2002-03-boekjaar. Dit bly steeds 'n klomp geld as ons in ag neem wat ons tot die nasionale fiskus bydra.

Dit sal ons beste pogings om aan veral die voorheen benadeelde gemeenskappe reg te laat geskied, ernstig belemmer.

*Wanneer die uitslag van die onlangse sensus tussen die 1999- en 2003-begrotings infaseer word, sal die Oos-Kaap 4% minder van die algehele toewysing kry - weer eens volgens Idasa. Ek kan dit verstaan. Hulle verloor elke maand duisende mense en hulle kom almal Wes-Kaap toe. Ons aanvaar hulle, maar dan wil ons ook h dat hulle deel van die formule moet wees wat hulle hier in die Wes-Kaap in aanmerking neem, waar ons onderwysfasiliteite, mediese sorg en algemene dienste voorsien. Dit is 'n feit dat die Wes-Kaap dienste voorsien vir mense wat uit armer gebiede migreer en dit behoort behoorlik in ag geneem te word wanneer die Begroting verdeel word. Dit is soos om Peter te beroof om Paul te voed, terwyl Paul sy kinders stuur om by Peter se tafel te eet.

Ek het nie 'n probleem met die formule wat volgens die spesifieke behoeftes van die bevolking, skoolgaande kinders en tekort aan hospitale vasgestel word nie. Dit is net dat die syfers wat bevolking, skoolgaande kinders en hospitale in ons geval - en net in ons geval - betref, onderskat word. [Tussenwerpsels.] Ek moet vir daardie agb lid s dat ek nie sy snert hoor nie. Hy kan aangaan.

*Me die Voorsitter, ek stem saam met die argument dat sommige van die mense wat hulle hier vestig, produktief aktief is en tot die ekonomie kan bydra, maar ek moet eers oortuig word dat hierdie mense nie bloot 'n druppel in die migrasie-emmer verteenwoordig nie. Ons moet die sensussyfers hersien om die ware behoeftes vir lewering te weerspiel. Ek sal binnekort met SANCO, sowel as ander gemeenskapsgerigte organisasies en civics in informele nedersettings beraadslaag om hul menings te kry.

Vergun my 'n paar woorde oor MIV/Vigs voordat die ANC my daarvan beskuldig dat ek hierdie groot bedreiging ignoreer. [Tussenwerpsels.] Me die Voorsitter, ek dink dit is baie belangrik; die ANC moet luister. Terwyl ons aan die gang is om die MIV/Vigs-epidemie te beveg deur middel van die medikasie AZT en deur middel van 'n nuwe Wes-Kaapse program wat daarop gemik is om Vigs-babas en kinders wat MIV-positief is te behandel, baklei die nasionale Regering steeds oor die oorsake van Vigs. Nou wil die Regering mense in sy paneel van Vigs-kenners aanstel wat glo AZT is werklik die oorsaak van Vigs. Intussen sterf mense wat nooit AZT gebruik het nie daar buite aan Vigs. Is dit die Regering se nuwe boodskap? Die vraag is verlede week in 'n hoofartikel in die Cape Times gestel. Dit moet in alle erns beantwoord word.

Ek wil nou graag terugkom op die kwessie van die hor Standards and Poor-beoordeling wat Suid-Afrika so pas gegee is. Hierdie hor beoordeling, wat gelyk is aan een kerf, kwalifiseer Suid-Afrika effektief vir 'n plek in die sonskyn van potensile nuwe beleggingskapitaal van internasionale fondsbestuurders. Ons het bewys gelewer dat ons ons Fiskus kan bestuur, en die internasionale beleggingsgemeenskap het ons paslik beloon. Meer beleggingsgeld mag nou van oorsee na ons banke vloei, wat daartoe mag lei dat die druk op lenings verlig word. Dit is 'n goeie begin, maar ons gaan 'n bietjie meer nodig h as die een kerf van Standards and Poor. Ons gaan 'n kerf of twee nodig h van die "big guns" wat ons ware potensiaal sal toon.

Ek wil weer die kwessie van rassisme aanspreek. Ons gedenk Internasionale Dag vir die Uitwissing van Rassediskriminasie later vandeesmaand. Dit is 'n dag wat ernstig bejen moet word. Trouens, elke dag moet ernstig bejen word om rassisme uit te wis. Dalk sal ons eendag, wanneer rassediskriminasie waarlik uitgewis is, in staat wees om die dag te vier eerder as om dit te gedenk. Ek wil dus, as 'n saak uit my hart, my pleidooi aan agb lede aan beide kante van die Huis herhaal. Hulle moet kleinlike politiek opsy skuif en hulle by ons wat 'n helder visie vir die toekoms van die Wes-Kaap het, aansluit.

Ek is die laaste persoon wat sal voorgee dat daar geen rassisme in hierdie land of in hierdie provinsie is nie, en ek het dit met die President opgeneem. Maar om ou haat en verhoogde intergroep-verskille in ons provinsie aan te wakker, sal hoegenaamd nie daartoe bydra om die probleem aan te spreek nie. Ons moet wegkom van die pre-1990 bevrydingsretoriek. Ons kan nie langer deur bitterheid verswelg word nie. Dit is nie die ANC se eksklusiewe voorreg om 'n einde aan die bitterheid van die verlede te verklaar, of hulle eksklusiewe voorreg om oor rassisme kommentaar te lewer en hulle daaroor uit te spreek nie. Almal van ons wat nie lede van die ANC is nie, het ook die reg daartoe. Ek wil weer eens die ANC nooi om hulle by ons, en die res van die wreld, in die 21ste eeu aan te sluit.

Ek wil my pleidooi aan die mense herhaal om hul woorde te kies. Hierdie pleidooi is veral gemik op mense wat hulself in leiers- en ander invloedryke posisies bevind. Onthou, om 'n Lid van die Parlement te wees, gaan nie net daaroor om op 'n lekker sagte sitplek in die Huis te sit nie. As openbare verteenwoordigers moet ons nie net verantwoordelik optree, deursigtig, verantwoordbaar, waardig en korrek wees nie, maar ons moet die voorbeeld aan die jeug en ons gemeenskappe daar buite stel, wat baie belangrik is. Ons jeug moet na hul leiers kan opsien, hulle moet hul menings, hul gedrag kan respekteer. Hulle moet kan sien dat daar dissipline is. Die Nuwe NP staan vir dissipline. Ek is trots om die leier en deel van 'n gedissiplineerde party te wees.

Wanneer daar 'n gebrek aan dissipline is, bied dit 'n swak fondament waarop ons toekoms gebou kan word. En wat dalk belangriker is - wanneer God nie meer 'n rol in 'n mens se lewe speel nie, glo ek daar kan geen toekoms wees nie. God speel die belangrikste rol in my lewe, daarom glo ek in die toekoms van ons provinsie, ons land en ons kontinent. Ek sal God bly vra om my te help, met sy leiding en krag, en my die wysheid te gee om hierdie provinsie te bestuur. Dit doen egter nie afbreuk aan die noodsaaklikheid dat ons almal ons moet toewy aan die verbetering van die gehalte lewe vir al die mense van ons provinsie nie. En selfs al is daar diegene wat nie in God glo nie, hoe kan hulle nie al die ondersteuning wil h wat hulle kan kry om die lot van die mense van hierdie provinsie te verbeter nie?

Laat ons die nuwe jaar binnegaan, en ek bedoel ons almal in die Huis, en vasberade wees om 'n verskil te maak, gedissiplineerd om te lewer, gretig om te help, opgewonde oor die baie geleenthede daar buite en toegewy om te dien.

Me die Voorsitter, met 'n gemeenskaplike wil om 'n gemeenskaplike doelwit te bereik, met my 2020-visie wat reeds vorm begin aanneem en begin werk, laat ons dit die begeerlikste plek maak om in te woon, om sake te doen, om in te werk en te besoek. Ek glo as ons dit doen, kan ons suksesvol wees. [Toejuiging.]

Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: Me die Voorsitter, soos reeds in die Huis beklemtoon, weet ons dat 'n begroting die resultaat is van 'n beplanningsproses, uitgedruk in finansile terme, en in geen onduidelike taal nie behoort dit die prioriteite van enige operasionele eenheid te reflekteer.

Me die Voorsitter, ek is baie ontvanklik vir kritiek, veral as dit opbouende kritiek is. Ten spyte van die afbrekende kritiek wat ek oor die afgelope tyd ontvang het, asook die kwaadwilligheid, hoop ek tog dat die begroting wat ek aan die Huis gaan voorl, reg sal laat geskied aan die belangrike groeperinge waarvoor ek verantwoordelik is, te wete die vrou onder die Geslagsgelykheid Lessenaar, die gestremdes onder die Regte van die Gestremde Lessenaar en die jeug, asook die armes in die gemeenskap wat ook onlangs aan my opgedra is.

Ek moet s, die Wes-Kaap spog met 'n uitmuntende begrotingsrekord. Danksy die deeglike begrotingsbeheer wat dr Barnard en sy span toepas, kon die Wes-Kaap die korrupsielas - en dit is voor die hand liggend, en almal praat daarvan - wat die meeste van die ander provinsies laml, vryspring. Ek dink die Wes-Kaap is bevoorreg om die mees ervare Direkteur-generaal in die land in die persoon van dr Barnard aan die stuur van sy administratiewe sake te h. Ek is van mening dat hy en sy regterhand, dr J C Stegmann, van Finansies ho lof verdien vir die manier waarop hulle gesonde finansile bestuurspraktyke in die PAWK in stand hou. Die feit dat die mees kritiese media geen vinger na die Wes-Kaap kan wys nie, is te danke aan die deeglike beplanning en bestuur wat deur die amptenare van die Provinsie toegepas word.

Wat my begroting betref, wil ek 'n uitnodiging rig aan enige agb lid wat vandag in die Huis teenwoordig is, en ek wil eintlik 'n uitdaging rig aan hom of haar om op te staan as hy of sy van mening is dat die regte van die gestremdes, die bemagtiging en ontwikkeling van vroue, asook jeugontwikkeling, nie oor baie jare heen in hierdie provinsie en ook in die res van die land afgeskeep was nie. Ek is dankbaar om te kan s dat die Wes-Kaapse Regering reeds in 1998, met my aanstelling as Minister, sy voet neergesit het en 'n doelgerigte besluit geneem het om die regte van gestremde voluit uit te bou, en so ook die bemagtiging en ontwikkeling van vroue en die jeug.

Wat die bemagtiging van vroue betref, asook hul regte op vele terreine, is ek dankbaar om te kan s dat dit 'n aspek is wat oor die afgelope tyd regoor Suid-Afrika geweldig baie veld gewen het. Ek glo dat die Wes-Kaap nog meer sal bydra om vir die vrou, die gestremdes en die jeug hul regmatige plek in die samelewing te beding. Ek sal my dus volgehou beywer om alle regeringstrukture - plaaslik, provinsiaal en nasionaal - positief te probeer benvloed en te beding vir die vooruitgang, ontwikkeling en vrede van almal in die provinsie.

Ek wil vir die agb lid mnr N M Isaacs s dat die ANC darem nog 'n snaar gekry het waarop hulle kan tokkel, en dit is die besigheidsplan-snaar. Oor die beskuldiging - en ek moet dit vandag regstel - dat ek nie oor besigheidsplanne vir my portefeuljes beskik het nie, wil ek graag die volgende opmerking maak. Ek wil hulle verwys na die twee Kabinetsbosberade wat 'n tyd gelede gehou is, waarvan hulle almal nog hopelik bewus is of kennis dra, tensy hulle na die verkiesing in 'n politieke winterslaap verval het. Tydens die tweede bosberaad het ek die besigheidsplanne vir die spesialis lessenaars wat ek in die vooruitsig gestel het, met my kollegas in die Kabinet gedeel. Daardie agb lede is bewus van die 100 dae-mediavoorligting. Hulle is bewus van my voorlegging in die Huis oor di aangeleentheid, waartydens ek my besigheidsplan hier gehad het en gewys het. Ek kan nie dink waarom daar so op daardie snaar getokkel word nie.

Ek doen 'n beroep op agb lede van die opposisie om hulle argumente tot getoetste feite te beperk en nie onwaarhede, oftewel leuens, uit hul duime te suig nie. [Tussenwerpsels.] Mense wat met leuens omgaan, is leuenaars, en dus ... [Tussenwerpsels.] Me die Voorsitter, ek gaan my nou aanmatig om dit kategories uit te spel. Dit is jammer die agb lid me Essop is nie hier nie, en ook nie die agb lid mnr Ozinsky nie - hy het ook weggehardloop.

Mnr M L FRANSMAN: Daar sit hy.

Die MINISTER: O, hy is hier. [Tussenwerpsels.] Daar is hy. Ek wil vir hulle en vir die agb lid mnr Strachan s - hulle wat my so vals beskuldig het - dat hulle inderdaad infame leuenaars is. Die Hansard bewys dit. [Tussenwerpsels.] Die roekelose omgang met die feite kan weer vir hulle 'n verleentheid word, soos wat in die verlede gebeur het.

*Mnr L RAMATLAKANE: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: is dit parlementr dat die agb Minister drie agb lede as leuenaars beskuldig?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Nee. Ek vra die agb Minister in die Kantoor van die Premier om dit terug te trek, want dit is nie parlementr om iemand 'n leuenaar te noem nie.

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek sal dit terugtrek, maar ek verwys u ook na Hansard.

*Mnr L RAMATLAKANE: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: dit is 'n voorwaardelike terugtrekking.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Nee, die agb Minister moet dit asseblief onvoorwaardelik terugtrek.

*Die MINISTER: Ek doen dit, me die Voorsitter.

Ek het reeds heelwat navorsing gedoen, en dit is met betrekking tot my portefeulje - di van Armoedebestryding, waarvoor ek ongelukkig drie weke gelede gevra is om verantwoordelikheid te aanvaar. Ek is baie eerlik as ek s ek is besig om my daar in te grawe. Ek het reeds heelwat navorsingsinligting bekom, waaroor ek later in my toespraak sal uitbrei.

Ek stem met die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme saam, dat armoede veel meer is as 'n brood-en-botter-kwessie. 'n Mens moet dit dieper definieer. Die armstes onder die armes in hierdie land en in die provinsie is deur omstandighede van alle regte ontneem. Ons stem daaroor saam.

Ek wil graag 'n eenvoudige voorbeeld noem. Die armstes van die armes beskik nie eens oor die geld om staafkode identiteitsdokumente te bekom nie en kan dus nie hul politieke regte uitoefen nie. [Tussenwerpsels.] Daarom verbaas dit my dat party lede van die opposisie so te kere gaan en te velde trek teen die Kabinet se poging om mense wat ontkieser was, juis vanwe die feit dat hulle nie die fondse gehad het om daardie identiteitsdokumente te kan bekom nie, te help om hul demokratiese reg, ... [Tussenwerpsels.] ... die reg om te stem, uit te oefen. Dit is verskans in die nasionale Grondwet.

*Ek kom vervolgens by die werklike syfers. Die verminderde geprojekteerde begroting vir die 1999-2000-boekjaar vir my Kantoor was R664 000. Ek s, "die verminderde begroting". Die volle bedrag sal teen die einde van hierdie boekjaar bestee wees. Die sleuteluitsette wat in die 1999-2000-boekjaar aangespreek is, is die volgende: die instelling van departementele en provinsiale strukture - dit is die departementele fokuseenhede; die ontwikkeling van ondersteunende dokumente; uitbou van netwerkverbindings; kommunikasie en bewusmakingsprogramme; en geslags- en gestremdheidswerkswinkels met die PAWK-personeel.

Steeds in die huidige boekjaar sal die lessenaars gesamentlik fokus op die volgende projekte. In die eerste plek is daar die bemarking van die werksaamhede van die lessenaars, waarop ek graag wil fokus. Die ontwikkeling en verspreiding van inligtings- en bulletinborde en brosjure aan veral al die PAWK-kantore sal so gou as moontlik afgehandel word, om sodoende die lessenaars en hul werksaamhede bekend te stel aan die personeel van die PAWK. [Tussenwerpsels.] Die verspreiding van die inligtingsborde sal by wyse van 'n "road show" geskied, om sodoende die personeel van die Administrasie te sensiteer ten opsigte van die doelstellings en werksaamhede van die onderskeie lessenaars.

Die volgende program is die MIV/Vigs-bewusmakingsprojekte. Die lessenaars in my Kantoor sal ook deelneem aan spesifieke bewusmakingsprojekte in vennootskap met die ander departemente en eksterne rolspelers. Die fokus met betrekking tot hierdie projekte is spesifiek gerig op die vroue en die jeug.

*In die 2000-01-boekjaar sal my Kantoor op drie belangrike terreine fokus: konsolidasie ter gekordineerde en gentegreerde diensvoorsiening; ons gedagtes en besprekings oor gentegreerde planne, beleidsformulering en praktiese riglyne; en die stel van standaarde. Dit wat gedurende die 1999-2000-boekjaar gemoniteer en gevalueer is, sal gedurende die 2000-01-boekjaar gekonsolideer word.

Agb lede moet in gedagte hou dat die 1999-2000-boekjaar as 'n kruipstadium vir die lessenaars gesien moet word. Ons het inligting van alle belanghebbers bekom, bekend geraak met prosedures, sekere metodes en gevestigde netwerkverbindings en vennootskappe getoets, nie net met eksterne en interne rolspelers en ander departemente nie, maar ook met die nasionale Regering, met wie ek sedert my aanvaarding van my pos in 1998 ten nouste saamwerk.

Me die Voorsitter, as ons al hierdie leerervaring saamvat en konsolideer, kan hierdie Kantoor meer doeltreffend bydra en konstruktief tot die nuwe formaat Begrotingspos 1: Premier, Direkteur-generaal en Korporatiewe Dienste bydra, want ons het 'n duidelike visie en rigting en ons het 'n sakeplan. Laat ons dit eens en vir altyd verstaan.

Met dit in gedagte, en in samewerking met die amptenaar verantwoordelik vir transformasie, sal die inisiatiewe van die lessenaars gesamentlik fokus op beleidsontwikkeling vir die verskillende fokusareas van die lessenaars, ontwikkeling van monitering- en evalueringstelsels vir interdepartementele gentegreerde programme van aksie; ontwikkeling van 'n algehele kommunikasiebeleid; bewusmakingsveldtogte; en die bevordering en stemmingmaking oor beleid.

Ons sleutel- meetbare uitset teen die einde van die 2000-01-boekjaar, dit is 31 Maart 2001, is dat hierdie beleid en ondersteuningsdokumente ontwikkel sal wees ten einde uitvoering te gee aan 'n goed gekordineerde en gentegreerde diens.

Wat die begrotingstoewysing hiervoor betref, sal al bogenoemde, behalwe die ontwikkeling van die moniterings- en evalueringsmiddel, binnehuis ontwikkel en geformuleer word. Die rede vir die uitsondering is dat eksterne insette kritiek sal wees en omdat die begrotingstoewysing een van die mees omstrede sake is.

Wat die lessenaar-spesifieke programme betref, sal die lessenaars individuele programme implementeer ten einde hulle spesifieke doelwitte te verwesenlik. Hierdie programme sal op grondvlak genisieer en gemplementeer word op die grondslag van vennootskappe met en ondersteuning vir ander departemente en rolspelers in die burgerlike samelewing.

Wat die sleutel- meetbare uitsette betref, sal ons teen die einde van die 2000-01-boekjaar poog om die aksie of die stappe wat nodig is om die individuele doelwitte van elke lessenaar te verwesenlik, suksesvol te implementeer.

Die sleuteldoelwitte vir die Armoedeverligtingsportefeulje is om sekere aspekte te bepaal. Dit is die direktief en instruksie wat die konsultant sou h, as hy aangestel sou gewees het. Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het agb lede reeds 'n uiteensetting en die rasionaal gegee oor waarom ons nog nie daardie sakeplan in plek het nie.

Wat bepaal moet word, is: die definisie van armoedeverligting, die plasing van die armoedeverligtingsportefeulje binne die Provinsiale Administrasie, die vereiste struktuur en infrastruktuur van hierdie portefeulje, die ontwikkeling van 'n beleidsdokument oor provinsiale armoedeverligting, die formulering en ontwikkeling van 'n beleidsdokument vir armoedeverligting en die formulering en ontwikkeling van 'n sakeplan vir die Armoedeverligtingslessenaar.

As 'n sleutel- meetbare uitkoms teen 31 Maart 2001, sal ons poog om suksesvol 'n beleidsdokument en sakeplan ontwikkel te h ten einde die reeds ingestelde Armoedeverligtingslessenaar te bemagtig en die aksies in die sakeplan uiteengesit, te implementeer. Die volgende moet reggestel word: dit is vroer gemeld dat daar 'n mate van duplisering van transformasie-inisiatiewe deur die Direktoraat: Korporatiewe Dienste en hierdie Kantoor is.

Wanneer ons oor transformasie praat, is dit belangrik om tussen drie belangrike sake te onderskei ten einde duidelikheid te kry. Transformasie soos wat dit betrekking het op die brer Provinsiale Administrasie, wat tans die verantwoordelikheid van die Direktoraat: Korporatiewe Dienste as die leidende departement is; transformasie as 'n ondersteuningsfunksie van die drie lessenaars in soverre dit betrekking het op geslagsgelykheid, die regte van die gestremdes en ook jeugontwikkeling; en die monitering en evaluering van vordering wat binne staatsdepartemente gemaak word ten opsigte van alle transformasie-inisiatiewe, wat tans die verantwoordelikheid van my Kantoor is.

Die stelling dat daar geen algehele sakeplan vir hierdie Kantoor is nie, is die ander punt wat ek wil regstel, soos wat ek vroer ges het, maar ek moet vir agb lede 'n duidelike prentjie skilder. Gedurende die 1999-2000-boekjaar is die volgende sakeplanne ontwikkel: 'n algehele sakeplan vir hierdie Kantoor, wat die volle bedrag ingesluit het wat begroot is vir projekte van R1,664 miljoen, en individuele sakeplanne vir elke lessenaar, wat die projekverbintenis met die sleuteluitsette aandui, wat R400 000 vir elke lessenaar beloop. [Tussenwerpsels.] Me die Voorsitter, sal daardie agb lid my toelaat om klaar te maak?

Hoewel die sakeplanne vir die drie lessenaars in plek was, is R1 miljoen van die projekbegroting van my Kantoor opgeskort en aan die Manenberg-rampfonds toegewys en nie vir kieserregistrasie nie. Ek wil op hierdie punt aanhaal wat die agb lid mnr Strachan op Dinsdag, 15 Februarie 2000 ges het. Dit was geheel en al buite konteks en nie die waarheid nie. Hy het ges, en ek haal uit Hansard aan:

Thirdly, we charge this Cabinet with incompetence. The hon Minister in the Office of the Premier had no business plan, so she had to transfer R1 million for voter registration. The only reply she could give was that she had a shortage of staff and directors to draw up that business plan.

Me die Speaker, u het my reeds tereggewys en soos 'n gedissiplineerde lid van die Huis sal ek nie weer s die agb lid is 'n leuenaar nie, maar as 'n mens gaan kyk na wat in die Hansard staan en waarmee hulle tot dusver volgehou het en op dieselfde snaar tokkel, kan ek nie verstaan dat hulle nog nie met iets anders ook vorendag gekom het nie.

*Mnr G R STRACHAN: Wys ons u sakeplan!

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, as gevolg van die feit dat die lessenaars eers gedurende die tweede helfte van 1999 ingestel is en die Jeuglessenaar eers op 1 November 1999 ingestel is, is dit baie duidelik dat die volle bedrag van R1,664 miljoen nie aan die einde van die huidige boekjaar bestee kon word nie. [Tussenwerpsels.]

Die derde saak wat ek wil regstel, hou verband met die Armoedeverligtingslessenaar en die stelling dat daar geen armoede- of sakeplan is nie. Wat sou hierdie Huis gedoen het as ek 'n paar dae gelede opgestaan en vir hulle ges het dat ek 'n sakeplan vir armoedeverligting het, terwyl ek inderdaad geweet het dat daar nie so iets bestaan het nie? [Tussenwerpsels.] Ek wil nou nie naar wees nie, maar ek gaan dit nietemin s. As die agb lede aan daardie kant van die Huis s dat dit in orde is om leuens te vertel, moet ek vir hulle s dat dit nie vir my in orde is nie. Ek kon nie anders doen as om op te staan en te s dat daar geen sakeplan was nie, hoewel dit in iemand se konseptuele raamwerk mag bestaan, maar dit is nie op papier nie. Ek is gekonfronteer en ek moes die waarheid vertel. [Tussenwerpsels.] Dit is wat ek deursigtigheid, verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid noem met betrekking tot die kieserskorps daar buite. [Tussenwerpsels.]

Armoedeverligting - dit is wat ons gaan doen. Die konsultant sal verantwoordelik moet wees. Hy sal armoedeverligting moet definieer, armoedeverligting binne die Provinsiale Administrasie moet plaas ...

*Mnr G R STRACHAN: Me die Voorsitter, ek wil net weet of die agb Minister bereid sal wees om 'n vraag te beantwoord.

*Die MINISTER: Nee, me die Voorsitter. As die agb lid 'n kans het om te reageer, sal ek hom later antwoord.

Dit sou die taak van die konsultant wees om die struktuur en infrastruktuur van hierdie portefeulje te bepaal en om 'n beleidsdokument oor armoedeverligting en 'n sakeplan te ontwikkel.

Die bestryding van armoede is vir ons 'n magtige uitdaging. Dit is vir ons regtig 'n geweldige uitdaging en ons agb Premier het reeds uitgestippel dat hy nie iemand is wat voor 'n uitdaging swig nie. Ek glo dieselfde geld vir almal van ons in hierdie Huis en almal in hierdie Provinsie wat daarvoor verantwoordelik is. Ek wil vandag voorspel dat die res van die land in die toekoms na ons in die Wes-Kaap sal verwys as die voorbeeld van hoe armoede suksesvol bestry kan word.

Dit is 'n opdraande stryd om armoede te beveg. Dit kom al eeue en jare lank aan en ons gaan dit nie oornag regkry nie. Daar is wreldwyd maar min suksesvolle gevallestudies. Ek wil h daardie agb lid moet vir my wys hoeveel suksesvolle gevallestudies daar is, met ander woorde waar armoede op groot skaal uitgeroei is. Ons moet eerlik met mekaar wees. Daar is nie diesulkes nie. Die enkele positiewe voorbeelde dui egter almal op die opheffing van gemeenskappe deur middel van kennis, opleiding en geleenthede.

Die geweldige groei op die gebied van die inligtingstegnologie het die hele landskap van armoede herdefinieer. Ons sal daarna moet kyk. Die inligtingsrevolusie hou darem nie net negatiewe gevolge in nie. Dit stel duisende gestremdes in staat om meer produktief aan die arbeidsmark deel te neem en minder gepenaliseer te word vir hul gedwonge immobiliteit, iets waarvoor hulle nie verantwoordelik is nie.

Indien die nuwe tegnologie na die mense op voetsoolvlak verplant kan word, hou dit ongekende opleidingsmoontlikhede in. Ek verseker agb lede die sakeplan vir die bestryding van armoede in die Wes-Kaap wat ons beoog om binnekort in plek te h, sal onder meer ook voorsiening maak vir die nuwe rol van die inligtingstegnologie.

Wat my portefeulje betref, vra ek elke agb lid van die Provinsiale Parlement om hulle asseblief te weerhou van kleinlike politiek. Kom ons stel die belange van ons vroue, gestremdes en jeug in ons arm gemeenskappe eerste en vra dat dit gereflekteer sal word in elke Begroting wat in hierdie Huis voorgel word en nie net in myne nie.

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Me die Voorsitter, almal hier is op hoogte met die nuwe bestuursraamwerk wat op 1 Julie 1999 in die Staatsdiens gemplementeer is, en van die praktiese gevolge daarvan. Die opname van die eertydse Departement van Korporatiewe Dienste as 'n tak in 'n nuwe departement onder leiding van die Direkteur-generaal is alombekend.

Di bestuursraamwerk bied groter beweegruimte aan Ministers en hul departementshoofde om hul departemente binne brer riglyne te bestuur. In hierdie nuwe omgewing sal die Tak: Korporatiewe Dienste voortgaan om provinsiale departemente op 'n dwarsleggende grondslag te ondersteun.

In di verband moet ek vir agb lede dit stel dat die Kabinet as beleid aanvaar het dat die Provinsie ten opsigte van sy personeel en verwante sake steeds as 'n eenheid sal funksioneer. In hierdie proses sal die Tak: Korporatiewe Dienste provinsiale departemente op die volgende twee vlakke ondersteun: eerstens, strategiese rigtinggewing en die ontwikkeling van dwarsleggende beleidsraamwerke en, tweedens, die lewering van gespesialiseerde ondersteuningsdienste. Di spesialisdienste is in der waarheid provinsiale bates wat nie blindelings gedesentraliseer kan word nie.

Me die Voorsitter, ek is oortuig dat dit juis hierdie model van korporatiewe dienslewering is wat ons Provinsie bo die ander laat uitstyg. Van die ander provinsies wat 'n paar jaar gelede voor die voet hul hulpdienste gedesentraliseer het, pluk vandag die wrange vrugte van hierdie onverantwoordelike optrede deurdat sommige onontbeerlike dienste eenvoudig in duie gestort het. Pogings word nou aangewend om kundige mense van nuuts af te werf met die oog daarop om hierdie dienste weer op 'n kollektiewe grondslag te bedryf.

Teen di agtergrond wil ek graag vandag in praktiese terme aan agb lede oordra watter dienste die Administrasie in die komende jaar van Korporatiewe Dienste kan verwag. As gevolg van die tydsbeperking kan ek natuurlik net op die belangrikste aspekte fokus.

*Die eerste aspek wat ek wil aanspreek, is regsdienste. Die reg is 'n dinamiese dissipline, en ek is veral dankbaar om die wyse te sien waarop Regsdienste homself struktureel aangepas het om by die veranderde regsbehoeftes van die Administrasie en die Wes-Kaapse Provinsiale Regering aan te pas. Oor die afgelope tien jaar was daar 'n verskuiwing in fokus weg van wangedragondersoeke na wetsopstelling en litigasie. In hierdie verband het die eenheid 'n aansienlike toename in skriftelike opinies, kontrakte, litigasiesake en stukke wetgewing verwesenlik.
Die Kabinet beskou Regsdienste as 'n provinsiale bate. Gegrond op die beperkte beskikbare kundigheid op hierdie gebied, is 'n besluit geneem om hierdie belangrike funksie nie te desentraliseer nie. Die Kabinet het egter onlangs die herstrukturering van die komponent goedgekeur in 'n poging om dienslewering aan die Administrasie te verbeter. Die nuutsaamgestelde Regsdienste sal uit drie Direktorate bestaan: Litigasie, Adviesdienste en Wetgewing. Litigasiesake en die bestuur daarvan sal nou ook die status van 'n kritieke funksionele area van die komponent uitmaak.

Een van die grootste uitdagings in 1999 was die akute tekort aan wetsopstellingskundigheid. Om nuwe wette op te stel, verg hoog geskoolde vaardighede, wat selde buite die Staatsdiens aangetref word. Verlede jaar het 'n unieke geleentheid gebied om kapasiteit in hierdie verband te bou.

In Junie 1999 het een van die komponent se direkteure 'n intensiewe twee weke lange program by die Legislative Drafting Institute aan die University of Tulane in New Orleans bygewoon. Een van die aanbieders was 'n Kanadese praktisyn en professor in die reg, prof Phillip Knight, wat 'n hoog aangeskrewe internasionale wetsopsteller is. Hy was instrumenteel in die opstel van ons moderne arbeidswetgewing en die finale nasionale Grondwet.

Prof Knight het hierdie land in November 1999 besoek en sy dienste is onmiddellik bekom vir 'n drie dae lange wetsopstellingswerkswinkel by ons Kaapse Administratiewe Akademie, gele op die plaas Kromme Rhee. Regsadviseurs van al die provinsies, asook die nasionale Parlement, het die werkswinkel bygewoon. Dit het intensiewe opleiding gebied oor die kritieke kwessie van wetsopstelling, sowel as drie dae van waardevolle uitruil van ervaring en idees onder wetsopstellingspersoneel van regoor die land en oorsee.

Die belangrikste fokus van Regsdienste vanjaar, sal die verbetering van die algehele vlak van regsdienste wees, veral deur die Provinsie se wetlike verpligtinge, soos deur die Wes-Kaapse Grondwet opgel, uit te voer, sowel as die rasionalisasie van provinsiale wetgewing.

Wat die funksie Personeelbestuur betref, het die Kabinet besluit dat die aspekte rakende kordinering, menslike hulpbronstrategie en navorsing gesentraliseerd bly. Die administratiewe funksies met betrekking tot menslike hulpbronbestuur sal mettertyd na die departemente gedesentraliseer word. Uiteraard sal die departemente ook hul eie kapasiteit vir ondersteuningsdienste opbou.

Die volgende aksies word vir die komende jaar beplan: die vestiging van 'n komponent om opleiding op die gebied van personeelbestuur aan funksionarisse van die Administrasie te verskaf, waarvoor die bedrag van R1,5 miljoen toegeken is; die ontwikkeling van tientalle beleidsraamwerke in terme van die Staatsdiensregulasies van 1999; die hersiening van alle menslike hulpbronpraktyke; die opbou van 'n netwerk met ander groot werkgewers en tersire instellings in die Wes-Kaap; en die optimalisering van dienslewering.

Die Kabinet het die projek Transformasie 2000 van stapel gestuur, wat in hierdie boekjaar binne Korporatiewe Dienste beslag sal kry. Die Direktoraat: Personeelbestuur sal ook nou hiermee gemoeid wees.

Die volgende punt waarby ek wil kom, is Arbeidsverhoudinge. Die Direktoraat: Arbeidsverhoudinge lewer, onder andere, 'n burodiens aan die bepaalde departemente wat in di verband nie oor genoegsame kundigheid beskik nie. Sy belangrikste funksie is egter om strategiese leiding oor arbeidsverhoudinge binne die Administrasie as 'n geheel te gee. Dit sluit in die formulering van beleid en die bedryf van die kollektiewe bedingingsproses. Daar word nie beoog om hierdie afdeling verder te desentraliseer nie.

Van die belangrike aksies wat vir di boekjaar beplan word, is die volgende: die ontwikkeling van gebruikersvriendelike prosedures en handleidings; die sensitering en toeligting van personeel deur werkswinkels; die aktiewe deelname aan sentrale en provinsiale bedingingsprosesse; en die opleiding van onderhandelaars.

*Ek kom nou by die aktiwiteite van die Kaapse Administratiewe Akademie. Algemene administratiewe opleiding sal op 'n gesentraliseerde grondslag gelewer word. 'n Aansienlike bedrag is bel om Kromme Rhee as 'n wreldklas opleidingsfasiliteit te vestig. Dit sou derhalwe nie ekonomiese sin maak om hierdie funksie te desentraliseer nie.

Die doelwitte van hierdie komponent vir die volgende jaar is 300 binnehuis-opleidingskursusse, wat 'n 50%-verhoging vergeleke met die vorige begroting is; die uitbesteding van rekenaargeletterdheidskursusse ten bedrae van R1,2 miljoen, wat ook 'n verhoging van 50% verteenwoordig; 'n derde PEP-program; die instelling van 'n leierskapsprogram vir amptenare, wat 'n Kabinetsprioriteit is; basiese vaardigheidsopleiding in isiXhosa; senior bestuurskursusse; skakeling op die nasionale en internasionale vlakke met opleidingseweknie; verhoogde fokus op opleiding in die landelike gebiede van die provinsie; en die ontwikkeling van die tweede fase van die Kromme Rhee-kampus.

Die hooffunksie van die komponent Organisasie- en Werkstudie is om advies aan die Direkteur-generaal en die hoofde van departemente te lewer oor metodes en tegnieke om doeltreffendheid in die PAWK te bevorder.

Daar is oor die afgelope jaar veral gefokus op die ontbondeling en verdeling van sekere korporatiewe funksies, finansies ingesluit, op uitvoeringsvlak en die vestiging daarvan by die groter departemente. In die proses is departementshoofde bemagtig om vanaf 1 April 2000 volle rekenpligtigheid te kan aanvaar met betrekking tot die werksaamhede van hul departemente.

Die departemente sal in hierdie boekjaar verder gerasionaliseer word in die voortdurende nastrewing van doeltreffende staatsbestuur. Nentig projekte, wat die volle spektrum van die werkstudieveld dek, is vir die boekjaar beplan. Ofskoon dit in terme van 'n Kabinetsbesluit 'n sentrale funksie bly, is werkstudiefunksionarisse aan die departemente toegewys vir die uitvoering van projekte, in 'n poging om dienslewering te verbeter.

Ondersoeke word tot in die verste uithoeke van die Provinsie onderneem. Geen wesentlike organisasie- en diensstaatverstelling word gemplementeer nie, alvorens hierdie kundige groep mense nie geraadpleeg is nie. As sulks lewer hulle 'n groot bydrae om praktiese gestalte aan die drome en strewes van hierdie Provinsie te verleen.

Daar sal ook in hierdie boekjaar meer gefokus word op die verbetering van diensvoorwaarde projekte; verbeterde afspraakstelsels by hospitale; en die rekenarisering van registrasiestelsels, om slegs enkele voorbeelde te noem.

Die stelsel van posevaluering wat lank reeds in die vooruitsig gestel is, behoort ook in hierdie boekjaar amptelik beslag te kry. Die nasionale Departement van Staatsdiens en Administrasie het die implementeringsdatum hiervoor telkens geskuif. Sekere belangrike inligtingstukke word steeds vanaf die nasionale Departement van Staatsadministrasie afgewag. Ongeag die voorafgaande is 'n posevalueringseenheid reeds gereed om met hierdie belangrike taak te begin.

*Die Direktoraat: Kommunikasiedienste lewer professionele kommunikasiediens aan die departemente op die volgende funksionele terreine: mediaskakeling vir daardie departemente wat nie kapasiteit in hierdie verband het nie; publikasies, waaronder personeelnuusbriewe, jaarverslae, inligtingsblaadjies en plakkate; die lewering van 'n taaldiens in die drie amptelike tale van die provinsie; die lewering van bemarkings- en promosiebystand aan die departemente; en die lewering van ondersteuning betreffende interne kommunikasie tussen bestuur en personeel.

Die Direktoraat: Kommunikasiedienste sal ook strategiese leiding moet bied om kommunikasiepogings vir die Administrasie in die geheel in lyn te bring. 'n Elektroniese kordineringsmeganisme sal in hierdie verband ontwikkel word.

Daarby sal die algehele opgradering, veral van eksterne kommunikasie-inisiatiewe, om tweerigtingkommunikasie tussen die Provinsie en die gemeenskap te bevorder, prioriteitsaandag geniet. 'n Voorwaardelike toekenning van R1,5 miljoen is vir die komende boekjaar voorsien om verskillende inisiatiewe in hierdie verband te befonds.

Die Direktoraat: Ondersteuningsdienste lewer uiteenlopende dienste aan die verskillende departemente binne die Administrasie. Die direktoraat se registrasie-, tik-, bode- en reprografiese dienste word tans ondersoek vir moontlike desentralisasie in die loop van hierdie boekjaar.

Kernondersteuningsfunksies, soos die Provinsiale Staatskoerant en die gimnasium, leen hulself nie tot desentralisasie nie. Di funksies sal derhalwe steeds deur hierdie direktoraat gelewer word, tesame met sy risiko-bestuursfunksies.

Me die Voorsitter, ten slotte moet ek noem dat die bestuur en personeel van die Tak: Korporatiewe Dienste hulself daartoe verbind het om hul reeds ho standaard van dienslewering verder te verhoog. Ek as die verantwoordelike Minister wil hierdie strewe na uitmuntende dienslewering onderskryf.

Me die Voorsitter, ek wil volstaan met 'n woord van dank aan die Direkteur-generaal, asook aan mnr K Saayman, die Hoof: Korporatiewe Dienste, en sy topbestuur. Voorts wil ek die lojale personeel van die Tak: Korporatiewe Dienste bedank vir hul toewyding en harde werk oor die afgelope boekjaar.

Ek wil ook my kollegas bedank vir hul samewerking, en vir die agb Premier vir sy uitsonderlike leierskap aan hierdie Provinsie.

*Me M G VANTURA: Me die Voorsitter, die agb Minister in die Kantoor van die Premier het 'n begroting van R4,4 miljoen om vier kritieke ontwikkelingsprogramme te bestuur, naamlik die instelling van departementele en provinsiale geslagstrukture; die formulering van riglyne en beleid; onderwys- en opleidingsprogramme; kommunikasiestrategie; en bewusmakingsveldtogte. Die enigste uitgewerkte program sover, is 'n spesiale projek vir die beskerming en bevordering van die regte van persone met gestremdhede.

Die gestremdes het 'n gesegde wat lui, "Niks oor ons sonder ons nie". Ek moet weet hoeveel gestremde persone deel van die agb Minister se Kantoor uitmaak. Indien geen, wil ek die Huis daarop wys dat hulle regte ernstig aangetas word ingevolge die Grondwet van die land. Die Gestremdheidslessenaar in die Provinsie moet deur gestremde persone bestuur word. Dit is 'n absolute noodsaaklikheid vir die ontwikkeling en die integrasie in 'n samelewing vir almal.

Me die Voorsitter, ek wil verder weet of enige van die gestremdheidsektore deel was van die opstel van daardie spesiale projek. Die konsep van 'n samelewing wat omgee, waarvan die agb Premier in al sy toesprake praat, sal slegs versterk en verdiep word wanneer ons erken dat gestremde persone dieselfde regte as nie-gestremde persone geniet, en dat ons 'n verantwoordelikheid het vir die bevordering van die gehalte lewe van gestremde persone.

Me die Voorsitter, die enigste gevolgtrekking waartoe ek kan kom, is dat daar steeds persepsies daar buite is dat die gestremdes nie vir hulself kan dink nie, nie hulself kan verteenwoordig nie en nie produktiewe werknemers kan wees nie. Hulle moet in aanmerking geneem word wanneer nuwe geboue en sportvelde, soos die Velodrome in Goodwood, gebou word.

Ek wil graag aan die hand doen dat die volgende gedagtes bevorder, nagevolg en gemplementeer word ter bevordering van die gehalte lewe van die gestremde persone: 'n gestremde verteenwoordiger op provinsiale vlak; 'n gestremde direkteur en 'n gestremde lessenaar; strate wat gebruikersvriendelik gebou word; onderwys, behuising en vervoer vir mense met gestremdhede; toeganklike vaardighede en entrepreneursopleidingsfasiliteite; en die voorsiening vir voldoende en bekostigbare gesondheidsdienste vir die gestremdes.

Die agb Minister het oor onderwys- en opleidingsprogramme gepraat. Wie gaan opgelei word? Hoeveel gaan aan daardie opleidingsprogramme bestee word? Gaan die armstes van die armes, die vroue, die jeug en die gestremdes daarby baat?

Geslagsopleiding in die besonder in alle departemente in die Provinsie is van kardinale belang. Manlike politici, burokrate, akademici en militre offisiere het instellings, konferensies en die wyse van lewe in die post-apartheidsera gedomineer. Dit het beteken dat die besorgdhede van vroue selde uitgespreek en erken is. Die sistematiese geslagsdiskriminasie en -teistering in die ekonomiese, maatskaplike en huishoudelike arena ondermyn ook hul sekuriteit. Om hierdie redes, en ook as 'n saak van politieke regte, behoort stappe gedoen te word om te verseker dat die mees gemarginaliseerdes, armes, werkloses en mishandelde vroue 'n betekenisvolle geleentheid het om hul lewens te verbeter.

Me die Voorsitter, wat doen die agb Minister omtrent die voortdurende geweld teen vroue en kinders? Kinderprostitusie is besig om te eskaleer. Baie naby ons in Voortrekkerweg - Parow, Bellville, Vasco en Goodwood - het ons meisies so jonk as agt jaar wat snags as prostitute werk. Soms werk hul vaders en hul broers as hul koppelaars. Moeders ontvang steeds nie ondersteuning van die owerhede en die polisie wanneer hulle hulp gaan soek om hul dogters terug te kry nie.

Die agb Minister het na bewusmakingsprogramme verwys. Die vroue in Guguletu, Khayelitsha, Elsiesrivier en Bishop Lavis weet nog steeds nie hoe om toegang tot die Wet op Huishoudelike Geweld te kry nie. Hoe reik 'n mens tot hulle uit? Ons het 'n verantwoordelikheid om nie net veiligheid en sekuriteit te verseker nie, maar al die departemente, ook die Departement van Gesondheid, moet opgelei word om geslagsensitief te wees.

Me die Voorsitter, solank as wat mans steeds geslag as 'n vrouesaak beskou, sal die probleem wat vroue in polisiestasies, klinieke en howe ervaar, voortduur. Hoe dink die agb Minister sal vroue bevorder word as sy nog maar oor die formulering van beleid praat?

Ek wil verder sterker vennootskappe, kommunikasie en interaksie aan die hand doen met NROs wat geslagsake, veral betreffende vroue, bevorder. Die departement van die agb Minister moet deel uitmaak van die maandelikse vergaderings met al die NROs wat met geweld teen vroue werk om beleid en strategie te bespreek, en om die sake aan te pak. Die agb Minister moet haar onwrikbare ondersteuning aan sodanige strukture verleen.

Me die Voorsitter, ons bluf onsself as ons aan die Wes-Kaap dink as die beste provinsie met die beste matriekuitslae, met die beste ekonomie, met die beste Begroting en die beste hulpbronne, terwyl ons vroue en kinders steeds in kettings is en ons ons o vir hul lot sluit.

*Dr A E VAN ZYL: Me die Voorsitter, ek wil begin deur die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning met sy 2000-01-begroting geluk te wens. Ek wil ook die agb Minister se amptenare, dr Stegmann en sy span, gelukwens en bedank vir die uitstekende SKOF-begrotingsessie.

Dit was my eerste volle blootstelling aan die begrotingsproses. Ek tel nie die sessie van verlede jaar, die een na die verkiesing, nie. Ek het baie geleer. Mag ek weer eens onderstreep dat dit 'n groot eer vir my is om deel van die Wes-Kaap se regeringspan te wees.

Ek wil ook graag vir mnr Johan Coetzee, SKOF se komiteeklerk, bedank vir sy uitstekende kordinering van al die vergaderings, sy geduld en doeltreffende bestuur, sy ondersteuning en deeglike professionaliteit deurgaans.

Ek sal die eerste wees om toe te gee dat ek 'n baie groen politikus is. Ek weet ek is nog nat agter die ore, maar as politikus - groen of nie - kan ek ook maar my stuiwer in die armbeurs gooi.

*Me die Voorsitter, die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het sy Begrotingsrede begin deur ons te herinner aan die ses "clusters" vir begrotingsbeleid en die nege strategiese doelwitte van die Provinsiale Regering wat in Julie verlede jaar goedgekeur is.

As voorsitter van die Staande Komitee oor Gesondheid, Maatskaplike Dienste, Kantoor van die Premier en Korporatiewe Dienste, verantwoordelik vir gestremdes, die jeug, geslagsake en transformasie, is strategiese doelwit no 4 en sy vordering en implementering veral vir my van belang in SKOF. Ek het dus hoofsaaklik op die begrotingsvoorsiening vir hierdie strategiese doelwit gefokus.

Die Kantore van die Premier, die Direkteur-generaal en die agb Minister in die Kantoor van die Premier het vanoggend 'n mate van toeligting gegee oor hulle inisiatiewe rondom MIV/Vigs. Van ander departemente, behalwe die Departement van Gesondheid en Welsyn, is die indruk een van 'n mate van min tot geen gereelde beplande strategie nie. Geld is vir veldtogte beskikbaar gestel, maar presiese bedrae kon nie gespesifiseer word nie. Sommige departemente het probleme met die verspreiding van kondome.

Dit is dus vir my duidelik dat hoewel ons as strategiese doelwit no 4 het, "om die verspreiding van MIV/Vigs en tuberkulose te bekamp", baie gedoen moet word om alle departemente te help om hierdie verbintenis na te kom. Departemente moet 'n duidelike idee h van wie hul skakelpersoon sal wees en wie die verwysingspersoon in die Departement van Gesondheid sal wees, watter vorm hul aktiwiteite sal aanneem en watter groepe bereik moet word.

Ek het verlede Vrydagaand met een van die damesinspekteurs aan diens by die Paarl Polisiestasie gesels. Volgens haar skyn die departement se inspekteurs rens daar bo te wees, ver van die grondpersoneel af, diegene wat die werk doen en in die vuurlyn staan. Sy het my ingelig oor haar verbasing om vas te stel dat daar soveel MIV-positiewe of Vigs-genfekteerde kollegas in die Mag is. Haar besorgdheid was nie net oor haar persoonlike veiligheid nie, maar ook oor di van haar familie. Sy het ges dat as 'n kollega geskiet sou word, daar van haar verwag sal word om eerstehulp en resusseteringsprosedures toe te pas. Wat van as beskerming soos handskoene nie beskikbaar is nie? Kan sy op hierdie wyse genfekteer word?

Me die Voorsitter, hoewel ek nie op dokumentasie afgekom het oor die oordrag van infeksie via hierdie roete nie, kan ek die inspekteur se bekommernis begryp. Selfs hier, in ons departemente, skyn MIV/Vigs nie 'n ho prioriteit te geniet nie. Selfs ons direkteure dink dit is nie werklik hulle probleem nie. Ek pleit nou weer daarvoor dat dit een van die lynitems op departementele bestuursvergaderings moet word. Ander sake soos om saam met MIV-positiewe of Vigs-genfekteerde kollegas te werk, moet aangespreek word.

Nasionaal is die Nasionale Vigs-raad ingestel. Toekomstige planne is vir 'n provinsiale Vigs-raad om in plek geplaas te word om met die nasionale raad te skakel. Met alle respek teenoor die departemente en hul pogings tot dusver, waarvoor ek hulle bedank, ons moet op hierdie enorme probleem fokus. Mense wat MIV-positief is, is onder ons. Hulle lyk soos ons. Hulle is ons vriende, familie, kollegas en bure. Laat ons in die Wes-Kaap verbintenis toon deur middel van ons Kabinet en sy departemente. Dit is inderdaad wat ons in ons strategiese doelwit no 4 beloof. Laat ons nou in die een of ander soort begroting bel om miljoene mense in die toekoms te red, nie slegs in rand nie, maar ook in moreel, meelewing en waardigheid.

Ten slotte wil ek ook, soos die agb Premier, 'n paar woorde s omtrent die interne ouditdiens in die Kantoor van die Ouditeur-generaal. Mag ek die eenheid gelukwens met die uitstekende werk wat tot dusver verrig is om belastingbetalersgeld terug te kry.

Die diefstal van farmaseutiese voorraad is 'n bron van groot kommer, want dit word deur sindikate georganiseer. Inrigtings wat gedentifiseer is waar diefstal op 'n weeklikse basis plaasvind, is die Nolungeli Gemeenskapsgesondheidsentrum, die Khayelitsha Gemeenskapsgesondheidsentrum, die Dr Abdurahman Gemeenskapsgesondheidsentrum en die Heideveld Gemeenskapsgesondheidsentrum. Dissiplinre optrede behels die volgende: 'n sindikaat bestaande uit 13 amptenare en twee persone buite die provinsie is tydens 'n ondersoek wat met die hulp van die Narkotikaburo van die SAPD gedoen is, blootgel. Die skuldigbevindings wat gevolg het, was een amptenaar wat skuldig bevind en ontslaan is, en dissiplinre verhore wat ten opsigte van agt amptenare geskeduleer is. Een amptenaar sal as 'n getuie in vier sake gebruik word, en moontlik vrywaring ontvang. Die oorblywende drie amptenare sal daarna gedissiplineer word.

Wat kriminele vervolging betref, kan ek meld dat sewe gevalle by die SAPD geregistreer is. Vier gevalle sal in die hof aangehoor word, een geval word steeds ondersoek en die persoon wat gevonnis is, dien tans drie jaar gevangenisstraf uit.

Die agb Premier het in sy toespraak na burgerlike herstel verwys, en ek wil dit dus nie herhaal nie.

Volgens die ouditeenheid word suksesvolle vervolging dikwels aan bande gel deur die feit dat farmaseutiese voorraad nie as die eiendom van die PAWK gemerk is nie en vervaardigers voorraad wat dieselfde reeksnommers gebruik, aan hulle klinte uitreik, wat daartoe lei dat die privaat- en openbare sektor voorraad ontvang wat dieselfde nommer dra. Dit is dus nie moontlik om sonder redelike twyfel eienaarskap te bewys nie. Daar moet hierna gekyk word.

Die agb Premier het na die toename in die ouditeenheid verwys. Ek verwelkom dit heelhartig. Ek bedank hulle vir hul harde werk en wens hulle sukses vir die toekoms toe.

Me die Voorsitter, dit is vir my aangenaam om Begrotingspos 1 - Premier, te ondersteun.

*Mnr D SILKE: Me die Voorsitter, hierdie Begrotingspos bevat baie uiteenlopende elemente, waarvan baie van kardinale belang is vir die funksionering van hierdie Parlement. 'n Debat soos hierdie strek oor sake soos interowerheidsverhoudinge, transformasie, en die opleiding en indiensneming van sleutelondersteuningspersoneel, en dit maak dit een van die mees wydlopende begrotingsposte van hierdie begrotingsessie.

Die departement het oor die afgelope week baie interessante sake beklemtoon, en ek wil in my toespraak sommige terreine beklemtoon wat verbetering en bystand nodig het.

Die eerste kwessie is di van die Wes-Kaap se internasionale betrekkinge. In 'n wreld wat gekenmerk word deur internet-tegnologie en globalisasie, het hierdie Provinsie die vermo om uit te reik na streek- sowel as internasionale staatsorgane om die mense van die Wes-Kaap te bevoordeel. Daar is alle rede om die gedagte te ondersteun dat die Wes-Kaap op die internasionale verhoog as 'n provinsie in eie reg meeding - deur ooreenkomste binne die grense van provinsiale en nasionale parameters aan te gaan en sigself vir buitelandse belegging en toerisme te bevorder. Ons in hierdie Parlement moet ook 'n belang daarby h om voordele vir onsself te verseker buite die beperkings van ons provinsiale grense.
Met dit in gedagte, is ek dankbaar dat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe ons voorstel onderskryf het dat alle bestaande en nuwe samewerkingsooreenkomste tussen die Wes-Kaap en ander streekregerings, nasionaal en internasionaal, deur 'n veelparty internasionale betrekkinge subkomitee van hierdie Parlement gemoniteer moet word. Dit sal baie daartoe bydra om ons as gewone lede die geleentheid te bied om 'n inset te lewer tot wat 'n groeiende en opwindende aspek van die nuwe globale ekonomie kan wees. Daarby kan insette van gewone lede ook 'n groter debat toelaat oor waar ons koperatiewe ooreenkomste moet soek en verleentheid vermy waar dit mag voorkom. [Tussenwerpsels.] Me die Voorsitter, ons moet hierdie terrein aan al ons lede oopstel, aan meer as net die Kabinet.

Ek wil nou by die kwessie van transformasie kom. Baie van die debat in hierdie verband, en dit is natuurlik relevant tot hierdie departement, kom van my kollegas aan daardie kant van die Huis wat apartheidstyl kwotas in ons provinsie en in die land as 'n geheel wil probeer herinstel.

Me die Voorsitter, die DP glo dat verteenwoordiging op 'n aantal gebrekkige aannames gegrond is. Eerstens, dit veronderstel dat rassekriteria die oorheersende faktor moet wees by die aanstelling en bevordering van individue. Tweedens, dit plaas die klem op een demografiese kriterium, ras, en ignoreer ander, soos vlakke van verstedeliking, en die ouderdomsprofiele van die bevolking wanneer besluit word wat die samestelling van 'n inrigting moet wees. Ten slotte, dit ignoreer die kritieke veranderlike van onderwys. Demografiese kriteria ignoreer ook gedagtes van individuele verdienste, toewyding en keuse.

Kortom, ons aan hierdie kant van die Huis glo dat Suid-Afrika moet kies tussen twee modelle van verandering, een wat op ras fokus en eksklusief rassekategorie en oorwegings gebruik; en 'n ander wat op individue fokus, die nadele wat hulle as gevolg van diskriminasie van die verlede beleef, en metodes om te vergoed vir die gebreke as gevolg van daardie diskriminasie. Met ander woorde, dit is 'n keuse tussen nie-rassige veranderinge en rasgegronde transformasie. Ons weet wat ons keuse sal wees, me die Voorsitter - dit is di van verdienste en nie-rassige verandering. [Tussenwerpsels.]

Dit is dus vir ons nodig om hier aan te dui hoe ons sou wou sien dat die Staatsdiens in die Wes-Kaap funksioneer. Daar is vier punte wat ek graag wil maak. [Tussenwerpsels.] Ons moet - 

* deur uitbesteding, privatisering en ander vorms van openbare/private vennootskappe dienste so doeltreffend moontlik lewer, terwyl ons toesien dat die Staatsdiens nie bo sy kapasiteit belas word nie;

* die regte mense kies, hulle vir harde werk beloon en hulle ten volle aanspreeklik hou vir hul optrede, en die gehalte van hulle werk aan die dissipline van die markplek onderwerp;

* nie rowwe demografiese kriteria in die aanstellingsbeleid in die Staatsdiens gebruik nie. Dit is inderdaad nodig dat burgers 'n mate van eienaarskap van die Staatsdiens voel, maar dit moet gegrond wees op ware mensgesentreerde - dit is, klintgesentreerde - lewering. Dit is baie belangrik dat waar staatsamptenare met die publiek in interaksie is, soos wat hulle in alle openbare hospitale, skole, welsynskantore, pensioenbetaalpunte en polisiestasies doen, diens doeltreffend en hoflik is;

* die beste moontlike gebruik maak van die opleidingsbegrotings wat reeds in die meeste staatsdepartemente bestaan. Opleiding moet geteiken wees op diegene wat waarlik hulle vaardigheidsvlakke en kanse op bevordering wil verbeter. Die inisiatief moet van die werknemer kom en nie sentraal gebaseerde monitors of demografiese polisiemanne nie.

Me die Voorsitter, ons deel ook die bekommernis wat in die SKOF-verslag uitgespreek word oor die gebrek aan substantiewe vordering deur die agb Minister in die Kantoor van die Premier met betrekking tot die instelling van geslags-, jeug- en gestremdesprogramme. [Tussenwerpsels.] Ek is besorg daaroor dat groot begrotingsverhogings vir hierdie Ministerie in die 2000-01-boekjaar begroot is, hoofsaaklik vir personeel, en dat weens 'n verskeidenheid redes konkrete beleid en aksies nog nie materialiseer nie. Ons het aansienlike insette van die betrokke agb Minister in hierdie verband gehoor, en ek simpatiseer veral met haar lot wanneer sy wys op die vertragings op die vlak van die nasionale Regering om beleid te implementeer. Ons wys egter groot bedrae openbare fondse toe om die sekretariaat op hierdie gebied te vergroot, en ek hoop werklik dat ons binnekort waarde vir ons geld sal sien. [Tussenwerpsels.]

'n Bron van kommer ook, me die Voorsitter, is die ernstige en bykans chroniese tekort wat die subprogram Regsdienste het om wetsopstellers te trek en te behou. Ons het getuienis gehoor dat ons tans slegs 12 wetsopstellers in ons diens het, en dat nagenoeg 6 senior amptenare byna al die werk doen. Hierdie situasie is duidelik onaanvaarbaar vir enige parlement op enige plek. Soos op die meeste hoogs gespesialiseerde terreine in die Staatsdiens, l die probleem natuurlik in ons vermo om vergoedingsvlakke vir hierdie gesogte kundiges gelyk of selfs naby di van die privaatsektor te bring.

Die volgehoue krisis in hierdie opsig kan ons operasie as Parlement ernstig vertraag. Daar is reeds die gevaar van beperkte of onvoldoende navorsingstyd vir wetgewing en die gevolglike pad na sertifisering kan hoogs problematies wees. Ek wil graag die agb verantwoordelike Minister en die Direkteur-generaal vra om na maniere te kyk om hierdie terrein meer aantreklik en finansieel lonend te maak, sowel as maniere om goeie personeel te behou wat ons opleidingstelsels deurloop het - teen koste vir ons - om ons maar net na die privaatsektor toe te verlaat.

Ten slotte, me die Voorsitter, ek het empatie met die interne ouditeenheid, ook onder hierdie Begrotingspos. Baie goeie werk is op hierdie gebied gedoen. Bedrogsindikate is nou blootgel, veral op die gebied van mediese verliese, en die gevolglike besparings word verwelkom. Die verval in wet en orde is egter so endemies dat dit moeilik is om in te haal. Ons strafregstelsel en beskermende arbeidswette hel oor aan die kant van die misdadigers. Dit is die misdadiger wat met moord kan wegkom, nie net in ons strate nie, maar ook in ons administrasie. Ons het vandag getuienis in die staande komiteevergadering gehoor dat dit tot ses jaar kan duur vir 'n saak om voor die hof gebring te word. Wat 'n regstelsel het ons hier mee te make!

Me die Voorsitter, ek wil graag die departement in die algemeen gelukwens met gesonde finansile bestuur. By wyse van vergelyking, hier is 'n aantal ophelderende gevalle uit die Oos-Kaapse Departement van Korporatiewe Dienste wat ek graag wil beklemtoon. Eerstens, 19 polshorlosies is teen 'n koste van R11 308 gekoop vir langdienstoekennings, maar daar kon nie vasgestel word aan watter personeel dit toegeken is nie! Daarbenewens het personeel in die Oos-Kaapse Departement van Korporatiewe Dienste wat die diens verlaat het, voortgegaan om 20 maande nadat hulle name van die betaalstaat verwyder is, steeds salaris te ontvang, wat tot oorbetalings van R1 miljoen gelei het. Dit is derhalwe vir my aangenaam om die verstandige en fiskaal doeltreffende Begroting van hierdie departement te ondersteun.

Nk K A MQULWANA: Mhlalingaphambili, phambi kokuba ndingene kwintetho yam, ndiza kucela into yokokuba xa bephinda bephendula iNkulumbuso okanye, uMphathiswa oseOfisini yeNkulumbuso, bacacise, kuba kwi-Standing Committee, ibekwe phandle into yokokuba akukho xwebhu oluqulethe uyilo malungana nentsha. Ngoko ke, ndifumanisa into yokokuba kukho ungquzulwano kuba, entethweni yayo, iNkulumbuso yona ithi ikhona. Kodwa into esiyifumanayo yinto yokokuba into ekhoyo liCandelo loLutsha. Ndiza kucela ke ngoko ukuba xa bephendula, khe bandihlahlele indlela apho kuba ndifumanisa ukuba kukho ungquzulwano.

(Vertaling van isiXhosa-paragraaf volg.)

[Me K A MQULWANA: Me die Voorsitter, voordat ek my toespraak lewer, wil ek graag versoek dat wanneer die agb Premier of die agb Minister in die Kantoor van die Premier weer vrae in die Huis beantwoord, hulle asseblief moet verduidelik wat ek as weersprekende stellings beskou, want in die staande komitee is dit duidelik gemaak dat daar geen strategiese dokument oor die jeug was nie. Ek vind daar dus weersprekende stellings, want die agb Premier het in sy toespraak ges dat so 'n dokument wel bestaan. Al wat bestaan, is 'n Jeuglessenaar. Ek wil dus vra dat hulle hierdie saak opklaar, want, wat my betref, is daar weersprekende stellings.]

*Me die Voorsitter, sedert die 1994-verkiesing was ng die voormalige Minister, ng die huidige agb Minister verantwoordelik vir jeugsake daartoe in staat om die behoefte aan 'n provinsiale jeugkommissie te bevredig.

Die voormalige Minister, me Martha Olckers, het 'n strategiese bestuurspan onder leiding van mnr Craig Morkel ingestel om 'n verslag vir die instelling van 'n jeugontwikkelingstrategie op te stel. Daardie verslag het geen resultate gelewer nie, wat die jong mense in hierdie provinsie betref. Die huidige agb Minister in die Kantoor van die Premier is op rekord dat sy ges het dat dit waar is dat hierdie Regering nie in staat was om strukture in verband met die belange van die jeug in te stel nie.

Ek stem saam dat daar beperkings is. Die Wes-Kaapse Grondwet is stil oor die instelling van die jeugkommissie. Selfs die nasionale Jeugkommissiewet is stil in hierdie verband.

Ek wil dus aanbeveel dat die instelling van die jeugkommissie nie net op regsgronde gegrond moet wees nie. Daar moet meganismes wees, gegrond op verbintenis en 'n passie en dieper begrip van die rol van hierdie jong mense wat tydens die apartheidsera 'n rol gespeel het. [Tussenwerpsels.] Daar is 'n behoefte om hul potensiaal ten volle te ontwikkel, sodat ons 'n beter samelewing kan h, want hulle is die toekomstige leiers.

Die agb Minister in die Kantoor van die Premier het vandag in die Huis ges dat sy gedurende 1998 aangestel is om jeugsake te hanteer. [Tussenwerpsels.] Dit was in 1998, om jeugsake te hanteer. Wat duidelik is, is dat sy in November 1999 die Jeuglessenaar ingestel het.

Daar is in die staande komitee aangedui dat hierdie Jeuglessenaar aan bande gel word deur die gebrek aan administratiewe ondersteuning en kapasiteit, wat duidelik haar gebrek aan verbintenis tot jeugsake aantoon. [Tussenwerpsels.] Ek is nie seker of daar 'n plan in plek is nie, hoewel sy beweer daar is 'n plan. Sy het aan die Huis verslag gedoen dat sy 'n adjunkdirekteur aangestel het, en die adjunkdirekteur het dit vandag duidelik gemaak dat hulle daar is, maar dat daar geen administratiewe ondersteuning is nie.

Ek wil dus die volgende vir die agb Minister voorstel. [Tussenwerpsels.] Ja. Ek stel voor dat sy 'n aksieplan kry om haar te lei, en by gebrek daaraan, stel ek voor dat aangesien sy die Jeuglessenaar ingestel het, sy 'n korps moet h om die Regering met jeugsake te help.

Openbare deelname is 'n sleutelelement, want 'n mens het riglyne van hulle nodig. Die jong mense van die provinsie weet wat hulle wil h. Ek doen derhalwe 'n beroep op die agb Minister om 'n jeugberaad te organiseer om vir haar riglyne en die aksieplan wat sy nie het nie te gee. [Tussenwerpsels.] Konsultasie is fundamenteel. Sy kan as 'n Minister aangestel word, maar as sy nie met die belanghebbers werk wat in die sektor aktief is vir wie sy veronderstel is om die kampvegter te wees nie, sal sy nie in staat wees om hulle te lei nie. Dit is die sleutelterreine.

Ek stel ook voor dat daar 'n tydskaal in die aksieplan moet wees. Ons het in die Huis inligting van die agb Minister ontvang dat adjunkdirekteurs aangestel is. Hulle het egter geen duidelike program nie. Daar is 'n verskil tussen geleenthede en programme. Al wat ons in die Huis hoor, is dat sy die jeug op 'n sekere datum by Goudini toegespreek het, maar daar is geen duidelike program nie.

Jong mense in hierdie provinsie het vir die demokrasie geveg wat mense in hierdie land geniet, en daarom het hulle 'n gekordineerde struktuur nodig om hulle belange te dien. Die jong mense in hierdie provinsie behoort nie net die oorskiet van ander departemente te ontvang nie. Stel die jeugbegroting op om te verseker dat daar na hulle belange omgesien word. [Tyd verstreke.]

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, ek beskou dit as 'n voorreg om aan hierdie debat te kan deelneem. Wat ek sal probeer doen in die vyf minute wat aan my toegewys is, is om een minuut aan elk van die kantore te wy.

Ek wil begin by die Kantoor van die Premier. Ek wil in die eerste plek die agb Premier gelukwens met sy uitwaartse benadering ten opsigte van regionalisering en sy fokus op interowerheidsbetrekkinge. Soos wat ons vandag gehoor het, het die ACDP kennis gegee van 'n voorstel ten bate van hierdie soort streekooreenkoms. Me die Voorsitter, ek glo werklik dat hierdie streekooreenkomste van kritieke belang vir die Provinsie is, soos wat ons voorheen gesien het.

Die ACDP wil graag verdere kommentaar lewer. Wanneer die agb Premier hierdie interowerheidsbetrekkinge aangaan, moet dit sektorgedrewe wees. Dit moet ook goed beplan word voor die betrokke reis. As dit nie sektorgedrewe is nie, beteken dit dat dit in 'n vakuum met die ander provinsies onderhandel sal moet word. As dit sektorgedrewe is, sal daar geweet word waar die fokus in die interprovinsiale betrekkinge is.

Hoewel ek nie 'n lid van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe is nie, wil ek die komitee ondersteun in sy aanbeveling van 'n veelparty moniteringskomitee om te kyk wat gebeur nadat die agb Premier hierdie soort betrekkinge aangegaan het. Die komitee sal die detail van nuwe betrekkinge deurfilter en toesien dat dit in die praktyk toegepas word deur middel van Wesgro, die Departement van Ekonomiese Sake, Toerisme en Landbou, of 'n ander instelling.

Ons wil ook graag diegene gelukwens wat gemoeid is met die voorsiening in hierdie Begroting van R2,5 miljoen vir kieserregistrasie. Ons glo hierdie besteding is van kritieke belang, mits die proses deursigtig, gestruktureerd en georden is, soos daar gemeld is. [Tussenwerpsels.]

Ons het een vraag, wat ons glo van kritieke belang is, rakende die Begroting van die Kantoor van die Premier. Ons is nie seker oor die aspek van kommunikasie, soos vervat in die afdeling "Professionele en spesiale dienste" nie. In enige sakeonderneming is een van sy grootste aantrekkingskenmerke sy bemarkingsvermo en kommunikasie. Ek glo daar is 'n enorme vakuum in hierdie verband in die Kantoor van die Premier. Dit verdien die nodige fokus en aandag. Ons wil graag sien dat die Kantoor homself bevorder en na al die mense kommunikeer. Dit gaan nie net oor die agb Premier nie, maar oor sy leierskap en die Regering.

Ons ondersteun die gedagte van Kabinet-na-die-Mense, en ons is bly om te sien dat dit vier maal per jaar sal plaasvind.

Miskien kan die agb Premier vir ons verduidelik waarom die eerbewyse nog nie in die Provinsie toegeken is nie. Die politieke partye het name voorsien, soos vereis. Dit behoort as 'n uitdaging beskou te word, en ons sien daarna uit om binnekort die oorhandiging van die eerbewyse by te woon.

*Ek kom nou by die agb Minister in die Kantoor van die Premier. Dit is waar dat die regte van gestremdes, die bemagtiging van vroue, en jeugsake in die Provinsie beslis afgeskeep word. Hoewel ek nie 'n lid van SKOF is nie, is ek bly om te weet dat die agb Minister 'n sakeplan aan die Kabinetskomitee voorgel het, soos versoek. Dit sou ook gaaf wees as sy vir agb lede van die Huis 'n afskrif van hierdie sakeplan sou gee. Dit is in SKOF aangevra ten einde te sien hoe die R1,6515 miljoen bestee gaan word. Dit is 'n kritieke portefeulje en dit is van kritieke belang dat die plan uitgevoer word.

Ons aanvaar die verduideliking van die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning rakende die R10 miljoen vir welsyn. As hierdie geld slegs aan die begin van Desember uit casinofondse beskikbaar was, is dit 'n aanvaarbare verduideliking dat die begroting van die geld nie teen Februarie gefinaliseer kon word nie. Dit klink vir ons redelik.

Ons het ook die volgende bekommernis. Die agb lid mnr Strachan het al die departemente genader en dit blyk uit sy bevindings dat daar nie 'n strategie vir goeie kommunikasie tussen die verskillende departemente en hulle verskillende afdelings is nie. Die kommunikasiestrategie moet verbeter word. Dit is 'n feit dat die departemente nie bewus is van die interdepartementele strategie nie, en ons sal graag een of ander vorm van beter kommunikasie hier wil sien.

Die jeug is van besondere besorgdheid vir ons. Ek wil graag vir die agb lid me Vantura s dat haar toespraak vandag my hart geraak het - dit was 'n goeie een. Sy het goed gevaar met al die kwessies wat sy geopper het. Ons sien daarna uit om 'n gentegreerde jeugbeleid te h, en ons moet sien dat die departement verskillende opleidingsinisiatiewe loods, soos junior leierskapsprogramme en bestuursopleiding. Programme oor entrepreneurskap moet ook ontwikkel word. Hierdie entrepreneursvaardighede moet verbreed word om vaardighede in te sluit wat in die openbare lewe en as rentmeesters gebruik word.

Ons wil ook graag sien dat die Jeuglessenaar betrokke raak by programme soos die ABC-program. "ABC" staan vir "Abstinence, Behavioural Change and Condoms". Hierdie Regering moet groter klem plaas op onthouding en gedragsverandering, eerder as om geld aan kondome te bestee.

Ons is ook uiters besorg oor die aspek van die Kommissaris vir Kinders, waarvoor daar in die Grondwet van die Wes-Kaap voorsiening gemaak word. Die Departement van Maatskaplike Dienste s dit is nou op die tafel van die agb Minister in die Kantoor van die Premier, en ons wil baie graag h dat die Kommissaris vir Kinders nou aangestel word. Ons het van die agb lid me Vantura gehoor dat mense nie weet waar om die feit aan te meld dat hulle kinders verkrag of anders aangetas is nie. Daar moet 'n konsolidasie van hierdie program wees.

Ek kom nou by die Kantoor van die Direkteur-generaal. Ek wil aan diegene wat by di Kantoor betrokke was, s dat ons 'n lang pad gekom het met die doeltreffende algehele bestuur van die Provinsiale Regering. Ons wens die Kantoor geluk met die handhawing van baie ho standaarde. Ons het ook 'n lang pad met transformasie gekom. Ons besef klaarblyklik dat ons nog nie die toppunt bereik het nie, maar ons het 'n lang pad gekom. Ek wens die Kantoor daarmee geluk.

Ons aanvaar ook die nuwe ouditafdeling wat op die been gebring is. Ons wil graag 'n verbetering van fiskale en finansile beheer en verbeterde dienslewering deur klintdepartemente sien, sowel as die evaluering en verbetering van die doeltreffendheid van risikobestuur, interne beheer en interne oudit. [Tyd verstreke.]

*Ms N C PHENDUKA: Me die Voorsitter, die uitdaging vir hierdie Regering is om 'n meganisme en 'n struktuur te skep wat alle vorme van diskriminasie teen vroue uitskakel, en vroue derhalwe in staat stel om aktief in alle sfere van die openbare en private lewe deel te neem.

Ons het vanoggend 'n aanbieding deur al die departemente gehad. Iemand het hier ges - ek dink dit was die agb lid mnr Silke - dat die ANC rassekwessies en transformasie in terme van die kleurlyn sien. Ek dink ons sal voortgaan om daarop aan te dring, want ons wil h dat hierdie Administrasie die kleur van hierdie provinsie moet weerspiel, of verteenwoordigend van hierdie provinsie moet wees, sodat ons altyd daarna kan kyk.

Vanoggend was dit slegs die interne ouditaanbieding wat 'n uiteensetting gegee het van, byvoorbeeld, hoeveel vroue, hoeveel mans en hoeveel swartes daar in die departement was. Net hulle het dit gedoen, en ek wens hulle geluk. Die departement wat verantwoordelik was, kon nie vir ons 'n soortgelyke uiteensetting gee nie.
Ek het in die loop van die Begrotingsdebat vandag, me die Voorsitter, besef dat selfs die personeel, of bestuur, steeds 'n probleem rakende geslagsake het. Die enigste ding omtrent geslagsake, as 'n mens net van indiensneming praat, is dat hulle daarna verwys asof 'n mens wil s hoeveel daar in diens is en hoeveel daar in die departement is. Dit is nie ons besigheid nie. Dit is deel daarvan, maar nie alles nie. Dit beteken dat selfs die departemente se eie lede meer opvoeding oor vrouekwessies moet kry.

Dit is net 'n verskoning om te s dat die nasionale Regering nog nie 'n beleid ontwikkel het nie, en dat ons as Provinsie dus nie enigiets kan doen om ons eie beleid te ontwikkel nie. Ons kan nie wag dat die nasionale Regering aan kwessies werk voordat ons met ons eie kan begin nie. Dit werk nie so nie.

Ek dink dit is verlede week dat aan my ges is - ek het dit tot die agb Minister in die Kantoor van die Premier gerig - rakende die kwessie wat veroorsaak dat geld oorgeplaas word, dat die situasie ontstaan het omdat sy nie 'n sakeplan gehad het nie. Ek dink ons moet eerlik en realisties wees, want ons het hier met die lewens van mense te make; ons speel nie kaart nie. Die agb Minister het nie hierdie sakeplan verlede week gehad nie. Ek dink hierdie saak is keer op keer geopper.

Daarby het die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe 'n aanbeveling gehad wat gelui het dat die agb Minister nie veronderstel was om hierdie geld te kry nie, omdat sy nie 'n sakeplan gehad het nie. Ek is nie seker of die voorsitter van die staande komitee en die lede ook leuens vertel nie, want die agb Minister het ges dat die mense leuens vertel wanneer hulle ges het dat sy nie 'n sakeplan het nie.

Ek voel steeds sterk dat hierdie Begroting nie bestee gaan word volgens die behoeftes van die gemeenskap nie. Ek opper dit, want as die agb Minister nie 'n sakeplan het nie en nie 'n beleid het nie, hoe gaan sy die geld bestee? Wie gaan sit en hulle koppe krap en s, "Ek kan dit doen, ek kan dat doen"? Ek voel dus baie sterk dat die geld nie bestee gaan word waar dit veronderstel is om bestee te word nie.

Die agb Minister het sekere gebeurtenisse genoem. Ek dink die gebeurtenisse waarna die agb Minister in die Kantoor van die Premier verwys het, was die voorbereiding vir 8 Augustus, en dit is net gebeurtenisse. Vir my is daar 'n verskil tussen die programme en die gebeurtenisse. Ons moet na programme kyk wat vroue gaan bemagtig, nie een dag-programme of -gebeurtenisse nie, soos om 'n teeparty, of wat ook al, te beplan nie. Ons moet konsekwent wees en s dat ons die kwessies wat vroue gaan bemagtig, moet evalueer en ondersoek.

My eie mening is die volgende. Ek dink agb lede weet daar is 'n Beijing-platform. Dit moet geaktiveer en gemoniteer word. Ek wil vir die agb Minister dit noem, of aan haar voorstel, dat ons die departementele benadering moet vestig wat ek by haar geopper het. Die interowerheidsbenadering gaan ons help om te sien of, byvoorbeeld wat toerisme betref, daar enigiets rakende geslag gebeur. In die onderwys, wat gebeur rakende geslag? In iedere en elke departement moet 'n meganisme ingestel word om te moniteer of geslagsake waardeer en aangespreek word. [Tussenwerpsels.]

Die departement moet met NROs skakel. Die agb Minister weet dat daar NROs tot haar beskikking is wat geslagsake hanteer. Om daardie beleid te formuleer, moet sy die raad en hulp ... [Tussenwerpsels.] Die agb Minister luister nie. Ek probeer s dat ons haar elke dag moet help, maar wanneer ons kom met ... [Tussenwerpsels.] Ons stel vir haar 'n program op, en sy moet asseblief aan daardie program werk. Sy moet nie daarmee rondspeel nie. [Tussenwerpsels.]

Daar moet skakeling met die NROs wees om die agb Minister te help om 'n beleid oor vrouesake te ontwikkel, en sy moet 'n beraad oor vroue hou sodat die beleid deur almal besit kan word. Die vroue moet deel van alles uitmaak. [Tussenwerpsels.] [Tyd verstreke.]

*Mnr E ISAACS: Mnr die Voorsitter, ons in die Wes-Kaap moet streef na 'n visie vir rekonsiliasie, vooruitgang, vrede en sekuriteit. 'n Volhoubare vennootskap tussen regering, komitees en die sakebedryf word vereis as ware verandering en die permanente bemagtiging van ons mense dit is wat ons graag wil verwesenlik. Ons het 'n plig om te verseker dat ons daardie visie verwesenlik.

Die uitdaging wat ons in die gesig staar, is nie watter dokumente ons produseer nie, maar hoe ons daardie dokumente in die werklikheid omsit. Die geskiedenis sal nie verslag doen oor wat ons ges het nie, maar hoe ons die enigma van groot ongelykheid en broodlyn-armoede wat in byna alle aspekte van ons mense se lewens duidelik is, dringend aanspreek.

'n Kardinale aspek van ekonomiese groei en permanente stabiliteit is om ekonomiese bemagtiging te verseker deur die afbreking van die skanse van rassisme en fragmentasie wat deur die apartheidsbeleid van die ongunstige bedeling geskep is. Om dit te doen, sal dit absoluut noodsaaklik wees om 'n provinsiale beraad tussen al die betrokke rolspelers in die Regering en die privaatsektor te bel. Dit behoort in te sluit die Tenderraad, die Departement van Handel en Nywerheid, die IDC, Wesgro, Khula Enterprises, Lanok, die Landbank en die handelsbanke, om maar net 'n paar primre instellings te noem waaraan 'n mens onmiddellik kan dink.

Ons moet innoverend in ons benadering wees en daadwerklik vennootskappe nastreef om die proses van bemagtiging te versel. Die sukses van die HOP was minimaal, hoewel die beginsels waarop dit gegrond is prysenswaardig is. Dit was 'n nederige begin deur mense en 'n regering wat nooit voorheen 'n geleentheid gehad het om dit te implementeer nie. Ek kan dus nie enigeen daarvoor blameer dat daar minstens gepoog word om die wanbalanse reg te stel nie.

Mnr die Voorsitter, my mense is deel van die politieke hoofstroom, maar is op die ekonomiese sypaadjie agtergelaat. Hulle voertuig na ekonomiese vryheid het nog nie eens op die horison verskyn nie, wat veroorsaak dat die gaping tussen di wat het en di wat nie het nie, konstant groter word. [Tussenwerpsels.]

Hoewel die 2000-01-begroting voorsiening maak vir die volgehoue lewering van die meeste dienste, moet addisionele befondsing ook voorsien word vir die implementering van spesiale projekte vir die beskerming en bevordering van die regte van persone met gebreke. 'n Gekordineerde navorsingsprogram en beplannings- en ontwikkelingsaktiwiteite moet onderneem word.

Die beoogde opleidingsinisiatiewe, soos die Junior Leierskapprogram en opleiding van personeel om regstellende aksie te fasiliteer, sal ten nouste gemoniteer en kragdadig ondersteun word. Transformasie en hervorming, in ooreenstemming met die Transformasie 2000-program, moet versnel word.

Ons moedig verder die gedagte aan dat die Kabinet na die mense toe gaan, die projek wat daarop gemik is dat die Kabinet by minstens drie geleenthede per jaar vergaderings buite Kaapstad hou. [Tussenwerpsels.] Dit sal nie net die Kabinet toelaat om met plaaslike gemeenskappe buite die Kaapse metropolitaanse gebied in interaksie te tree nie, maar dit sal ook die gemeenskappe in staat stel om die Ministers te ontmoet. Die klem moet nie die volgende verkiesing wees nie, maar die volgende geslag - net om te herbevestig wat my kollega vroer ges het - as ons weier om in ongebreidelde armoede te bly leef.

Zola Ginanda het op 'n keer ges, en ek haal aan:

Poverty is not an excuse. All it does, it delays the process of reaching one's goals.

Daar is baie soorte armoede en almal wat onder apartheid geleef het, is onder die een of ander manier daardeur benadeel.

Die plakkerskampe van Kaapstad is die nuwe aangesig van Suid-Afrikaanse armoede. Armoede is nie 'n moreel neutrale verskynsel wat bloot begryp moet word nie. Dit is 'n euwel wat uitgeroei moet word.

Ten slotte wil ek graag die amptenare van die departement bedank vir die uitstekende werk wat in die Wes-Kaap gedoen word.

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr M Louis): Orde! Dit was klaarblyklik die nuwelingstoespraak van die agb lid mnr E Isaacs. Of nie?

AGB LEDE: Nee! [Tussenwerpsels.]

Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr M Louis): Ek sien sy kollegas maak grappe daaroor.

*Me L BROWN: Mnr die Voorsitter, ek volg graag op die agb lid mnr E Isaacs. Die kwessies van rassisme en apartheid behoort goed ontvang te gewees het deur die DP aan die ander kant van die Huis. Dit is presies die soort punte wat ons bly opper. 'n Mens kan nie binne 'n kort tydjie apartheid en apartheidsbeleid, en armoede, uitwis en 'n ekonomie vir arm mense bou nie. Dit is soms baie moeilik om skeidsregter te wees en tegelyk in dieselfde wedstryd te speel.

Mnr die Voorsitter, die ANC sal hierdie Begrotingspos ondersteun. Ek wil egter na die tweede paragraaf onder Begrotingspos 1 in die verslag van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe verwys. Al die sprekers vandag hier het in teenstelling gepraat met wat die agb Minister in die Kantoor van die Premier ges het. Sy het ges sy het 'n sakeplan en die agb Premier het ook ges sy het so 'n plan. By die SKOF-vergadering het sy skynbaar geen sakeplan gehad nie.

Die agb lid mnr E Isaacs het ges 'n sakeplan is belangrik, maar dat die implementering van daardie plan selfs belangriker is. Die punt is egter dat 'n mens nie na implementering kan beweeg as jy nie weet wat jy wil implementeer nie. Dit is 'n baie groot probleem. Die Kantoor van die Premier moet 'n moniteringsrol vervul en sy eie program h. As hierdie departement nie werk nie, het ons 'n groot probleem.

Mnr die Voorsitter, ons het verlede jaar om meer geld geskree. Die departement is R3 miljoen gegee, en ons het gevra dat hulle meer geld gegee moes word. Toe is R1 miljoen van daardie bedrag elders heen verskuif. Vanjaar het ons meer geld en nou s hulle hulle het nie 'n plan vir hierdie geld nie.

Hoe verduidelik ons hierdie verskynsel aan die moeder wat haar kinders in hierdie provinsie moet grootmaak, terwyl sy deur 'n maat mishandel word, haar dogter moet beskerm teen geweld teen vroue en kinders, en haar seun teen sosio-ekonomiese geweld in ons gemeenskappe wat ons kinders tot bendebedrywighede en dwelmmisbruik dwing?

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: [Onhoorbaar.]

Me L BROWN: Ter inligting van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning, ek sal hierdie saak bly opper. Vir my is die kernprobleem hoe 'n mens die familiestruktuur laat beweeg van een wat geheel en al vernietigend is ...

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Waarom beskuldig u nie u Regering daarvan dat hulle nie meer geld vir die polisie gee nie? [Tussenwerpsels.]

*Me L BROWN: ... na 'n familie wat werk. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Wanneer gaan u iets s oor die Begrotinggeld vir die polisie?

*Me L BROWN: Ek sal dit bly opper. Ek weet dit is vir hulle moeilik om dit te moet hoor.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Vergeet die miljoene! Hulle het R4 miljard nodig.

*Me L BROWN: Ons moet gesinslewe in hierdie provinsie verskuif. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: R4 miljard ... [Tussenwerpsels.]

*Me L BROWN: So lank as wat hulle ... [Tussenwerpsels.] Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning is deel van hierdie Regering.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: En ons bestuur verdomp goed!

*Me L BROWN: Die agb Minister bly my berispe wanneer ek die probleem opper dat ons kinders met bendebedrywighede te kampe het; dat daar sosio-ekonomiese probleme is; dat dogters verkrag en mishandel word; en dat vroue in hierdie provinsie geen gehaltelewe het nie. Die oomblik as ek hierdie kwessies opper, s die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning vir my om dit aan die nasionale Regering te gaan s.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Waarom doen u dit nie?

*Me L BROWN: Ek s nou vir die Regering van die agb Minister om ook iets daaromtrent te doen.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Wanneer gaan u die moed van u oortuiging h?

*Me L BROWN: Mnr die Voorsitter, dit is goed en wel om die blaam te verskuif, maar ons moet verantwoordelikheid aanvaar. Die punt wat ek maak, is dat dit hulle provinsie en my provinsie is; ons moet dit hier laat werk. [Tussenwerpsels.] Dit is my punt.

Mnr die Voorsitter, waarom is daar traagheid in hierdie departement? Waarom kan ons nie vandag hier opstaan en s dat dinge gebeur nie? Ek wil graag 'n paar kwessies in hierdie verband opper. Ek dink ons probeer die wiel herontwerp. Daar is 'n hele reeks NROs, soos kerke en welsynsorganisasies, wat reeds hierdie sake aangespreek het. Ons moet eenvoudig hierdie mense byeenbring en hulle ons laat help om die plan op te stel - en dit lyk vir my heel maklik.

Ek weet dit klink rassisties om swartes, kleurlinge en vroue by die situasie te betrek. Ons moet egter die demografie van ons bevolking in die Wes-Kaap begin weerspiel. As ons nie die demografie weerspiel nie, sal ons kinders grootword en dink dat daar geen leiers in hierdie provinsie, behalwe blanke mans, behalwe welvarende blanke mans, behalwe stedelike welvarende mans, is nie. [Tussenwerpsels.] Dit is deel van ons probleem.

Mnr die Voorsitter, ek het dit 'n paar maande gelede baie reguit aan die agb Minister in die Kantoor van die Premier gestel dat gestremde persone nie by hierdie gebou se voordeur kan inkom nie; hulle moet deur die garage inkom. Dit sal 'n klein gebaar wees om aan gestremde mense te wys dat ons 'n bietjie vir hulle omgee deur hulle te akkommodeer.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Hoeveel dink u gaan dit kos?

*Me L BROWN: Teken 'n plan! Ek weet nie waarom die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning altyd vir my teiken wanneer ek praat nie. [Tussenwerpsels.] Hulle moet planne teken nadat hulle gekonsulteer het met wie hulle ook al moet. Dit is heel eenvoudig, maar daar is duidelik 'n probleem van politieke wil.

Ek dink nie die agb Premier moet eenvoudig, soos wat hy ges het, 'n swart Minister vir die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding vind nie. Ek dink die agb Premier moet ook iemand vind wat die politieke wil het om doeltreffend te werk vir die bemagtiging van vroue, wat die energie van ons jeug sal saamsnoer en die gehalte lewe van diegene wat met gestremdhede leef, sal verhef.

Mnr die Voorsitter, in die Begrotingspos van die agb Premier hanteer hy ook die feit dat daar 'n komitee moet wees om nasionale en internasionale interaksie te bestuur. Ons is in 'n koperatiewe ooreenkoms met die Oostenrykse regering. Daardie regering is die eerste koalisie in Europa sedert die verskriklike menseslagting, waar daar selfs 'n teken van neo-Nazsme was. Trouens, die EU het hierdie koalisie verwerp en alle bilaterale ooreenkomste tussen hulle en Oostenryk opgeskort en, meer nog, Jrg Haider is as 'n tweede Hitler beskryf. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Kom ons praat nou oor Libi!

*Me L BROWN: Hy is baie bekend daarvoor dat hy twee dinge gedoen het ...

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Wat van Libi?

*Me L BROWN: ... en dit is interessant dat die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning dit ook geopper het.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Laat ons van Castro hoor.

*Me L BROWN: Daar is twee probleme in verband met Jrg Haider. Die een is dat hy al die misdade van die Nazi-tydperk afspeel. Hy versag dit. Hy s dit het nie plaasgevind nie - op dieselfde manier wat agb lede in die Huis s dat apartheid in werklikheid nie so sleg was nie, en ons apartheid vir alles blameer. [Tussenwerpsels.]

Die tweede is dat hy s die probleem met Oostenryk is dat dit deur buitelanders oorstroom word. Waar het ons dit gehoor, anders as in hierdie Huis? Dit lui beslis 'n klok in my kop!

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Hulle is nie buitelanders nie, hulle is Suid-Afrikaners. [Tussenwerpsels.] U verdraai die feite.

*Me L BROWN: Mnr die Voorsitter, ek verstaan nie waarom daar geen heftige protes van die DP was nie. Maar weer eens, hulle is deel van 'n koalisie, en dieselfde soort koalisie.

Aan die agb Premier, ek wonder of hierdie besluite geneem is omdat dit 'n geval was dat die Nuwe NP/DP-koalisie samewerking met 'n neo-Nazi-party gesoek het, of omdat Oostenryk een van die min lande is wat met ons in die Wes-Kaap wil praat.

Die ander land waarmee ons 'n samewerkingsooreenkoms het, is Hongarye.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Wat van ander lande?

*Me L BROWN: Die regerende party in Bulgarye, die CNU, bevat al die oorblyfsels van Nazsme. Dit gee my 'n duidelike begrip van waarom ons voel dat regstellende aksie hierdie provinsie sal skaad. Die mense sal hierheen kom; hulle sal geen kapasiteit h nie, en - soos die res van Afrika - hulle kan nie regeer nie; hulle sal sleg wees, onderdruk en afstootlik; en hulle bring geen gehalte lewe nie.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Nou het u die feite ...

*Me L BROWN: Dit is wat hulle s - as ons regstellende aksie toepas, is dit wat met hierdie land gaan gebeur.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Praat nou van Mugabe! [Gelag.]

*Me L BROWN: Die rassisme is om mense uit te sluit. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Voorsitter, op 'n punt van orde: kan die Stoel die agb lid me Brown teen my beskerm? [Gelag.]

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr M Louis): Orde! Die agb lid me Brown mag voortgaan.

*Me L BROWN: Mnr die Voorsitter, ek vind dit 'n baie interessante punt van orde. Dit is interessant, nie slim nie!

Mnr die Voorsitter, ek wil graag die kwessie van die malariakliniek opper. Ek kan nie begryp waarom daar in 'n provinsie soos di van ons, waar slegs drie gevalle van malaria ooit voorgekom het, ons 'n malariakliniek het nie. Ons het in die provinsie 'n groot toename in die voorkoms van tering, wat 'n sosio-ekonomiese siekte is waaraan slegs die armes ly.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Nie net die armes nie; u feite is verkeerd.

*Me L BROWN: Ons het die hoogste voorkoms van die sosio-ekonomiese siekte genaamd tering in hierdie provinsie.

Mnr die Voorsitter, dit mag nie net die armes wees nie, maar dit is 99,8% van die armes. Dit is waarop ek dink ons moet fokus.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: U raai en mislei die Huis. [Tussenwerpsels.]

*Me L BROWN: Ons voorstel is dat ons regerings oor die hele land ondersteun en met hulle saamwerk. Ek dink aan 'n provinsie soos Mpumalanga, waar die voorkoms van malaria baie hoog is en toeneem. Waarom is die kliniek nie eerder in Mpumalanga nie? Dit is omdat ons nie die sake hanteer wat die armes van hierdie provinsie raak nie, en daardie sake is die sosio-ekonomiese sake en die sosio-ekonomiese siekte, tering. Ons moet 'n kliniek vestig wat tering hanteer.

Ons moet die kwessie van MIV/Vigs in die provinsie hanteer, waarvan die agb lid dr Van Zyl 'n baie donker prentjie hier geskilder het. Dit is daardie sake wat ons moet hanteer, en die agb Premier moet luister.

Mnr die Voorsitter, dit is alles goed en wel om te s dat ons dit of dat in plek kan plaas.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Het hierdie provinsie nie meer teringklinieke as enige ander provinsie nie?

*Me L BROWN: As dit nie deur ons behoefte gelei word nie, maak dit geen verskil nie. My argument is dat daar sommige sake is wat die politieke wil vereis, en dit is wat ons nie het nie.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Daar is niemand so blind soos di wat nie wil sien nie.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Sy praat vir die televisiekameras.

*Me L BROWN: Ek kan nie daardie twee agb Ministers glo nie!

*Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: Mnr die Voorsitter, ek wil net graag 'n paar opmerkings maak oor wat hier ges is, veral deur die agb lid me Vantura.

Ek dank haar vir die erkenning dat die Gestremdeslessenaar op dreef is. Ek het dit gehoor. Ek dank haar daarvoor. Die agb lid het gevra hoeveel mense in my Kantoor in diens is wat gestremd is. Geen, nie een nie, maar ek moet vir haar s dat die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie in 1998 Rod aanvaar het. Dit is 'n program om mense met gestremdhede te werf, en hulle werk op daardie grondslag. Daardie versekering is vir my gegee.

Die kwessie dat 'n gestremde persoon nie in my Kantoor aangestel is nie, is reeds deur 'n besorgde groep gestremde mense van buite aangespreek, spesifiek nadat die Adjunkdirekteur, me Marie Hendricks, aangestel is. Nadat hulle die beweegrede vir die aanstelling gegee is, het hulle verstaan en selfs vir ons 'n brief gegee om dit te bevestig.

Wat geslag betref, stem ek ten volle met die agb lid saam dat die vlak van geweld teen vroue - selfs verkragting van ons jong dogters en seuns in hierdie provinsie - afskuwelik is. Ja, ons moet iets daaromtrent doen. Ek wil die agb lid net verwys na die verslag van die nasionale Geslagsoudit wat in September verlede jaar in die Wes-Kaap voltooi en in Desember vrygestel is. Sy mag toegang daartoe h.

In daardie verslag het ons dit gestel dat geslag nie ... [Tussenwerpsels.] Dit is ons eiendom. Dit is my Kantoor se werk. [Tussenwerpsels.] Agb lede moet asseblief luister. Ons het dit gestel dat geslag nie net na vroue alleen wil kyk nie - laat ons daardie feit goed verstaan - maar na die verhouding tussen mans en vroue en hoe ons samelewing volgens geslagslyne gestruktureer is. Dit fokus op vroue se betrokkenheid, besorgdhede, behoeftes en aspirasies, sowel as di van mans. Dit balanseer die uitkoms van beleid, planne en projekte oor vroue, mans en kinders. Wanneer ons praat van geslag, moet ons nie ons debat met tonnelvisie voer nie. [Tussenwerpsels.] Ek het kennis geneem van wat die agb lid ges het. [Tussenwerpsels.]

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr M Louis): Orde! Kan ons die agb Minister 'n geleentheid gee om die Huis toe te spreek.

*Die MINISTER: Betreffende ...

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr M Louis): Orde! Sal die agb Minister asseblief sit. Ek wil agb lede vra om die agb Minister die geleentheid te bied om haar repliek aan die Huis te gee sonder 'n tweegesprek tussen die twee kante van die Huis. Ons kan ongetwyfeld tussenwerpsels toelaat, maar op die oomblik is dit bloot 'n tweegesprek tussen die twee kante. As die agb Minister die Stoel wil aanspreek, sal daar dalk 'n mate van orde wees. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Dankie, mnr die Voorsitter.

Betreffende die kwessie om mense op die grond toegang tot die Wet op Gesinsgeweld te gee, moet daardie agb lede hul huiswerk in hul kiesafdelings doen. Hulle moet 'n behoeftebepaling doen van wat hulle in hul kiesafdelings gedoen wil h. Die verspreiding van inligting is in ons nasionale Grondwet verskans. Hulle kan nie verwag dat die Minister in die Kantoor van die Premier elke dag na elke klein nedersetting moet gaan en inligting met betrekking tot die Wet op Gesinsgeweld moet versprei nie.

Ek wil vir hulle s wat hul kameraad die burgemeesteres van Oudtshoorn verlede jaar gedoen het. Sy het my genooi om 'n ope vergadering van meer as 300 mishandelde vroue en vroue wat aan geweld onderworpe was, toe te spreek. Hulle het my genooi omdat hulle 'n behoeftebepaling in hulle gemeenskap en kiesafdeling gedoen het. Waarom kan ons plaaslike Lede van die Parlement dit nie doen nie? Hulle moet hul huiswerk doen. Hulle moet ophou huil en kla. [Tussenwerpsels.] Hulle weet self nie wat aangaan in hul gemeenskappe nie. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid me Phenduka het ook op diskriminasie teen vroue gefokus, wat korrek is. Ons is in die proses om ons eie provinsiale beleid te ontwikkel. Ons het dit vanoggend so gestel. Ons het gehoop dat die nasionale Kabinet ons teen hierdie tyd 'n mate van rigting sou gee, want ons wil nie by 'n situasie eindig waar die provinsies met 'n beleid oor geslag na vore gekom het en die nasionale Regering aan die einde van die dag met sy eie beleid kom en dat ons dan ons beleid moet wysig of eenkant toe moet skuif nie. [Tussenwerpsels.] Intussen sal ons met planne kom. [Tussenwerpsels.]

Met betrekking tot programme, gebeurtenisse en die Beijing Platform van Aksie, het die agb lid me Phenduka ges dat sy mense hoor s het dat ek nie 'n sakeplan het nie. Sy het dit vanoggend weer herhaal. Ek het my sakeplan verlede jaar aan die voorsitter van die staande komitee gegee, en so ook die voorlegging wat ek in die Parlement en by ons bosberaad gegee het. Sommige mense moet hul huiswerk doen.

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Voorsitter, is die agb Minister bereid om 'n vraag te beantwoord?

*Die MINISTER: Nee, mnr die Voorsitter.

Ek wil die agb lid dr Van Zyl bedank vir haar positiewe respons met betrekking tot wat ons doen.

Ek het ook kennis geneem van wat die agb lid mnr Silke ges het, veral met betrekking tot die beleid waarna hy verwys het. Dit is waar dat ons nie langer op die nasionale Regering kan wag om duidelikheid te gee en met 'n aanbeveling te kom nie. Ons moet met ons eie kom. Ek stem saam dat tyd van kardinale belang is. Ons het onsself vanoggend verbind - my direkteur het haar vanoggend in die teenwoordigheid van agb lede verbind - om ons eie te begin.

Ek wil ook graag vir u, mnr die Voorsitter, vir u konstruktiewe en positiewe bydrae bedank. [Tussenwerpsels.] U sal onthou hierdie refrein gaan reeds aan sedert 15 Februarie en het verlede week voortgeduur - dat u die enigste een in die SKOF-vergadering was wat met 'n sinvolle vraag gekom het. U het my gevra watter programme en planne ons in plek het ten opsigte van my lessenaar, nadat ek die agb lid mnr Ozinsky gefrustreer het deur hom sy vraag vier maal te laat herhaal. Na die vierde keer het ek die feit toegegee dat hy 'n werklike, duidelike vraag gevra het. Ek het u toe al die sakeplanne gewys en u gevra of ek dit moes aanhaal of dit aan u moes oorhandig. Is ek reg, mnr die Voorsitter? [Tussenwerpsels.] Hy moet daar sit sodat ek hom kan toespreek! [Tussenwerpsels.] Mnr die Voorsitter, dit is onbillik!

Baie van wat die agb lid me Brown ges het, is waar. Dit is net jammer dat sy ook aangetokkel het op die ou snaar van sakeplanne. Dit is jammer dat sy, saam met die ander vroue in hierdie Parlement, aan die PHD-sindroom ly - die "pull her down"-sindroom. [Tussenwerpsels.] Ja, daardie agb lede ly almal daaraan. Wat gebeur aan die einde van die dag hier? Hulle weet dat hulle onwaarhede versprei oor die sakeplanne, ons strategie en wat ons ook al in plek het.

Dit is 'n vraag wat baie dieper gaan. Hierdie hele aanval l baie diep. Dit gaan nie oor my sakeplanne nie. Dit l baie dieper as dit. [Tussenwerpsels.] Daar kom dit nou uit! Dit gaan oor 'n geskinder. Kan agb lede nou die kloutjie by die oor bring? Ek gaan niks onder 'n mat invee nie. Laat ons net eerlik wees. Laat hulle vir ons werklik s waarom hulle vandag hier soos 'n klomp kwaadwillige parlementslede aangegaan het.

Ten slotte wil ek s ek neem kennis van die kommer wat uitgespreek is, veral oor die toeganklikheid van ons gebou. Ons gebou is ontoeganklik vir gestremde mense. Dit is so, maar dr Barnard het sy onderneming gegee. Hulle gaan gesels met die Departement van Openbare Werke. Hulle moet met 'n plan na vore kom om die gebou meer toeganklik te maak, veral die ingang by Waalstraat 7.

*Ek wil vir die agb lid me Mqulwana s dat die volgende sedert 30 Julie 1995 in plek kon wees, want haar kamerade was deel van die agb Minister se dokument: die verkiesing van die SMT, en die agb Minister van Onderwys sou daarvoor verantwoordelik wees; die aanstelling van 'n jeugkommissaris, waarvoor die agb Minister van Onderwys verantwoordelik sou wees; die instelling van 'n jeugraad; 'n jeugbeleidsdokument; konsep-jeugprogramme; en 'n jeugbeleidsdokument wat aan die Provinsiale Wetgewer voorgel word, gevolg deur 'n provinsiale jeugberaad. Sy het weer die kwessie van 'n jeugberaad geopper. [Tussenwerpsels.]

Op 6 Mei 1996 ... [Tussenwerpsels.] Ek sal by die nabye toekoms kom. Op 6 Mei 1996 is daar 'n brief van die destydse LUR vir Onderwys aan Mcebisi Skwatsha, waarin sy dit stel dat die agb lid me Brown ingestem het om as 'n onbetaalde lid van die forum te dien. Ek moet agb lede na die geskiedenis van hierdie saak terugneem, sodat hulle kan verstaan. Die laaste sin van hierdie brief is van belang, en ek haal aan:

We would very much like to have representatives of the ANC to serve in this group although the group was not invited to serve as representatives of political parties but rather as leaders in the field of youth affairs.

Op 17 Mei 1996 in 'n brief aan die LUR van Themba Sikhutshwa, provinsiale sekretaris van die ANC Jeugliga, ontken hy hierdie ondernemings.

Op 26 Junie 1996 spreek die brief van die agb lid mnr Dugmore, wat nie hier is nie, die bevestiging van benoemings vir die jeug SMT aan. Die laaste sin is van belang, en ek haal aan:

If this could be confirmed in writing by yourselves, then I am sure that the ANC "component" would participate in the work of the team.

'n Paar uur later was daar 'n persverklaring deur Justin De A'lende van die ANC Jeugliga. Die punt is dat die ANC besef het dat hulle nie die proses kon skaak nie. Hulle het bloot van elke konsultatiewe en besprekingsforum weggeloop. Hulle het hul eie jeug in die steek gelaat. [Tussenwerpsels.]

Op 12 Julie 1996 ... [Tussenwerpsels.]

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr M Louis): Orde! Gee asseblief die agb Minister die geleentheid om af te sluit. Die agb Minister moet haar slotopmerkings maak.

*Die MINISTER: Mnr die Voorsitter, op 12 Julie 1996 het die Lobby Group for Youth, Logy, verskyn - "His Master's Voice" in die Wes-Kaap. Logy is die stemmingmakingsgroep vir die ANC. Logy het ges, en ek haal aan:

We call for the immediate dissolution of the provincial youth commission and the institution of a public process to establish a competent, representative and accountable body of advisers.

Al hierdie demokratiese woorde, net om die proses tot nou toe te laat ontspoor.

Dit is duidelik dat jeugkwessies, of dan jeugontwikkeling, nooit die ANC se erns was nie. Ek twyfel of dit nou hulle erns is, maar ek sal hulle graag die voordeel van die twyfel gee. Binne die bestek van alle redelikheid, rig ek 'n uitnodiging aan hulle almal vir hul konstruktiewe inset en gesamentlike betrokkenheid rakende die jeugontwikkeling in die provinsie.

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Voorsitter, ek wil graag agb lede bedank wat aan hierdie debat deelgeneem het.

Die agb lid dr Van Zyl het 'n baie insiggewende toespraak gelewer. Sy het duidelik baie navorsing vir haar toespraak gedoen. Sy het spesifiek verwys na die interne ouditkomponent. Ons is baie besig daarmee, en sal in die loop van die jaar baie ernstig daaraan aandag gee. Ek bedank haar vir haar toespraak.

Ek wil die agb lid mnr Silke bedank vir sy ondersteuning aan hierdie Begrotingspos, en veral vir die begrip wat hy getoon het vir die probleme wat ons ondervind om professionele regspersoneel te bekom. Soos hy tereg ges het, het ons net 'n paar mense in diens. Ons kan hulle nie werklik by ons hou met die salarisse wat ons hulle aanbied nie, maar ons gaan alles in ons vermo doen om te sorg dat ons die mense reg oplei en ons gaan kyk na die salarisstrukture sodat ons nie di mense ook verloor soos wat ons reeds baie goeie mense verloor het nie.

Ek gee die versekering dat ek en die agb Premier hierdie aangeleentheid gedurig onder die aandag van die Huis sal bring en dat ons agb lede op hoogte sal hou van die vordering wat ons in hierdie verband maak. Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning in di verband.

*Die agb lid mnr Silke het ook verwys na die tekort aan adviseurs en wetsopstellingspersoneel. Soos wat ek voorheen ges het, is 'n werkstudiegroep tans besig om ondersoek in te stel na die vergoedingsvlakke van regspersoneellede, sowel as wyses om die nuutopgeleide lede te behou.

Die agb lid mnr Louis, wat tans in die Stoel waarneem, is 'n baie bekwame lid in di Huis. Hy het 'n baie goeie toespraak gelewer. As 'n mens evalueer wat die agb lid ges het, is dit iets wat jy in gedagte kan hou. As ons nie as professionele mense in hierdie Huis optree nie, gaan ons optree soos sekere mense in hierdie Huis - ons sal te kere gaan. Ek wil nie h die waardigheid van hierdie Huis moet vernietig word deur 'n oor en weer geskree nie, en ook nie dat mense mekaar onnodig in die rede val nie.

Die agb lid mnr Louis het ook verwys na die Kommunikasieprogram, en so ook die agb lid mnr N M Isaacs. Ons is daarmee besig en sal in hierdie jaar daarop voortbou. R1,5 miljoen is begroot vir interne kommunikasie, asook kommunikasie van die Provinsie na die kiesers, sodat daar deurlopende deursigtigheid is ten opsigte van dit wat ons in die Provinsie doen en dat die inligting na die mense daar buite deurgegee word.

Die agb lid mnr E Isaacs het van Transformasie 2000 gepraat. In die verband wil ek hom verwys na wat ons vanoggend tydens die vergadering genoem het, asook by die SKOF-vergadering. Die projek staan bekend as Transformasie 2000. Die Kabinet sal die ondersoekspan se voorstelle afwag. Die Kabinet het 'n taakspan aangestel, wat binne die volgende maand of twee sy bevindinge aan die Kabinet sal voorl; daarna sal die Kabinet 'n verdere besluit hieroor neem.

Meneer, dit is belangrik dat ons weet wat plaasvind. Ons kan nie net jaar na jaar praat van transformasie nie. Reeds sedert 1994, meer as vyf jaar gelede, staan ons hier op en praat oor transformasie. [Tussenwerpsels.] Verskeie Ministers het oor transformasie gepraat. Ek is ernstig daarmee om, as die agb Premier my in my pos hou, te sorg dat ons transformasie in hierdie jaar finaal afhandel. Dit is die ondersteuning wat ek van my departement kry. Ons wil nie weer 'n verkiesing veg sonder dat ons hierheen kan terugkom en aan ons mense kan s dat die Wes-Kaapse Provinsiale Regering transformasie finaal afgehandel het en dat ons presies weet hoe ons dit vorentoe gaan aanpak nie. [Tussenwerpsels.]

Meneer, ons kan nie keer op keer planne maak en planne op die tafel sit, en dan word ons van buite af beskuldig dat hierdie Provinsie stadig is met transformasie en dat ons nie belangstel om ons mense te transformeer nie.

*Die PREMIER: Mnr die Voorsitter, ek wil albei my agb Ministers vir hul bydrae in hierdie debat bedank. Ek wil agb lede aan hierdie kant van die Huis vir hulle bydrae bedank, en ek wil selfs die klein bydrae wat van daardie kant van die Huis gekom het, bedank. [Gelag.]

Een ding is baie seker, en dit is dat die meeste van die agb lede aan daardie kant van die Huis beklemtoon het wat ek vanmiddag hier in my Begrotingsrede ges het. Een ding wat hulle egter nie genoem het nie, hoewel iemand dit hier genoem het, is dat die ANC ontspoorders is. Ja, hulle is ontspoorders. Hulle is ook bederwers. Hoeveel keer het ek nie hier as die Premier van die provinsie opgestaan en 'n hand van vriendskap aan hulle gereik nie? Hulle het dit nie aanvaar nie.

Wat het vandag gebeur? Ek het gekyk, en ek dink hulle het soos 'n trop hinas opgetree.

'n AGB LID: Wat?

Die PREMIER: 'n Trop hinas. Weet agb lede wat hinas is? As hulle nie weet nie, moet hulle uitvind. Hulle was soos hinas, want nie een van hulle kon dit weerstaan om die agb Minister in die Kantoor van die Premier te wil bykom nie. [Tussenwerpsels.] Nee, hulle het nie belang gestel om te hoor wat sy ges het nie, want hulle gedagtes was reeds opgemaak. Hulle was reeds bevooroordeeld. Dit is nie die eerste keer wat die kommuniste in daardie party besluit het, "Dit is ons propaganda, dit is die rigting wat ons gaan inslaan, en dit is die manier wat ons dit gaan doen", nie. [Tussenwerpsels.] Die ding is dat hulle dit ook aan ander agb Ministers gaan doen. Ek weet dit.

Ek wil weer daardie hand van vriendskap reik. Soos ek vir die President van hierdie land ges het, en soos wat ek vir die ander Premiers ges het, werk ek goed met die President en die ander Premiers saam. Dit is net in die Wes-Kaap wat die ANC nie kan verstaan dat hulle 42% gekry het, dat hulle nie 'n meerderheid gekry het nie en dat hulle nie in die regering is nie, en daarom moet hulle ophou om soos basterbrakke die hele tyd geraas te wil maak. [Tussenwerpsels.]

Hulle moet saamkom en ons help om hierdie provinsie aan die gang te kry, want, of hulle daarvan hou of nie, ons aan hierdie kant van die Huis gaan 'n sukses van hierdie provinsie maak en ons gaan armoede verlig. [Tussenwerpsels.] Hulle kan besluit of hulle wil saamkom of nie.

Dit is wonderlik om vandag die agb Leier van die Opposisie hier te hoor s dat hulle die Begroting ondersteun. [Tussenwerpsels.] Of hulle daarvan hou of nie, hulle het geen keuse as om die Begroting te ondersteun nie, in plaas daarvan om dieselfde fout te maak wat hulle in die wantrouedebat gemaak het. Hulle het toe teruggetrek met hul stert tussen hul bene, en hulle kon nie dieselfde ding vandag weer hier doen nie.

Ek vra hulle om asseblief groot te word. Die agb lid mnr Ozinsky s dat ons almal nuut is. Ek stem daarmee saam, maar dan moet ons leer, en vinnig leer. 'n Mens moet nie 'n deskundige probeer wees as jy s dat jy nog nuut is nie, want dan moet jy die gevolge daarvan dra. [Tussenwerpsels.]
Mnr M L FRANSMAN: Ons het gedink julle kan ons iets leer.

Die PREMIER: Daardie agb lede kan nie dink nie, so hulle moet nie eens praat van dink nie! Wat dink hulle? [Tussenwerpsels.] Het daardie agb lid gehoor wat die agb lid mnr Marais ges het van sy maat langs hom? [Tussenwerpsels.] Hy moet maar weer luister. Hy moet vir hom weer vra, of Hansard gaan lees, en dan sal hy hoor. [Tussenwerpsels.] Nee, hy moet self gaan uitvind.

*Mnr die Voorsitter, ek wil graag op sommige van die bydraes antwoord. [Tussenwerpsels.] Net meer as 'n maand gelede het ek die Federation of University Women of Africa, almal akademici, toegespreek. Een van die onderwerpe wat ek daar gebruik het, was 'n ... [Tussenwerpsels.] Ek veronderstel die onkunde wat in hierdie Huis ten toon gestel word, spruit uit die feit dat ons lopende kommentaar het van mense wat nie belangstel om te hoor wat 'n mens s nie. Hulle kan so aangaan, maar daar is ander wat wil hoor wat ges word. As hulle in die debat deelgeneem het, sou dit anders gewees het, maar hulle neem nie in die debat deel nie en wil eerder 'n private debat aan die gang sit. Mnr die Voorsitter, ek glo u moet u voet neersit wanneer dit by daardie soort dinge kom. [Tussenwerpsels.]

Soos ek ges het, ek het die Federation of University Women of Africa, almal akademici, toegespreek, en deel van my tema, om die agb lid dr Van Zyl te antwoord, was die Vigs-epidemie. Ek het onder meer ges dat Afrika na verwagting die wreld se vinnig groeiendste streek in die jaar 2000 sou wees. Volgens navorsing word verwag dat ons buurland, Mosambiek, die bes presterende ekonomie in Afrika sal h, beter as Suid-Afrika, maar wat Mosambiek se groei bedreig, is Vigs - en nou, natuurlik, die vloed wat hulle ervaar het.

Ek het ook ges Afrika is die tuiste vir 70% van alle mense regoor die wreld wat aan Vigs ly. Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Veiligheidsdraad van die Verenigde Nasies het hulle 'n gesondheidskwessie bespreek - en daardie gesondheidskwessie was Vigs in Afrika.

In Suid-Afrika, net in ons deel van die streek, word 1 500 mense elke dag met die virus besmet. Dit is die snel groeiendste epidemie in die wreld, en ons laat 'n generasie van weeskinders agter. Teen die einde van vanjaar sal 10,4 miljoen kinders van Afrika onder die ouderdom van 15 jaar hulle moeders of beide ouers as gevolg van Vigs verloor het. Wat verstommend is, is dat dit slegs 3 miljoen minder is as die getal weeskinders wat voor en na die wreldoorlog in Europa gesterf het. Daardie syfers is verstommend.

Dan het ek die ander vraag gevra, een wat ek lank gelede gevra het en waarop ek nog steeds nie 'n antwoord het nie. Moes dit nie lankal gebeur het dat Suid-Afrika Vigs as 'n nasionale ramp verklaar, sodat die nodige hulpbronne en energie gebruik kan word om ons nasie te red nie?

Ek s dit, want dit was gerieflik, in verband met my Openingsrede, vir die ANC om twee bepaalde onderwerpe te noem, nadat ek reeds maande lank oor Vigs en armoedeverligting praat. Die feit is dat ek ook Ministers het wat hierdie dinge aanspreek, en dit is waarom ek ges het dat my Ministers sou kom. Dit is nie dat ek nie op rekord is dat ek hierdie sake aanspreek nie, maar dit is hoe hulle ons die hele tyd probeer aanval.

Ek s ek gee nie daarvoor om nie, maar ek wil graag h dat ons konstruktief moet wees. Ek wil h daardie agb lede moet vir ons s dat hulle bereid is om ons in hierdie geveg te help, maar hulle doen dit nie. Al waarmee hulle kom, is goedkoop kritiek. Ek glo die tyd sal aanbreek, as hulle werklik kan s en glo dat hulle in die belang van al die mense van hierdie provinsie werk, dat ons daarmee kan aangaan.

Ek bedank die agb lid mnr Silke vir sy bydrae, veral met betrekking tot die Wes-Kaap en internasionale ooreenkomste. Ek stem saam met die deelname van 'n komitee van die Parlement in internasionale ooreenkomste - ek stem werklik saam - maar hy sou weet, van die DP-komponent in die Kabinet, dat dit 'n uitvoerende funksie is. Die Kabinet besluit oor die vennote en die inhoud van sodanige ooreenkomste, maar dit beteken nie dat agb lede nie 'n inset op daardie vlak kan h nie. [Tussenwerpsels.] Ons kan na metodes van parlementre deelname kyk, soos wat ons verlede week by die SKOF-vergadering ooreengekom het, en dit sal klaarblyklik net wees waar ons onderlinge voordeel uit daardie ooreenkomste kan trek.

Ek wil die agb lid mnr Louis vir sy ondersteuning van die Begrotingspos bedank. Ek weet minstens wanneer hy s dat hy die Begrotingspos ondersteun, dit opreg is en uit die hart kom.

Ek neem kennis van sy opmerkings betreffende kommunikasie. Ek glo my Achilleshiel in hierdie provinsie en as Premier is ons gebrek aan kommunikasie. [Tussenwerpsels.] Daar is baie mense daar buite wat nie weet wat hierdie Provinsie doen en hoe goed ons vaar nie. [Tussenwerpsels.] Ons doen nie, en dit is die probleem. Ons het dit nog nie bestee nie, want ons werk die plan uit. [Tussenwerpsels.] Ons verkoop dit nie aan ons mense nie ... [Tussenwerpsels.] Nee, ons het nog nie die plan uitgewerk oor hoe dit wat nodig is, gekommunikeer moet word nie.

As agb lede net sal terugdink, ek het die vorige keer ges dat ek, as die Premier van hierdie provinsie, geld gaan bestee aan kommunikasie vir mense om hulle identiteitsdokumente te bekom. Plakkate is opgesit, en wie het beswaar gemaak? Die ANC het. Hulle het beswaar gemaak, soos wat hulle nou beswaar maak, om 'n baie goeie rede. Die ANC se grootste kieserstal in 1994 het hulle identiteitsdokumente en foto's gratis gekry. Die ANC het dit geweet, en het na die telbord gekyk en ges: "Goed, hierdie ander ouens het dit nie. Hulle moet daarvoor gaan betaal en hulle moet in 'n tou staan, omdat hulle dit nie gekry het nie."

Nou wil ek dit s. [Tussenwerpsels.] Dit is my plig as die Premier van hierdie provinsie om mense te bemagtig om hul identiteitsdokumente te kry. Dit maak nie saak wat daardie agb lede s nie, of na watter gesag hulle gaan nie. Ons gaan dit doen. Ons gaan dit doen om mense te bemagtig, en dan sien ek dat daardie agb lede dieselfde kry ... [Tussenwerpsels.] Dit is wettig, en hulle kan daarna gaan kyk. [Tussenwerpsels.] Dit is die feite van die saak. Moenie bekommerd wees nie, ons gaan dit doen ongeag wat daardie agb lede s, want hulle is skielik baie bang. [Tussenwerpsels.] As daardie agb lid iets wil s, moet hy vir 'n spreekbeurt vra. Hy moet nie daar sit en skree nie.

Ek bedank die agb lid mnr Louis ook vir sy ondersteuning van die internasionale ooreenkomste.

Ek bedank die agb lid mnr E Isaacs hartlik vir sy ondersteuning. Dit was 'n goeie toespraak met goeie inhoud, en dit was positief. Ek is seker, hoewel dit nie sy nuwelingstoespraak was nie, dat dit een van die belangrikste toesprake was wat hy gelewer het, en hy het dit goed gedoen. Ek bedank hom dat hy dit in die debat oor my Begrotingspos gedoen het.

Die een ding wat ons vasberade is om te doen, en ons gaan dit vinniger doen, is om die Kabinet na die mense te neem. Ek is jammer die agb lid mnr Dugmore is nie hier nie. By die eerste sulke vergadering het hy mense ingebring. Ek maak nie sodanige aantygings nie, maar die mense daar is in werklikheid ... [Gelag.] Ek wil dit eerder nie s nie.

Hulle het in die aand die vergadering probeer oorneem, maar ek het ges ek was jammer. Toe het die agb lid mnr Dugmore en 'n paar burgemeesters opgestaan en wou vrae vra. Ek het ges nee, want daar was geen punt van orde daar nie. Ek was die voorsitter van die vergadering. Toe het hulle uitgestap, maar hierdie Provinsie het daardie burgemeesters steeds die tjeks gegee, want die tjeks was nie vir hulle nie. Dit was vir die gemeenskap, wat my betref. [Tussenwerpsels.]

Al wat ek s, is dat hulle na die vergadering toe gekom het om dit te ontwrig. Hulle het daarheen gekom net soos wat hulle vanjaar die Opening van die Parlement ontwrig het, en verlede jaar, en die kwessies wat hulle gebruik, is nie werklike kwessies nie. Ek s net as hulle opreg is om met ons saam te werk, dat hulle dit sal kan doen. [Tussenwerpsels.]

Wanneer ek van transformasie praat, het ek ges daardie agb lede het die meeste van die dinge wat ek ges het, beklemtoon. Hulle moet asseblief my toespraak gaan lees. Ek het ges die transformasieproses in ons Provinsie is hersien en 'n prioriteitsfokus is op verdere hervormingsinisiatiewe geplaas. Wat kon ek verder s? [Tussenwerpsels.] Ek het ges 'n aantal nuwe rolspelers in 'n nuwe transformasie-eenheid is getaak met algehele strategiese verantwoordelikheid om te adviseer en te moniteer en oor hervorming leiding te gee. Wat kon ek nog s? Of verstaan daardie agb lid nie Engels nie? Moet ek dit in Afrikaans s? As ek dit in Afrikaans s, sal hy dit verstaan.

Mnr M L FRANSMAN: [Onhoorbaar.]

Die PREMIER: Ons is besig. Die syfers bewys dit reeds. As die agb lid nie Engels mooi verstaan nie, sal ek dit in Afrikaans s.

Mnr M L FRANSMAN: Nee, ek verstaan dit redelik goed.

Die PREMIER: As hy wag, vertaal Hansard dit self, en dan sal hy in Afrikaans kry wat ek daar te s het. [Tussenwerpsels.]

Mnr M L FRANSMAN: Ek praat dit redelik goed.

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr M Louis): Orde! Ek versoek die agb lid mnr Fransman om nie lopende kommentaar te lewer nie. Die agb Premier mag voortgaan.

*Die PREMIER: Mnr die Voorsitter, ek wil nou graag by die agb lid me Brown kom. [Tussenwerpsels.] Ek gee haar minstens krediet daarvoor dat sy soms luister, en as sy nie luister nie, lees sy. Ek wil vir haar s dat ons nie 'n ooreenkoms met Oostenryk het nie. Ons het 'n ooreenkoms met die provinsie Opper-Oostenryk, en die provinsie Opper-Oostenryk het nie 'n koalisieregering nie, want Phringer het op sy eie gewen. Dit is die provinsie Carinthia, wat 'n ooreenkoms met die Mpumalanga-regering het, waar Jrg Haider is. [Tussenwerpsels.] Hoe kan die agb lid dit s?

*Me L BROWN: So daar is nie 'n nasionale regering nie - is dit wat u s?

*Die PREMIER: Nee. [Tussenwerpsels.] Die agb lid het ook 'n ander stelling gemaak, en dit wys hoe verwar sy is. Sy het na die Bulgare as neo-Nazi's verwys. Ons het nie enige ooreenkoms met Bulgarye nie. Dit is Beiere, nie Bulgarye nie. [Tussenwerpsels.] Nee, dit is nie dieselfde punt nie.

Sy het ook 'n ander punt gemaak. [Tussenwerpsels.] Sy het ges, op 'n baie snedige manier, dat dit lyk asof hierdie die enigste provinsies in die wreld is waarmee die Nuwe NP en die DP ooreenkomste kan aangaan. Ek wil vir die agb lid s dat ons ses het, en een van hulle is in Afrika. Ek wil nou byvoeg dat die staat Kaliforni ons ook genader het, en dit is die sewende rykste staat in die wreld, so hierdie Wes-Kaap gaan ...

*Me L BROWN: Wat van die ander twee, die neo-Nazi twee? [Tussenwerpsels.]

*Die PREMIER: Nee. Die agb lid moet verstaan dat ons saam met Opper-Oostenryk is, en die meerderheid daar is Christen demokrate. Maar dalk moet ek vir die agb lid hierdie inligting kry. Ek sal dit vir haar kry, en dan sal sy die feite weet.

Al wat ek s, is dat dit wonderlik is om hier op te staan en retories te praat - en ek het in my rede weer ges dat ons nie hier moet opstaan en wilde stellings moet maak nie - maar ons het 'n verantwoordelikheid teenoor ons mense daar buite. Dit geld vir agb lede aan hierdie kant en daardie kant van die Huis. Hierdie soort ding skep die persepsie dat ons nie weet waarvan ons praat nie.

Mnr die Voorsitter, ek is heeltemal gelukkig dat die meeste van die dinge wat ek in my Openingsrede aangespreek het, in 'n positiewe gees genoem is. Ek wil s dat, desondanks, ek meen daar 'n goeie gees van samewerking vandag was. Daar was 'n positiwiteit rakende die opmerkings aan daardie kant van die Huis, wat ek nie voorheen gesien het nie. Ek moet s, dit is die eerste keer in die geskiedenis.

Ek is 'n krieketspeler, en ek weet 'n mens kolf eers en plaas genoeg lopies op die telbord voordat jy verklaar, maar daardie agb lede het nie eens vandag gekolf nie, en hulle leier het verklaar dat hulle die Begroting ondersteun. As ons na die annale van die geskiedenis kyk, sal ons sien dat 'n opposisieparty dit nooit in sy openingstoespraak s nie. Dit gee my hoop dat iets moontlik van al die gepraat sal kom. [Tussenwerpsels.]

Ek wil agb lede baie hartlik bedank. Ek hoop net al daardie agb lede wat in die voorbanke sit, wat snedige opmerkings gemaak het, sal spreektyd in die debat aanvaar. Dan sal hulle opmerkings in Hansard verskyn en ons sal dit kan bestudeer.

Debat afgesluit.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.
*Die SPEAKER: Orde! Wil die agb lid mnr Ramatlakane my oor 'n punt van orde toespreek?

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: vroer in die debat het die agb Minister verwys na 'n verslag van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe, waarin die komitee verslag gedoen het dat geen sakeplan aan hom voorgel is nie. Die staande komitee is 'n uitbreiding van die Huis waarheen die Begroting verwys is. In die verslag word gemeld dat daar nooit 'n sakeplan was nie. Die agb Minister in die Kantoor van die Premier het in die debat aangedui dat daar inderdaad 'n plan was en dat mense wat s dat daar nie 'n plan was nie, leuenaars is. Sy is gevra om daardie stelling terug te trek, ...

'n AGB LID: Wat sy gedoen het.

Mnr L RAMATLAKANE: ... maar sy het voortgegaan om te s dat sy vir die staande komitee aangedui het dat daar 'n sakeplan was. Nou, mnr die Speaker, wil ons 'n voorstel doen dat ... [Tussenwerpsels.] ... die Huis mislei is deur daardie stelling van die agb Minister. [Tussenwerpsels.] Ons wil s, rakende hierdie saak, dat daar 'n Hansardverslag is, daar is televisie ...

*Die SPEAKER: Orde! Van wat die agb lid ges het, meen ek ons het 'n duidelike beeld. Die punt is dat ons nie voorsiening maak vir kennisgewings van voorstelle enige tyd behalwe aan die begin van verrigtinge nie. Anders sou ons chaos h. Dit staan die agb lid dus vry om onmiddellik mremiddag 'n voorstel in te dien of kennis van 'n voorstel te gee.

Wat die inhoud daarvan betref, ons kan dit natuurlik nie debatteer nie. Daar was 'n punt van orde en daar is vroer daaroor beslis, en dit is dus nie vir die Stoel om dit in hierdie stadium te hanteer nie. Die agb lid aanvaar my beslissing. Ek kan sien hy is baie tevrede. [Gelag.]

Die Huis verdaag om 19:01.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

Wetsontwerp:

1.	Wysigingswetsontwerp op die Munisipale Ordonnansie, 1974 [W 4-2000] (Ingevolge Rel 147(3)(b) is Wetsontwerp deur Premier as dringende maatrel verklaar en vir 7 dae in Provinsiale Koerant gepubliseer).

Wetsontwerpe ontvang van die nasionale Parlement en ter tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

1.	Begrotingswetsontwerp [W 7-2000].

2.	Wysigingswetsontwerp op Mededinging [W 10-2000].
3.	Wysigingswetsontwerp op die Padongelukfondskommissie [W 12-2000].

Wetsontwerpe en portefeuljekomitee-amendemente ontvang van die nasionale Parlement en ter tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

1.	Division of Revenue Bill [W 8-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

2. Portfolio Committee Amendments to Division of Revenue Bill
[W 8A-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

3.	Division of Revenue Bill [W 8B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

4.	Wysigingswetsontwerp op Organisasies sonder Winsoogmerk
[W 9-2000].

5.	Remuneration of Public Office Bearers Amendment Bill [W 11-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

KOMITEEVERSLAE:

1.	Verslag van die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake oor die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Natuurbewaringswette [W 3-2000], gedateer 1 Maart 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Natuurbewaringswette [W 3-2000], wat na hom verwys is, is die Wetsontwerp eenparig aanvaar en het hy die eer om die Wetsontwerp voor te l met die volgende amendement:

	Klousule 14

Dat op bladsy 7, in rel 21, na "verantwoordelike Minister" ingevoeg word "na oorleg met die Raad".

Die volgende tegniese amendemente sal administratief aangebring word:

1. Klousule 1

Dat op bladsy 3, in rel 3, "Vervanging" geskrap en deur "Wysiging" vervang word.

2. Klousule 25A

(1)	Dat op bladsy 43, in rel 35, "[-en omgewings]" geskrap en deur "-en omgewings" vervang word.

(2)	Dat op bladsy 43, in rel 36, "[-en omgewings]" geskrap en deur "-en omgewings" vervang word.
Die Departement word ook versoek om alle wetgewing wat dit administreer na te gaan met die oog daarop om moontlike verouderde en ongrondwetlike bepalings te wysig.

2.	Verslag van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe, oor die Wes-Kaapse Begrotingswetsontwerp [W 5-2000], gedateer 3 Maart 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wes-Kaapse Begrotingswetsontwerp [W 5-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om soos volg verslag te doen:

INLEIDING

Die Komitee wil sy waardering uitspreek vir die voorleggings deur die provinsiale departemente en wil hulle gelukwens met die gehalte van die inligting wat hulle verskaf het op die vrae wat deur lede gestel is, en bedank die provinsiale Ministers wat saam met hulle departemente verskyn het.

Begrotingspos 1: Premier, Direkteur-generaal en Korporatiewe Dienste

* Die Komitee beveel aan dat alle bestaande en nuwe samewerkingsooreenkomste tussen die Wes-Kaapse regering en ander regerings (streeks-, nasionale en internasionale) deur 'n veelparty-internasionale vehoudings-subkomitee van die provinsiale Parlement gemonitor word.

* Die Komitee wil sy ernstige kommer uitspreek dat die Minister in die Kantoor van die Premier geen besigheidsplanne oor geslags-, jeug- en gestremde programme voorgel het nie en beveel aan dat geen fondse in subprogram 2 bestee word, behalwe fondse wat reeds aan personeeluitgawes toegeken is, totdat besigheidsplanne ingedien word nie.

* Die Komitee wil sy kommer uitspreek oor die probleme waarna in subprogram 7, Regsdienste, verwys word met betrekking tot wetsopstellers en beveel aan dat dringende aandag aan die aangeleentheid geskenk word sodat personeel as wetsopstellers opgelei kan word.

Begrotingspos 2: Provinsiale Parlement

Aanbevelings

* Dat die R 770 000 wat vir politieke partye met betrekking tot klerklike bystand begroot is, vir heroorweging na die Relskomitee verwys word.

* Dat die kwessie van die toekomstige verskyning van die Speaker en die Administrasie van die provinsiale Parlement voor die Staande Komitee na die Relskomitee verwys word.

Begrotingspos 3: Finansies

* Die Komitee wil sy kommer uitspreek oor die bykomende uitgawe in die tender vir die Hospitaalinligtingstelsel (HIS), asook die regskostes verbonde daaraan.

* Die Komitee steun die departement met die instelling van 'n voorkeur- verkrygingsbeleid.

Begrotingspos 4: Gemeenskapsveiligheid

Aanbevelings

* Die Komitee ondersteun die skema vir Gemeenskapspatroleringsbeamptes (CPO), maar beveel aan dat die Minister die regsgeldigheid van die uitgawes asook alternatiewe maniere van vergoeding ondersoek.

* Dat die Minister misdaadstatistiek in ag neem met die herontplooiing van Gemeenskapspatroleringsbeamptes. 

Begrotingspos 5: Onderwys

* Die Komitee wil die departement gelukwens met en sy waardering uitspreek vir die gehalte van die inligting verskaf op vrae wat deur Lede gestel is.

* Die Komitee neem met kommer kennis van die afname in volwasse-gerigte onderwys en versoek die departement om die saak aan te spreek.

Begrotingspos 6: Gesondheid

* Die Komitee ondersteun die departement in sy pogings om die akademiese gesondheidsinrigtings te rasionaliseer en wil graag die bestuur van Tygerberg Hospitaal gelukwens dat hulle binne hul bestuursplan gebly het.

* Die Komitee wil die departement aanmoedig om die totale besigheidsbestuur van Gesondheid te verbeter en om te verseker dat daar sterker klem is op eie hulpbronne aan die privaatsektor sodat eie inkomste verkry word.

* Die Komitee ondersteun die departement se MIV/Vigs- en TB-inisiatiewe, maar wil sy kommer uitspreek dat die Malaria Instituut nie by die inisiatiewe ingesluit is nie.


Begrotingspos 7: Maatskaplike Dienste

Aanbevelings
	
* Die Komitee wil sy kommer uitspreek uit dat daar geen besigheidsplan vir Armoedebestryding is nie en beveel aan dat geen fondse oorgerol moet word na Armoedebestryding totdat 'n goedgekeurde besigheidsplan ingedien is nie. In die afwesigheid van 'n goedgekeurde besigheidsplan moet die fondse oorgerol word na die bestaande armoedebestrydingsprogramme binne die departement.

* Dat LANOK na die Departement van Ekonomiese Sake oorgeplaas word.

Begrotingspos 8: Beplanning, Plaaslike Regering en Behuising

* Die Komitee neem kennis van die feit dat 'n oudit van provinsiale grond deur die departement afgehandel is en wil graag die departement aanmoedig om grond vir spoedige vrystelling te identifiseer.

* Die Komitee ondersteun die inisiatief van die departement om te streef na 'n gekordineerde benadering tot brandbestryding deur alle munisipaliteite.

Begrotingspos 9: Omgewing- en Kultuursake en Sport

* Die Komitee neem met kommer kennis van die gebrek aan fondse vir skolesport.

Begrotingspos 10: Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme

* Die Komitee is bemoedig deur die feit dat die bateregister byna voltooi is en dat die departement besig is om 'n konsep-eiendoms-beleidsdokument op te stel en vertrou dat dit binnekort gefinaliseer sal word.

* Die Komitee wil sy teleurstelling uitspreek dat, alhoewel daar vir 'n verbruikersraad begroot is, dit nog nie in plek is nie en versoek die departement om dringend aandag aan die saak te skenk.

* Die Komitee neem met kommer kennis van die gebrek aan effektiewe beheer oor oorbelading.

Algemeen

Regstellende Aksie en Wet op Diensbillikheid

* Die Komitee beveel aan dat alle departemente die toepassing van regstellende aksie en die bepalings van die Wet op Diensbillikheid op 'n gereelde basis monitor. 


Begrotingsdokumentasie

* Die Komitee neem kennis van die inhoud van Begrotingsverklarings 1, 2 en 3 en wil die departement met die nuwe uitleg van die begrotingsdokumente gelukwens.

* Die Komitee wil verder aanbeveel dat begrotingsdokumente inligting verskaf oor:

- 	die personeeldiensstaat van elke departement,
-	inkomste verkry deur departemente, en
	-	kern regeringsdoelstellings, geografiese verspreiding van dienste, kernfunksies en strategiese aktiwiteite.

Erkennings

Die Komitee wil graag sy opregte dank aan Dr J C Stegmann en sy personeel uitspreek vir die positiewe werksverhouding tussen die departement en die Komitee, wat daartoe bygedra het dat die werkslading van die Komitee verlig is.


1100	MAANDAG, 6 MAART 2000



	MAANDAG, 6 MAART 2000	1101



1022 MAANDAG, 6 MAART 2000


